Die identiteit van die vrou wie se ontbinde liggaam Dinsdagoggend op Tafelberg in Kaapstad gevind is, is nog nie bekend nie.
Alles vir Donderdag 1 Junie 2017
Afgewaterde Superrugby die res van die maand
Wie sal nou ʼn pakkie tweeminuut-noedels bo sagte lamtjoppies en paptert by ʼn braaivleis verkies?
Regering staan oorlede Eskom-vrou se familie by
ʼn Span maatskaplike werkers van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gaan Donderdag die familie van die Oos-Randse Eskom-vrouewerker besoek wie se liggaam twee weke nadat sy vermis geraak het, in ʼn kantoor by haar werkplek gevind is.
[Resep] Krakerige Sjokoladekoekies
Hierdie is ʼn resep wat nie woorde nodig het nie: die smaak spreek vanself. Verras môre jou kollegas of gesinslede met dié smullekker sjokoladekoekies.
Polisie waarsku oor verspreiding van fopnuus
“Dit het gelei tot gewelddadige betogings en plundering waartydens twee persone geskiet is. Een van daardie persone is dood.”
Baba Mia: ‘Help asseblief hierdie engeltjie’
Intussen het die kettingwinkel Spar en die gewilde Afrikaanse sanger Francois van Coke ook betrokke geraak.
Boer met panga op plaas aangeval
Die boer het omstreeks 23:30 gesien die veld buite sy huis brand.
CNN pos vrou oor ‘onthoofde Trump-kop’
President Trump het ook sy ontsteltenis oor dié foto uitgespreek en gesê sy 11-jarige seun, Barron, het gedink hy is oorlede toe hy die foto sien.
Kaboel-ontploffing: Dodetal styg skerp
Die dodetal in Woensdag se kragtige bomontploffing in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, het skerp gestyg.
Nuuskommentaar: Staatskapingkommissie – Wag hier weer ’n wapenskandaal?
Enige opgewondenheid oor die kommissie moet noodwendig wag tot Zuma die voorsitter aangestel het.
Mandela-stigting: ‘Zuma moet gaan’
“Ons moedig Zuma aan om na die stemme van die mense te luister. Sou hy dit doen, sal dit die tweede keer wees wat hy doen wat die mense versoek.”
Kan die nuwe Boktruie têkkel?
Die vere maak die voël, het die ou mense altyd gesê.
Vandag se sportnuus
Die Franse Ope se vierde dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van wenners sluit gekeurde spelers in soos Dominic Thiem, Novak Djokovic asook Rafael Nadal.
Noodlottige ongeluk op R21, verkeer erg ontwrig
ʼn Noodlottige ongeluk op die R21 het Donderdagoggend verkeer op dié besige snelweg tussen Pretoria en Johannesburg erg ontwrig in spitsverkeer.
[Foto’s] Minstens een dood, 50 beseer toe treine bots
Nooddienste is steeds op die toneel.
Op reis deur Europa: Athene – die Akropolis
“Oor jou koppe koffie sien jy die Akropolis en Parthenon in die agtergrond. Jy kyk daarna, amper met ‘n mengsel van eerbied en deernis,” skryf Thomas Dreyer.
Taalgebruik: middel
Taaltoffie ondersoek die gebruik van die woord “middellyf”, “middeltjie” en “middellyn”
Openbare gedenkdiens vir Byleveld vandag gehou
ʼn Openbare gedenkdiens word Donderdag vir wyle oudbrig. Piet Byleveld in Johannesburg gehou.
‘Zuma moet aan wit mense sê waar hulle met hom staan’
‘Die Grondwet bepaal die president moet eenheid in die land bewerkstellig. Maar hy doen dit nie. Hy sê die probleme in die land het begin toe Jan van Riebeeck in 1652 hier geland het en dat wit monopolie die land se probleme veroorsaak.’
Video van gestremde man wat seksueel misbruik word skok
Die departement van maatskaplike ontwikkeling het sy skok uitgespreek oor ʼn video wat wyd versprei word van ʼn 25-jarige verstandelik gestremde man wat glo seksueel misbruik word.