Die oorlogsdokumentêr, “ʼn Pad na Oekraïne”, sal eersdaags op kykNET te sien wees.
Alles vir Dinsdag 15 Augustus 2023
Wen: Geliefde SA rocker neem Amsterdam op horings
Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Karen Zoid se vertoning in Oktober in Amsterdam, Nederland.
Lewende Afrikaanse monumente van hoop
Ons het besef dat ʼn omvattende kulturele infrastruktuur gebou moes word wat Afrikaners in staat sou stel om in Afrika te oorleef. Nie om onsself af te sonder nie, maar om ons juis in staat te stel om hier te kan bly. Ons het ʼn hele beweging van selfhelp-organisasies begin as monumente van hoop.
19-jarige Fils maak Davisbeker-debuut
Arthur Fils gaan sy debuut vir Frankryk se Davisbeker-span maak.
Kans op pakt-regering ‘mag nie vermors word’ – Steenhuisen
“Die een ding wat ons almal deel is die wete dat hierdie pakt ons beste kans ooit is om die ANC te verslaan en die mag uit die EFF se hande te hou.”
Groot hupstoot vir landelike veiligheid danksy trust
Die meeste aansoeke om finansiering is vir die installering of uitbreiding van kringtelevisiekamerastelsels en plaaslike gemeenskappe sê dit die doeltreffendste metode om misdadigers af te skrik en verdagtes op te spoor.
Fynproewers vanjaar behoorlik verkwik met Aardklop-leefstylprogram
Vanjaar word ʼn paar smultoere asook die uiters gewilde Aardklop Langtafel weer aangebied.
‘Heksejag!’ sê Trump ná nog aanklagte
Oudpres. Donald Trump sien rooi nadat daar (vir die vierde keer) strafregtelike aanklagte teen hom aanhangig gemaak is.
Hoe kan Bitcoin waarde hê?
Bitcoin is iets werd juis omdat dwang nie ʼn rol speel nie. Almal kan deelneem, want niemand kan net nuwe munte skep of transaksies blokkeer nie. Die euro het waarde deur dwang, Bitcoin het waarde deur vryheid.
Chris Chameleon: Die onsigbare leed van Klara Majola en Racheltjie de Beer
Die gevoel wat ek vir hierdie kinders gehad het, was ʼn dieper leed as wat ek kon begryp, en dit sou dekades duur voor ek dit uiteindelik kon uitpluis.
Die Piesangskille gly tot bo-aan dié Top-20
Die alternatiewe Afrikaanse groep, Die Piesangskille, se nuutste uitreiking, “Inge 2”, neem die nommer een posisie in.
Uitdrukking: Jou spore verdien
Wat beteken dit as iemand sy spore verdien het? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Resep: Tradisionele pannekoek
Wie kan nou nee sê vir ʼn tradisionele pannekoek?
Verbruikersake: Keer dat stygende koste van gesondheidsorg jou kelder
As jy een van die 16 uit elke 100 Suid-Afrikaners is wat aan ʼn mediese fonds behoort, sal jy weet dat die koste van private gesondheidsorg vinnig styg. Daarom is dit van kritieke belang om die voordele waarop jy geregtig is te verstaan, sodat jy die meeste uit jou mediese fonds kan put.
Nog twee vas ná KwaNobuhle-slagting
Twee mans is in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met verlede maand se massaslagting in KwaNobuhle waar sewe mense doodgeskiet is.
Hawaii-dodetal ‘kan nog verdubbel’
Verlede week se brand in die geskiedkundige kusdorpie Lahaina op die eiland Maui is reeds die dodelikste Amerikaanse veldbrand in ʼn eeu.
Petisie begin teen borgtog vir sakeman se ‘moordenaar’
Die 52-jarige Share se verminkte liggaam is op 5 Augustus tussen bosse naby Albertinia gevind.
Marike de Klerk se moordenaar kry parool
Marike de Klerk (64) is in 2001 in haar woonstel in Bloubergstrand vermoor.
Gedagte vir die dag: ‘Gee ons meer geloof’
“En die Here antwoord: “As julle geloof soos ʼn mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie wildevyeboom gesê het, ‘Trek jou wortels uit die grond en gaan plant jouself in die see,’ en hy sou na julle geluister het.” (Lukas 17:6).