Werkers het Donderdag op ʼn verwoestingstog gegaan, vullisblikke en mediese voorraad in die gange uitgegooi en selfs pasiënte gedreig.
Alles vir die maand Junie 2018
Baba speel langs ouers se liggame
ʼn Babaseuntjie is Sondagoggend aangetref waar hy op die grond sit en speel langs die liggame van sy ouers langs die N11 tussen Marble Hall en Roedtan in Limpopo.
Video: ‘Meteoriet’ het sosiale media aan die gons
Die glimmende vuurbal wat deur die lug trek voordat dit lyk asof dit ontplof, is op twee plaaslike boere se veiligheidskameras vasgevang.
Honda-modelle herroep
Honda Suid-Afrika het vandeesweek aangekondig dat sekere van die vervaardiger se voertuigmodelle herroep word weens vrese rakende die veiligheid van dié voertuie se lugsakke.
Blitsbokke met trots en durf deur na halfeindronde
Dít lyk mos na ʼn Springbokspan!
Nóg ʼn plaasaanval in die Vrystaat
Die egpaar is omstreeks 03:30 wakker gemaak deur vyf aanvallers wat reeds in die huis was.
Vrystaat-vrou dood in haar huis gevind
Volgens die polisie het haar kinders Saterdag op haar bebloede liggaam afgekom.
Wat ʼn droewige naweek!
Dis nie net op toetsvlak nie, waar die Springbokke Saterdagaand in Washington skande teen Wallis gemaak het, maar op Superrugbyvlak lyk sake ewe beroerd hoewel nie een Suid-Afrikaanse span die naweek in aksie was nie.
Man op kleinhoewe doodgesteek
Sy vrou het glo probeer weghardloop waarna die aanvallers haar in die rug gesteek het.
Heli-ongeluk: ‘Vlieg was in sy bloed’
“Al ons herinneringe aan Herman is positief. Maak nie saak hoeveel sukses hy behaal het nie, hy het altyd ʼn oop hand vir ander gehad. Dit is net wie hy was. ʼn Tipiese old-school gentleman.”
Medegevangene beskerm Henri glo in tronkaanval
ʼn Medegevangene in die Pollsmoor-gevangenis buite Kaapstad waar Henri van Breda (23) tans aangehou word, het glo ingetree en Van Breda beskerm toe hy deur ander gevangenes oorval is.
Behuisingstekort veroordeel ná seuns in brand sterf
ʼn Polisiewoordvoerder het bevestig die oorledenes was ʼn eenjarige tweeling en nog drie seuns van onderskeidelik 12, 13 en 14 jaar oud.
Wallis-toets: Bokskande met die intrapslag
Daar is dieperliggende probleme in Suid-Afrikaanse rugby as om elke paar jaar net van afrigter te verander.
Bekende akteur geloof wat grypdiewe takel
“Hier was Sherlock Holmes besig om vier aanvallers aan te vat net om die hoek van Bakerstraat.”
Grondbesetters steek gebou aan die brand met gesin binne
“My vrou het gebel en al wat ek kon hoor, was ʼn histeriese gegil. Ek het dadelik huis toe gejaag.”
Só lyk Wes-Kaap-reënvalsyfers; nog reën verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gewaarsku dat ʼn tweede kouefront in die Wes-Kaap waarskynlik nog reën sal meebring.
Gedagte vir die dag: Jou sterkte kan iemand help in ’n krisis
Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle ’n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur afsak. (Markus 2:4)
Suid-Afrikaners laat Montpellier in die steek
Nadat ʼn sterk kern Suid-Afrikaners Montpellier tot boaan die punteleer van die Franse Top14-liga help dra het, kon hulle hom nie Saterdag help om sy eerste titel in die reeks te wen nie.
Kiewiete begin Nasiesbeker op vaste voet
Die Kiewiete het hul verdediging van Wêreldrugby se Nasiesbeker Saterdag op vaste voet geplaas deur in Montevideo, Uruguay, met 29-10 oor Fidji se Warriors te seëvier.
Oud-Griekwas hou Hongkong op Wêreldbeker-koers
ʼn Paar gewese spelers van Griekwas hou Hongkong op koers in sy hoop op ʼn eerste deelname aan die Wêreldbekertoernooi aanstaande jaar in Japan.