Vrydag en Saterdag is deurslaggewend vir die Suidwestelike Distrikte (SWD) en die Valke in die Eerste Liga van die Curriebeker.
Alles vir Vrydag 16 September 2016
Man skiet kollega ‘per ongeluk’ dood
ʼn 50-jarige man het na bewering sy 63-jarige kollega noodlottig gewond in ʼn skietvoorval Donderdagmiddag in Benoni aan die Oos-Rand.
[Resep] Mini-suikermieliebroodjies
Die suikermieliebroodjies smaak die beste wanneer dit vars gebak is, maar kan vir 24 uur verkoel word in ʼn houer met ʼn digsluitende deksel. Bevriesing word nie aanbeveel nie.
GB: kollig skerpste op dié vier kragmetings
Veral vier van die naweek se kragmetings in die reeks om die Goue Beker sal skerp in die kollig wees.
Luister: Dewald Wasserfall: ‘My musiek moet lig in die donker wees’
Die gewilde sanger Dewald Wasserfall het onlangs sy jongste album vrygestel. Hy vertel dié album is doelbewus positief saamgestel om ʼn “lig in die donker” vir ander te wees en hoop te bied in ʼn wêreld waar dit nie gereeld voorkom nie.
‘Dood van psigiatriese pasiënte was voorkombaar’
Solidariteit Helpende Hand meen die meeste van die 36 psigiatriese pasiënte wat oor die afgelope vier maande in Gauteng gesterf het, se dood was voorkombaar.
‘Kaper’ sterf ná jaagtog, skietgeveg met polisie
ʼn Vermeende kaper is dood en nog twee verdagtes soek ná ʼn afleweringsvoertuig Donderdag in die Motherwell-omgewing in Port Elizabeth gekaap is.
Man buite plaashuis geskiet
“Toe hy uitstap, het hulle twee skote op hom geskiet. Een was mis, maar die tweede een het hom in sy bobeen getref.”
Weldoeners span saam vir kanker-kleuter se behandeling
Darius en Ilona Geldenhuys van Tzaneen in Limpopo het vandeesweek gehoor dat hulle eindelik genoeg geld het om klein Imke, wat al sedert die begin van die jaar ʼn stryd teen kanker voer, na New York te neem vir haar spesiale kankerbehandeling.
SA’ners presteer tydens uitmergelende roete in Italië
Armand du Plessis, een van die Suid-Afrikaners wat aan die uitmergelende Tor des Geants (“reis van die reuse”) in die Italiaanse Alpe deelgeneem het, het Vrydagoggend ná meer as 113 ure op die pad, die wedloop voltooi.
Varsity-netbal: stryd om uitspeelplekke neem toe
Die vierde Varsity Netbalreeks se ligarondes is die naweek by die halfpadmerk verby en die wedloop om plekke in die uitspeelrondes neem nou met mening toe.
Foto’s: Hier is die Boereworskampioen!
Shoprite/Checkers het Donderdag die Boereworskampioen op Robbeneiland bekend gemaak ná ʼn grappige Blitzbokke-wedstryd.
Tokai-moordsaak hervat
Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Wes-Kaapse tiener, Franziska Blöchliger, in Maart vanjaar verkrag en vermoor het, sal vandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Pecanwood-moord: Seun soek borgtog
Mark Zinde (24), die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Nuuskommentaar: Waar sal ek (my betroubare) nuus vandaan kry?
Maroela Media kry gereeld lof van lesers wat deur die leserskommentaar-funksie waardering uitspreek dat Maroela ook nuus dra wat nie in ander media te lese was nie. Dikwels het die lesers die vermoede dat die ander media dit geïgnoreer het om by sekere voorafopgesette vooroordele te kan bly. Die uitdaging is om onverbonde en objektief te bly maar terselfdertyd nie die Christelike raamwerk waarbinne dit met eerbaarheid moet geskied, te skaad nie.
Paralimpiese Spele 2016: Span SA verower nóg vier medaljes
Die Suid-Afrikaanse atlete het Donderdag tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië uitgeblink en nog vier medaljes, waaronder twee gouemedaljes, verower.
Platejoggie neem #DataMustFall-veldtog na die parlement
Die gewilde radiopersoonlikheid en entrepreneur, Thabo “Tbo Touch” Molefe het Donderdag aangekondig dat hy uitgenooi is om met die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdiens te vergader oor die hoë koste van breëband-internet in Suid-Afrika.
Noordwes-polisieman beseer tydens skoolbetoging
ʼn Polisiebeampte is Donderdag beseer tydens ʼn betoging by ʼn skool in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Jou roeping
Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: ‘Volg My!’ Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. (Matteus 9:9)