Die polisie in Limpopo sê hy is steeds besig om ondersoek in te stel oor die presiese omstandighede van die fratsongeluk toe ʼn werker Sondag op ʼn plaas noord van Lephalale (Ellisras) gesterf het toe hy homself per ongeluk met ʼn pylgeweer geskiet het.
Alles vir die maand November 2017
Komediant in hof oor spoed
Die komediant wat Vrydagmiddag op die N4 buite Mbombela (Nelspruit) in hegtenis geneem is nadat hy die spoedgrens oorskry het, het Maandag in die stad se landdroshof verskyn. Sy naam mag nou bekendgemaak word.
Nuwe polisiehoof ingesweer
Genl. Khehla John Sitole, Suid-Afrika se nuwe nasionale polisiekommissaris, is Maandag amptelik deur Fikile Mbalula, minister van polisie, in Pretoria ingesweer.
Foto’s: Brand by Bloem-hospitaal
Talle pasiënte moes Maandag uit ʼn Bloemfonteinse hospitaal verwyder word toe ʼn brand daar uitgebreek het.
ToekomsVenster: Ons konteks, Suid-Afrika, vra gebed
Gebed getuig van ons afhanklikheid van God, dit gee perspektief as ons met die Here praat oor ons kwellinge en bekommernis; dit getuig van ons geloof en dit maak ons medewerkers in die koms van sy koninkryk. Dis al genoeg rede om te bid.
Zuma sê Gigaba moet plan maak met ekonomie
Pres. Jacob Zuma het Malusi Gigaba, die minister van finansies, aangesê om tasbare maatreëls te identifiseer om die ekonomiese uitdagings te takel wat Gigaba in sy onlangse mini-begrotingsraamwerk uitgelig het.
Só verander Demi-Leigh se lewe as Mej. Heelal
Die pragtige kroon is nie die enigste ding wat Demi-Leigh gewen het nie!
Die wêreld in foto’s – 27 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Resep: Lensiekoekies
Vinnig en maklik. Lensiekoekies is ʼn heerlike manier om meer groente in jou dieet in te sluit.
Afrikaanse sanger wil só diere help
“Die doel van die konserte is om ʼn jaarlikse instelling te vestig en op dié manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring.”
Matrikulant doodgery ná laaste vraestel
ʼn Matrikulant wat pas haar laaste vraestel geskryf het, is Maandagmiddag doodgery toe sy ná die eksamen huis toe gestap het.
Bylmoorde: Moontlike rede vir Henri se ‘geheueverlies’ gehoor
ʼn Dokter se getuienis wat Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer is, kan moontlik verbind word met Henri van Breda se beweerde geheueverlies die aand waarop drie van sy gesinslede vermoor is.
Francois van Coke deel hartseer nuus
“Ek kan nie glo hy is weg nie. Ons gaan hom so baie mis. Ek en Lau kan nie ophou huil nie.”
Pta-vrou glo met hamer tydens huisroof aangeval
ʼn 54-jarige vrou is na ʼn Pretoriase hospitaal gehaas nadat sy Maandag in die vroeë oggendure in haar huis in Moreletapark in die ooste van stad aangeval is.
LUR gekap ná Zuma nie by veldtogbekendstelling opdaag
“Die geleentheid is opsetlik deur haar gesaboteer. Sy het uit roekeloosheid en moedswilligheid teen die besluit en die advies van alle outoritêre liggame ingegaan.”
Luister: Helena Hettema vier 22 jaar in musiekbedryf
Hettema sê die hele album is opgedra aan haar pa, die Springbok-fietsryer Jan Hettema, wat einde Junie 2016 tydens ʼn kleinhoewe-aanval doodgeskiet is.
KFC-saak: Verhoor begin dán
Die datum van die verhoor van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die egpaar Jacob en Dudu Sono in Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana in noorde van Pretoria aangerand het, is Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof vasgestel.
Padtoets: Stille waters, diepe grond…
ʼn Eienskap waarna elke motorvervaardiger streef, is dat jy jou kar sal liefhê, en ek dink nie dit sal moeilik wees om jou hart op ʼn Kia Rio te verloor nie.
Jong ontwerpers kry hupstoot met gesogte beurse
Dié beurse sluit benewens alle klas- en studiegeld boonop ook die bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper, Gert-Johan Coetzee, se persoonlike mentorskap in.
Prins Harry is verloof
Clarence House het die nuus in ʼn verklaring bevestig.