Volgens ʼn ooggetuie het ʼn skare mense in die donker langs ʼn pad gestaan en kyk na ʼn ander padongelukstoneel toe ʼn swaarvragmotor in hulle vasgejaag het.
Alles vir Donderdag 28 Maart 2019
Dreigemente sal Agrizzi nié stuit
Die fluitjieblaser en voormalige uitvoerende hoof van Bosasa ontvang glo voortdurend dreigemente, onder meer ook ʼn brief in Zoeloe wat op die voorruit van sy motor gelaat is.
Dié bagasie nie meer op OR Tambo toegelaat
“Ons besef dat hierdie nuwe bagasiereëls moontlik ongerief en addisionele uitgawes vir sommige passasiers tot gevolg kan hê. Daarom is dit nie ʼn stap wat ons ligtelik geneem het nie.”
Barrett en McKenzie in sop oor Instagram-foto’s
Instagram-foto’s moet waai ná vonkelwynklagtes.
Hartkleuter se ouers neem moeilike besluit: ‘Die risiko is te groot’
“As die operasie verby is, is dit klaar. As sy dan daarna in die toekoms probleme ervaar, wat net ʼn kwessie van tyd is, sal daar nie veel wees wat hulle vir haar kan doen nie.”
NG Kerk en gays: Alliansie vra duidelikheid van hof
Adacsa vra die hooggeregshof vir meer duidelikheid oor die regters se onlangse bevinding teen die NG Kerk.
Resep-video: 3-stap-mousse
Drie stappe, twee bestanddele en een soettand. Hierdie resep is vir almal!
Tiener getuig oor ‘huwelik’ met 61-jarige
“My oom het vir my gesê ek is nie meer ʼn kind nie en ek gaan nou ʼn vrou wees. Hy het my toe oorgegee.”
Staking by inkomstediens begin
Daar word gevrees dat die staking doeane-bedrywighede by grensposte kan ontwrig, wat dwelms en onwettige goedere die land in kan laat vloei.
Bekendstelling: Toyota se splinternuwe Rav4
Die Toyota se nuwe Rav4 se ontwerp is uiters modern en ʼn vars bries wat in die segment inwaai. Die binneruim is uiters luuks met ʼn behoorlike spesifikasievlak.
ʼn Sak wat netjies pas…
Handboeke, ʼn skootrekenaar, dokumente, ʼn selfoon, grimering, motorsleutels, speelgoed, kougom, pepersproei om skelms mee te spuit, pleisters, haarknippies, hoofpynpille… Dis verstommend as ons eers ons (hand)sakke begin uitpak en sien wat ons alles ronddra.
Podlitiek: Feite, uitlatings en leuens by die dosyne
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span leuens en BLF-persverklarings. Hulle kyk verder na die dispuut tussen AfriForum en die VF Plus, Daniel Friedman se uitlating by die Ahmed Kathrada-stigting se paneelbespreking asook die BLF se bewering dat die Weste siklone veroorsaak.
Dié SA bank hou kliënte meeste tevrede
‘n Verslag oor kliënte se tevredenheid met hulle banke het bevind daar is toenemend strawwe mededinging tussen tradisionele banke en dat nuwe rolspelers die groot handelsbanke op hulle tone gaan hou.
Twee sterf, 28 beseer in N1-botsing
Die pad is gesluit terwyl owerhede op die toneel besig was.
Titans deur na Momentum-eindstryd
Behardien en Bosch se vennootskap het die wa deur die drif getrek vir die tuisspan.
Reisigers se vreemdste versoeke in Suid-Afrika
ʼn Llama in die hotelkamer, ʼn lugverkoelde tent in die Sahara-woestyn en drie rooi M&M’s en ʼn foto van spek in hul hotelkamer is van die buitengewone versoeke wat reisagente oorsee die afgelope paar jaar moes hanteer, maar Suid-Afrikaanse maatskappye kry beslis ook vreemde versoeke!
Nuwe sagteware, vlieënieropleiding vir Boeing se 737 Max
Die lugvaartreus Boeing het nuwe stelsels bekend gemaak om die sagteware van sy teenspoedige 737 Max 8-stralers ná twee noodlottige vliegongelukke te verbeter.
Pretoria-skole ding mee vir goeie doel
Die sewe skole sal mekaar die stryd aansê om te kyk wie die meeste herwinbare plastiek in ses weke kan insamel.
Video: 7 vragmotors in ligte laaie op N3
“Die pad is in albei rigtings gesluit.”
Nuuskommentaar: MRK en haatspraak: Dit lyk en klink soos ’n trein, daarom is dit ’n vliegtuig
Die Menseregtekommissie het reeds ’n lang geskiedenis van juridiese akrobatiek wat sy geloofwaardigheid al verskeie kere erg gekneus het. Sy jongste bevindinge dat uitsprake van die EFF se leiers, onder wie Julius Malema, aanstootlik, maar nie haatspraak is nie, begrawe selfs die laaste greintjie geloofwaardigheid.