Die proses om ʼn nuwe permanente raad vir die SAUK aan te stel, sal soortgelyk wees aan die proses wat gevolg is om ʼn nuwe openbare beskermer aan te stel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Augustus 2017
Organisasies verwelkom hof se besluit oor Reserwebank
Die sakeregtewaghond AfriSake het Dinsdag die hofbeslissing dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy mandaat sal behou soos wat dit in die Grondwet omskryf word, verwelkom.
AfriForum ondersoek stappe teen Mugabe
“AfriForum is van mening dat pres. Mugabe se optrede op ’n misdaad teen die mensdom neerkom.”
PAC soek Marikana-vakansiedag
Die Pan Africanist Congress (PAC) het Dinsdag gesê hulle versoek dat 16 Augustus, die dag waarop 34 stakende mynwerkers in 2012 by Lonmin se Marikana-myn in Noordwes deur polisielede doodgeskiet en talle ander beseer is, ʼn nasionale vakansiedag moet word.
‘Faith Muthambi moet gedagvaar word’
LP’s van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie het besluit om minister Faith Muthambi te dagvaar, nadat sy Dinsdag nie by ʼn parlementêre vergadering opgedaag het nie.
Woelinge in die Bokkamp voor toets teen Poemas
ʼn Springbok is beseer, ʼn ander weer nader getrek, en vyf spelers wat in die groep van 34 spelers was vir Saterdag se Rugbykampioenskaptoets in Port Elizabeth teen die Argentynse Poemas, is vrygestel om die naweek Curriebekerrugby te speel.
Brandstigting tydens Noordwes-betoging
Twee vragmotors en ʼn paneelwa is tydens ʼn betoging in Majakaneng, Noordwes, aan die brand gesteek, het die polisie Dinsdag gesê.
Ellispark stel ondersoek in ná beweerde rassevoorval
Ellispark-stadion het in ʼn verklaring gesê hy stel ondersoek in ná ʼn onderonsie tussen ʼn groep toeskouers Saterdag ná die Curriebeker-wedstryd tussen die Leeus en die Haaie.
ToekomsVenster: Die besetene van Gerasa
Ons is nie gemaak vir die grafte nie. Ons is nie grafbewoners nie. Moenie toelaat dat die bose jou in die mate intimideer dat jy opgee op jou koninklike status voor God nie.
SA o.20-speler maak buiging vir WP
ʼn SA o.20-speler, wat reeds Superrugby vir die Stormers gespeel het, maak Vrydag op Nuweland sy buiging vir die Westelike Provinsie teen die Goue Leeus.
Man voor vrou vermoor; twee in hof
“Kleynhans het probeer om sy vrou te beskerm en het teen die verdagtes baklei, maar hy is verskeie kere gesteek.”
[Video] ‘Klikkerland’ beloof pret-maniere om kinders te leer
Huppel Hoepel, Boebel Babbel, Woepel Wappel, Rimmel Rammel, Tink Tinkie en Liela Loela is hier om te bly. Dié karakters van die Ghoema-benoemde kinderreeks, Klikkerland, met sy kleurvolle karakters en prettige opvoedkundige aanslag, is pas terug vir ʼn vierde aflewering.
[Boek] Hallo, Hekel
In “Hallo, Hekel” word ’n enkele patroon geneem en op vier verskillende maniere vertolk na gelang van jou styl – hetsy boheems, kunstig, kontemporêr of romanties.
Babatjie by vulstasie gebore
Twee paramedici van Netcare 911, wat nie aan diens was nie, het Dinsdagoggend ʼn vrou bygestaan wat by ʼn vulstasie tussen Pretoria en Krugersdorp geboorte gegee het.
Nog ʼn styging in brandstofpryse verwag
“Brandstofverbruikers kan hulself staal om vanaf September hul hand nog dieper in die sak te moet druk.”
Twee in hof ná NVG-inbraak
Twee verdagtes het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met verlede maand se inbraak by die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Noord se kantoor in Pretoria.
Hlaudi daag nie op vir hofverrigtinge
Motsoeneng het geen duidelike rede aangevoer oor hoekom hy nie die hofverrigtinge bygewoon het nie.
Jou bobaas-blommekykgids vir 2017
Dié blommekykgids vir beginners sal jou help om behoorlik jou eie blommekykreis voor te berei.
Maseru kry internasionale sewestoernooi
Maseru kry sy eie internasionale sewestoernooi, het die sportpromotor Willem Strauss aangekondig.
Big Ben vir jare lank stil
Die bekende Big Ben-kloktoring in Londen sal van volgende week af vir ’n paar jaar stil wees.