Die liggaam van ʼn 16-jarige meisie van Phalaborwa in Limpopo, wat sedert Saterdag vermis was, is Dinsdag in ʼn spruit buite die dorp gevind.
Lees meerAlles vir Woensdag 10 Augustus 2016
Eskom-werkers staak
Nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM), het Woensdag by ʼn onbeskermde staking aangesluit ten spyte van ʼn hofbevel wat die kragverskaffer Dinsdagaand bekom het.
Kommer oor OB-kandidate
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag sy kommer uitgespreek oor drie kandidate op die kortlys vir openbare beskermer (OB).
Betoë oor seksklagtes teen modelbaas dán aangehoor
Die verhoor van Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, is Woensdag in die stad se hooggeregshof tot September uitgestel.
Twee in hof vir verkragting van 17-jarige
Twee mans het Woensdag in die Dutywa-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.
‘Vonke spat by Verenigde Nasies’
Volgens die vakbond Solidariteit het gemoedere vandag hoog geloop by die sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie.
ATKV-Woordveertjies: Hier is die finaliste
Die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2016 is pas aangekondig. Die Woordveertjie-wenners word op 9 September bekend gemaak.
Beyers en RG Snyman terug vir die Blou Bulle
Ulrich Beyers, wat in 2014 laas vir die Blou Bulle gespeel het, is Saterdag in Bloemfontein hulle heelagter in die Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs.
Drie Eskom-base by Koeberg geskors
Eskom het aangekondig hy het drie senior bestuurders by sy Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap geskors.
Verslag toon basiese bankkoste is relatief laag
Strawwe mededinging onder die vier groot Suid-Afrikaanse banke, het tot gevolg gehad dat die koste van basiese bankrekeninge relatief laag gehou word, terwyl die verskille in die koste van bankrekeninge vir die middelklas steeds klein bly.
Die wêreld in foto’s – 10 Augustus 2016
In hierdie spesiale uitgawe van die Wêreld in Foto’s bring ons hulde aan die atlete van die 2016 Olimpiese Somerspele in Rio de Janeiro, Brasilië.
‘Binnelanders’-ster trou met Namibiese skoonheid
“Wat God bymekaar gebring het, kan geen mens skei nie. Ek is ongelooflik dankbaar.”
Pecanwood-moord: Seun steeds in Weskoppies
Die seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, ondergaan steeds psigiatriese evaluering in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria.
Nog ʼn omroeper groet JacarandaFM
“Maar soos die gesegde lui, alle goeie dinge kom tot ʼn einde.”
‘Hartelose individu’ gevonnis wat tiener onthoof
Aljar Swartz, die man wat ʼn Wes-Kaapse tiener in 2013 verskeie kere met ʼn mes gesteek, gewurg en hom uiteindelik onthoof het, is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
[Foto’s] Harte bloei vir uitgeteerde renosters
Flippie en Peanut, twee renosterbulle van ʼn droogtegeteisterde reservaat in Mpumalanga, en talle ander diere is van ʼn gewisse hongerdood gered nadat vrywilligers van regoor die land ingegryp het om voer te verskaf.
Video: Só sou Springbokke in Olimpiese Spele vaar
Die Springbokke het ʼn paar ander sportsoorte aangedurf as deel van ʼn boodskap van ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Olimpiese span.
Video: Dokter draai baba in stuitposisie om
ʼn Video van ʼn dokter wat ʼn ongebore baba binne enkele minute in die stuitposisie omdraai deur slegs die vrou se maag te masseer, doen weer die ronde op sosiale media.
Allister sal moet raakvat
Jy moet hare op jou tande hê om die Springbokspan af te rig, want ʼn hele jaar se beplanning kan met een nederlaag omvergewerp word.
11 babas sterf in brand
ʼn Brand in ʼn hospitaal in Bagdad, Irak, het tot die dood van 11 babas gelei.