ʼn Begeesterde Namibië het Uruguay harde bene laat kou in die tweede toets in die reeks tussen dié twee lande Saterdag in Windhoek.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 November 2017
Staking dompel Duitse rugby, SA bande in krisis
Die toekoms van Duitse rugby en die sterk betrokkenheid van Suid-Afrikaners daarby is in gedrang nadat die nasionale span Saterdag sover vasgestel kan word die heel eerste toetsspan in die geskiedenis van rugby geword het om te staak.
Klassieke Smith-honderdtal, twee vinnige paaltjies skud Engeland
ʼn Klassieke honderdtal vir die fynproewer deur die Australiese kaptein Steve Smith en opvolgboulwerk van sy blitsboulers het sy span na die derde dag in beheer geplaas in die eerste As-toets in Brisbane.
Geen teken van Zuma by veldtogbekendstelling
Pres. Jacob Zuma het nie Saterdag soos verwag is by die bekendstelling van die jaarlikse 16 dae van aktivisme-veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth opgedaag nie.
Wie kla met die witbrood onder die arm?
Hoe is dit moontlik dat die Springbokke verlede jaar teen Italië verloor het?
Man ‘vir dood agtergelaat’ in plaasaanval
Op dieselfde dag waarop sowat 1 500 optoggangers na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het uit protes teen plaasmoorde, is ʼn man in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Oos-Kaap.
‘Rowers’ in ʼn kits vasgetrek
Twee vermeende rowers wat Vrydagaand op ʼn kitskoswinkel in Port Elizabeth toegeslaan het, het vinnig hul moses teëgekom toe hulle binne minute ná die rooftog deur die polisie vasgetrek is.
Hof beslis Zim-weermag se oorname was wettig
‘n Zimbabwiese prokureur meen dit is interessant dat die hofbeslissing “met toestemming” uitgereik is, wat aanduidend is dat Mugabe moontlik daartoe ingestem het.
‘Time’,Trump stamp kop op Twitter
Time Magazine het ʼn bewering van pres. Donald Trump oor die tydskrif se bekende Persoon van die Jaar-titel ontken.
Vrou sterf, 4 beseer toe muur ineenstort
“Twee ander jong vroue, ʼn man en ʼn kleuter van ongeveer drie is almal in ʼn ernstige toestand na ‘n hospitaal gehaas.”
‘Geen meer droogte teen Maart’, sê Buchan
Die evangelis Angus Buchan meen daar sal teen Maart volgende jaar nie meer ʼn droogte in die Wes-Kaap wees nie en die provinsie se damme sal teen daardie tyd vol wees.
Foto’s: Skare trek saam teen plaasmoorde
“Plaasmoorde is ’n nasionale krisis en dit moet as sodanig hanteer word.”
Brakpan-man steeds in waakeenheid ná huisroof
ʼn Week nadat ʼn vrou van Brakpan aan die Oos-Rand tydens ʼn huisroof doodgeskiet is, veg haar seun, wat ten tyde van die rooftog saam met haar was, steeds om sy lewe in ʼn Gautengse hospitaal.
Springbok en Vrystaatse legende sterf
Baie Vrystaters sal jou vertel hy was naas generaal Christiaan de Wet die grootste legende wat die Vrystaat opgelewer het, presidente en staatspresidente ingesluit.
Hoër belasting waarskynlik SA’ners se voorland
Suid-Afrikaners sal na verwagting meer belasting in 2018 moet betaal terwyl die nasionale tesourie spartel om vure dood te slaan na nóg ʼn afgradering deur Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) Vrydag.
Video: ‘Dalk was Jayde se moord net ʼn transaksie’
“Intussen was Jayde salig onbewus dat die man met wie sy haar bed gedeel het ʼn proses aan die gang gesit het wat uiteindelik tot haar dood sou lei. Miskien was dit vir hom maar net ʼn transaksie, gegewe sy vernuf daarmee.”
Tier in Parys doodgeskiet
Die eienaar van die tier is deur die polisie ingeneem vir ondervraging en die voorval word ondersoek.
Motor skeur in twee in gru-botsing; 2 sterf
Twee mense is Vrydagaand dood in ʼn gru-ongeluk op die pad tussen Bethal en Hendrina in Mpumalanga.
Twee in Centurion doodgeskiet
“Omstanders het verduidelik hulle het verskeie skote gehoor en net gesien hoe die twee mans op die grond val.”
Mnangagwa wil Zim-boere vergoed
“Hoewel ons nie die verlede kan verander nie, is daar baie wat ons nou en in die toekoms kan doen om ons nasie in ʼn ander en positiewe rigting te stuur.”