Daar is ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen plaasmoorde aan die presidensie oorhandig is.
Alles vir die maand April 2017
Staat se kernkragplan onwettig
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag bevind die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram is onwettig en ongrondwetlik.
Die wêreld in foto’s – 26 April 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ouers en seun se lyke in huis gevind
Drie gesinslede is Sondagaand in hul huis aan die Oos-Rand doodgeskiet.
SAL-kajuitpersoneel staak oor kostoelaag
SAL het intussen bevestig daar is vertragings en kansellasies weens die stakings.
Praat saam oor Afrikaans by die Suidoosterfees
Die stand van Afrikaans by Suid-Afrikaanse universiteite kom op 29 April weer onder die loep wanneer die Afrikaanse Taalraad ʼn Jakes Gerwel-gesprek oor dié onderwerp by die Suidoosterfees in die Wes-Kaap aanbied.
Coligny-betogings: Twee vas ná kind se dood
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn kind in Coligny wat gewelddadige betogings tot gevolg gehad het.
[Video] Só maak jy ʼn bed vir jou honde-kind
In vandag se episode wys Suzelle DIY jou hoe om ʼn bed vir jou honde-kind aanmekaar te slaan. Al wat jy nodig het, is ʼn ou trui, kussingstopsel, ʼn kussing en ʼn bietjie wol.
[Foto’s] Coligny-betogings: ‘Ek moes magteloos staan en toekyk’
“Daar was ganse en van my kinders se skapies ook daar. Hulle het die diere gejaag, oor hul skouers gegooi en hulle uit die voete gemaak daarmee.”
Sediba glo nie menslike voorouer
Die aanspraak dat Australopithecus sediba ’n voorouer van die genus, Homo, is, word nou deur verskeie wetenskaplikes betwis.
‘Aanvaar ons net, wees geduldig,’ vra outisme-gemeenskap
Tog, al wat ons in die outisme-gemeenskap aan die publiek vra, is: Aanvaar ons en wees geduldig met ons. Ons kan ʼn baie positiewe bydrae lewer.
Betogings in Coligny en Lichtenburg: Taakspan aangestel
“Ek het by die heining gestaan en kyk hoe brand my vragmotors met my vrou en kinders wat agter my in die bakkie sit.”
MRSU-liga: Ladysmith en Rhinos loop voor
Ladysmith is na twee naweekrondes onoorwonne en loop voor in die KwaZulu-Natalse Middelland-subunie se reeks om die Crowebeker.
Nuuskommentaar: Wie is ‘ons’? Werp dit lig op Coligny?
Wat is die potensiaal dat ons nog voorvalle van onluste kan sien soos in Coligny, Lichtenburg en Lenasia waar ras duidelik ’n rol gespeel het? Solank die president die rassepot so blatant bly roer, bly die gevaar ’n werklikheid.
[Resep] Lamsvleis-en-groentebredie
Jy hoef nie ʼn sjef te wees om dié resep te bemeester nie. Dis doodeenvoudig om aanmekaar te slaan.
Gedig: Sproeireën
My nooi is in ʼn nartjie, my ouma in kaneel… lees DJ Opperman se mooi gedig “Sproeireën”.
Steve Biko-hospitaal ontvang reuseskenking uit China
Die Chinese regering het hoogs gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko akademiese hospitaal in Pretoria geskenk. “Ek as minister kom hierheen vir my behandeling, dis die beste hospitaal dié.”
Kapers vas ná mislukte jaagtog
Twee vermeende kapers is beseer en vasgetrek in ʼn mislukte jaagtog met die polisie.
Alle krane in Noordwes-nedersetting gesteel
Al die straatkrane in ʼn nedersetting in Noordwes is vandeesweek gesteel.
Gedagte vir die dag: Geloof laat jou vrese verdwyn
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou … Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou. (Jesaja 41:10, 13)