Voorbeelde van sodanige kuberinbrake in Suid-Afrika die afgelope paar weke sluit in dié by die SAUK en Krygkor.
Alles vir Maandag 25 Julie 2016
Nóg ʼn skietery by Florida-nagklub
Minstens twee mense is dood en 17 beseer in ʼn skietery by ʼn nagklub in Florida in die VSA.
Nuuskommentaar: Godsdiens en politiek is g’n pasmaats – of tog wel?
Pres. Jacob Zuma haal al weer die smaak vir die komende verkiesing uit baie mense se monde, en wel met omstrede opmerkings wat soos gebruiklik weer verskeie insluit wat “godsdienstig” van aard is, maar aanstoot aan Christene gee en moontlik selfs godslasterlik is. Boonop is dit ’n ou kwaal waaroor hy al verskeie kere in geen onseker terme aangespreek is.
[Luister] Patrizio Buanne sing saam met Afrikaanse sterre
Die internasionale Napolitaanse minnesanger, Patrizio Buanne, het pas sy jongste album, Viva La Dolce Vita, vrygestel en aanhangers van dié sanger kan uitsien na ’n bonus-CD met treffers saam met plaaslike sangers soos Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis.
Orgaanskenkertjie red vreemdeling se lewe
Ons besef dat daar ʼn gesin is wat hul kind Maandag verloor het. Ons wil net ons simpatie aan hulle betoon vir hul verlies en ook ons ongelooflike dankbaarheid vir die groot geskenk wat Michelle ontvang het. Baie, baie, baie dankie vir die groot geskenk.
Sewe vas vir moord op polisieman
Sewe mans is onderskeidelik in Pretoria en Katlehong in hegtenis geneem vir die onlangse moord op ʼn polisiebeampte van Hartbeesfontein in Noordwes.
Oos-Kaapse boer op plaas doodgeskiet
ʼn Boer is Sondagaand op sy plaas in die Steynsburg-omgewing in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Hofaksie oor Unisa wil wegdoen met Afrikaans
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal Dinsdag ’n dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te verhoed om ʼn nuwe taalbeleid, wat met Afrikaans as onderrigmedium wegdoen, in te stel.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 25 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Entrepreneurskap: Besigheidsukses = gelukkige personeel
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Mias van Vuuren eienaar van Soapbox Promotions & Gifts. Hulle verskaf korporatiewe klere en geskenke en is een van die grootste verskaffers in Suid-Afrika. Die volledige onderhoud waar Mias sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.
Moedertaalonderrig: ’n Ononderhandelbare beginselsaak
Die verlies aan Afrikaans op tersiêre vlak gaan enorme druk op Afrikaans in skole plaas. ’n Eenvoudige voorbeeld is die vraag rakende opleiding van onderwysers. Die gemaklike, ruggraatlose en wetenskaplik verkeerd bewese keuse is om skouers op te trek en power argumente ten gunste van Engels te mompel.
[Video] Tweejarige: ‘My boetie is ʼn alien’
Lapa Uitgewers het Vrydagoggend ʼn skattige video op Facebook gedeel van die tweejarige Elmea Smit wat die dierbare maar ellelange rympie, “My boetie is ʼn alien”, uit Jaco Jacobs se boek, Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies, opsê.
ToekomsVenster: “Die arm van die Here is nie te kort nie”
Wat mense nodig het, kom van God. Dis brood en wyn, water en melk, die heuning van die beloofde land, wat nooit sal teleurstel nie. Maar die onverskillige wêreld, aangevuur deur die magte van die duisternis, staan gereed om na hartelus uit te deel met die waansinnige belofte dat mense se honger en dors gestil sal word as hulle eet wat aangebied word.
Hoekom Donald Trump die verkiesing in die VSA gaan wen
Donald Trump gaan die volgende Amerikaanse president word. Hy gaan oorweldigend deur Amerikaanse kiesers op 8 November as president verkies word en in die proses Hillary Clinton ore aansit, meen Nico Stegmann.
Luister: Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder
Anthony was tydens hulle ontmoeting baie welvarend. Elsje het pas haar ouers verloor. Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder. Toe verloor hulle alles en Anthony begin sy troos in drank soek.
SAUK-joernaliste hoor eers môre oor hofbesluit
Die uitspraak in Solidariteit se hofsaak teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste sal Dinsdag in die arbeidshof in Kaapstad gelewer word.
[Resep] Pieter en Lotie Koen se blatjang-en-Coke©-ribbetjies
Argilla Pottebakkery gee een van hulle pragtige bakke weg. Klik op die skakel onderaan die resep om in te skryf.
Tiener sterf ná paraffien vlam vat
ʼn 15-jarige seun is oor die naweek in die Oos-Kaap dood nadat ʼn brand in sy slaapkamer uitgebreek het.
Bus se dak tydens botsing afgeruk
Minstens 30 mense is Maandagoggend beseer nadat twee busse by die aansluiting van die M25 en North Coast-weg in Redhill, KwaZulu-Natal, gebots het.
Wie kan nou nog Lions se rus-besluit kritiseer?
`n Mens wil jou nie ná die tyd slim hou nie, maar nou weet ons dat die Lions, ondanks baie bedenkinge, in die kol was deur hul opdrafspan verlede week teen die Jaguares in Buenos Aires week te laat rus.