Mike Krieger, hoof van Instagram se tegnologie-afdeling, het vandeesweek ʼn waarskuwing aan gebruikers van dié sosialemedia-platform uitgereik.
Alles vir die maand September 2017
Lesersbrief: Wat ʼn lekker plek!
“Van daardie dag af het my Vrydagroetine weer verander…” skryf Oom Doors uit Standerton.
Sportster sê jammer ná jaagtog
Die sportster wat Maandagoggend in hegtenis geneem is toe hy glo vinniger as 220 km/h in Johannesburg gejaag het, het om verskoning gevra vir sy optrede.
Vyf sterf in KZN-botsing
“Die wrakke van die twee voertuie het aan teenoorgestelde kante van die pad gestaan. Verskeie liggame het rondom die wrak van die motor gelê.”
Guptas se beeldpoetser skuldig bevind aan ‘erge wanpraktyke’
Bell Pottinger, die Guptas se beeldpoetser, is Maandagaand van sy lidmaatskap aan die Britse skakel-en-kommunikasievereniging (PRCA) gestroop nadat dié vereniging die agentskap se veldtog in Suid-Afrika beskryf het as die ergste voorbeeld van wanpraktyk wat hy nog gesien het.
Sakeman kort ná moordaanklag op kleinhoewe aangeval
“Die verdagtes het begin om die veiligheidshek oop te breek en sou amper toegang kry, toe sy vrou die verdagtes deur die hek met pepersproei gespuit het.”
Vir oulaas twee verrassings op pad na die kwarteind
Die laaste kwarteindplekke in die Amerikaanse Ope by Flushing Meadows het Maandag twee groot verrassings, een elk in die mans- en in die vroue-afdeling, ingesluit.
Man vas ná meisie (9) by troue vermis raak
Die man, wat ook ʼn gas by die troue was, is vroeër deur die polisie ondervra maar nié toe in hegtenis geneem is nie.
Baba ná 75 dae in ‘borrel’ ontslaan
“Die werk wat hierdie verpleegsters doen, kan net as fenomenaal beskryf word.”
Superrugby kry teenstander ná Force-slag in hof
Die stigting van ‘n teenvoeter vir Superrugby is in Australië aangekondig nadat die Wes-Australiese Rugbyunie (WARU) sy appèl teen die Western Force se weglating uit die Sanzaar-reeks verloor het.
[Video] Rondloperhonde as waghonde ingespan
ʼn Suid-Koreaanse maatskappy het ʼn plan om ʼn stad se misdaad en rondloperhonde met een uitvinding op te los.
Name vir SAUK-raad vandag bekendgemaak
Die lys van 12 kandidate wat as nie-uitvoerende direkteure van die SAUK-raad sal dien, sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word.
Vandag se sportnuus
By die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows sal Suid-Afrika se Kevin Anderson vandag in die kwarteindronde teen die 17de gekeurde Sam Querrey speel en in Netbal is die derde ronde van die Varsity-reeks is gisteraand gespeel en vier wedstryde is afgehandel.
Nuuskommentaar: Is Afrikaners skaam vir die verlede en bang vir die toekoms?
Gaan die Afrikaner op 10 Oktober hom in ’n demonstratiewe aksie vir die dag suksesvol aan die ekonomie onttrek kry? Of gaan dit weens ’n gebrek aan aktiewe en volmondige steun grootliks ’n galmende simbaal word?
Airlink ontken bewerings oor bedryfslisensie
“Die wanindruk wat deur die berig geskep is, het onnodige en ongegronde kommer gewek oor Airlink se status in die reismark, die lugvervoerbedryf en ander verwante sektore.”
Allister hoef niks te doen nie, die ARU het Wallabies gekelder
Gepraat van swak beplanning…
Uitdrukking: Iemand onbewimpel die waarheid vertel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “iemand onbewimpel die waarheid vertel”
EFF in hof om Zuma te verwyder
Die konstitusionele hof sal na verwagting Dinsdag ʼn aansoek deur die EFF aanhoor om die bal aan die rol te kry sodat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder kan word en aanspreeklik gehou word vir sy rol in die Nkandla-debakel.
Vrou in hof wat polisiebeampte glo in sel vermoor
ʼn Verhoorafwagtende gevangene wat na bewering ʼn polisiebeampte in ʼn sel in die KwaMhlanga-polisiestasie in Mpumalanga vermoor het deur haar kop teen ʼn muur te slaan, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Ondersoek na vliegongeluk ‘kan maande neem’
Dit kan maande neem om die oorsaak van die vliegongeluk in Magaliesburg te bepaal waarin twee jong mense Sondag dood is.