Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die sesde episode van reeks 2.
Alles vir Donderdag 6 Augustus 2020
Nuwe vrouemonument onthul
Die monument is opgerig om die Afrikanervroue te herdenk wat die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog oorleef het.
Einde van regspad vir Packham
“Daar kan nou geen twyfel bestaan dat hy korrek skuldig bevind is nie. Ek is natuurlik baie bly dat geregtigheid geskied.”
Willie John het baie vriende, en vyande, op toer gemaak
Wanneer jy van McBride praat, noem jy hom in dieselfde asem as Frik du Preez, Johan Claassen, Avril Malan en Kevin de Klerk, almal slotlegendes wat saam en teen hom gespeel het.
Vandag se sportnuus
Talentvolle Wolvaardt gaan vir die Strikers in Australië speel.
Pa wat dogter verkrag, gevonnis
Die meisie is in Desember 2019 in ʼn huisbrand dood voor die verhoor kon begin.
2 vroue in Pta-Oos vas oor steroïede
Twee vroue is Woensdag by onderskeidelik twee luukse landgoedere in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem in verband met die ontdekking van steroïede ter waarde van miljoene rande.
Twee gevonnis vir drie wrede moorde
Die twee is gevonnis vir die wrede moorde op Elaine Allwright (78) en haar lewensmaat, Ken Alexander (76), asook die moord op Tyrone Plaatjies (49).
Driejarige dood ná bure se honde hom aanval
“Die twee honde is later na die plaaslike DBV gevat om van kant gemaak te word.”
Covid-19-statistieke: Herstelkoers van 71%
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: “Vol bespreek”
Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. (Lukas 2:70)