Soos verwag is, het Vrydag en Saterdag se wedstryde in die Supersportreeks min opgelewer om oor opgewonde te raak.
Alles vir die maand Junie 2018
Blitsbokke wen afdeling, maar sal stukke beter moet speel
Só gaan die Blitsbokke nie die Londense sewestoernooi van Wêreldrugby wen en hul 2016/’17-reekstitel suksesvol verdedig nie.
Polisie slaan toe terwyl rowers supermark beroof
ʼn Oplettende lid van die publiek het daarvoor gesorg dat polisiebeamptes in Mpumalanga op ʼn groep rowers toegeslaan het terwyl hulle besig was om ʼn bekende supermark te beroof.
R40 miljoen vir ete saam met Warren Buffet
Wat is ʼn middagete saam met die miljardêr-sakemagnaat Warren Buffet werd?
Publiek teen nóg ʼn Sassa-slenter gewaarsku
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het die publiek gewaarsku teen nóg ʼn slenter wat tans gebruik word om begunstigdes om die bos te lei.
Junior Bokke verander vier vir Ierland
Die vier veranderinge aan die Junior Springbokke se beginspan teen Ierland vir Sondag se o.20-Wêreldkampioenskapswedstryd in Narbonne is die gevolg van beserings en die teenstand wat verwag word en nie oor die sukkelvertoning teen Georgië nie.
Ma vas oor baba se liggaam in tuimeldroër
“Hoe kan ʼn mens so iets aan ʼn baba doen? Dit is so hartseer.”
Vyf seuns sterf in brand
“Hierdie tragedie raak en affekteer ons almal as Suid-Afrikaners.”
Wat jy nié van die koningin se kroning geweet het nie
Die kroning van koningin Elizabeth II presies 65 jaar gelede was die eerste kroningsgeleentheid wat op televisie uitgesaai is en ʼn Amerikaanse joernalis wat later die VSA se presidentsvrou sou word, was een van die joernaliste wat gestuur is om oor die kroning te berig.
DA: ‘Staat sit op miljoene ha ongebruikte grond’
Mbabama het gesê hierdie “verstommende erkenning” van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming volg op soortgelyke antwoorde van ander departemente.
Polisie op soek na man wat 7-jarige glo verkrag
Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn man wat na bewering ʼn sewejarige dogtertjie verkrag het en daarna aan ander lede van die gemeenskap gesê het sy huil omdat sy nie wil skool toe gaan nie.
Een dood, nog een kritiek ná transitorooftog
ʼn Lid van die publiek is dood en ʼn tweede persoon is in ʼn kritieke toestand nadat transitorowers Vrydagaand op ʼn transitovoertuig naby Kempton Park aan die Oos-Rand toegeslaan het.
Ouers, baba dood aangetref
ʼn Familievriendin het by die gesin gaan kuier toe sy op die liggame afgekom het.
Video: Mpumalanga se rondloperleeu gevind
Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind.
Drie verhoor oor man se ‘huurmoord’
Drie mense sal dié week in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn man van Ermelo in Mpumalanga wat opgehang is, en ʼn tweede man wat geskiet en vir die dood agtergelaat is.
Man ‘jammer’ hy gooi hondekarkas in straat
“Ek is bewus daarvan dat my verskoning nie die feite van die saak verander nie. Ek hoop egter dat my toekomstige gedrag en aksies aan julle sal bewys hoe jammer ek is.”
Vaalwater-plaasaanval: Speelgoedgewere by verdagte gevind
Die 33-jarige verdagte is kort ná die aanval op die plaas Sterkfontein vasgetrek.
Affies-hoof oor skoolpet-sage: ‘Ons kies die kant van 1 300 onskuldige seuns’
Ná sy aanvanklike swye het die hoof van Afrikaans Hoër Seunskool (AHS) in Pretoria, dr. Pierre Edwards, Vrydag openhartig met Maroela Media gesels oor die sogenaamde “pet-insident” wat die afgelope week groot opslae in die media gemaak het.
Trump: Vergadering met Noord-Korea gaan voort
Trump het ook aangekondig dat hy tyd en wyl geen addisionele sanksies op Noord-Korea sal toepas nie.
Bewerings oor plaaswerkers teen Trollip teruggetrek
Die voormalige plaaswerkers het destyds beweer hulle is minder as R100 per maand betaal en was gedwing om in onmenslike omstandighede te leef, sonder enige toegang tot water, elektrisiteit, toilette of beddens.