“Ek kon sedert Donderdag byna nie slaap nie, maar nou is al die gewig van my skouers af en is ek oorstelp van vreugde,” het Sheldon van der Linde gesê.
Alles vir Maandag 10 Oktober 2022
Groot gevaar vir brande op dié plekke
ʼn Hittegolf is boonop op pad na die noorde van die land, wat temperature tot so hoog as 40 °C tot gevolg sal hê.
Tender van miljoene vir firma met Zuma-bande
Die kontrakteur het glo substandaard werk gedoen, terwyl ʼn gedeelte van die geld wat daarvoor betaal is, na bewering na oudpres. Jacob Zuma en sy familie gekanaliseer is.
Moolman vier eerste internasionale sege
Sy wou die einde van die seisoen uitgetree het, maar Ashleigh Moolman-Pasio se besluit om aan te hou jaag, is Sondag beloon.
Gruvonds in Jhb-gebou gemaak
Van die liggame is al so erg ontbind dat dit met behulp van forensiese ontleding uitgeken moet word.
Die begrafnis van Paul Kruger – 16 Desember 1904
Daar is nie net oor Kruger getreur nie, maar oor die Boererepublieke se verlies aan vryheid.
Meer geld kom glo gou vir GPF’s
Bheki Cele, minister van polisie, het burgers wat reeds aktief in die stryd teen misdaad betrokke is, geloof en gesê geld sal binnekort beskikbaar wees om hul hand te sterk.
SA vs Fidji sal bepalend wees
Die twee spanne het nog nooit vantevore teen mekaar gespeel nie en albei lek hul wonde na die afgelope naweek se eerste reeks wedstryde in die WB-toernooi.
‘Geen twyfel aan feller aanslag op boere ná Kill the boer-uitspraak’
“Die erns van die situasie verg dat die regering nou gedwing moet word om plaasaanvalle en plaasmoorde tot prioriteitmisdaad te verklaar.”
ActionSA: Teenstrydige uitlatings oor samewerking met ANC
Senior lede van ActionSA het die afgelope naweek teenstrydige uitlatings gemaak oor of hulle bereid is om saam met die ANC in Gautengse metro’s te werk.
Transnet-staking het ‘verwoestende uitwerking’
Die dooiepunt tussen erkende vakbonde en Transnet het ’n verwoestende uitwerking op die ekonomie, “baie erger selfs in vergelyking met die voortslepende energiekrisis”.
Gedagte vir die dag: Onafskeidbaar
Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry? (Romeine 8:35)