Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn dokter van Thohoyandou nadat die liggaam van ʼn 25-jarige vrou in sy huis op ʼn hospitaalperseel gevind is.
Alle stories op Maroela Media
Plaaskuier ontaard in nagmerrie vir Vrystaat-gesin
ʼn Hoërskoolseun van die Vrystaat se kuier by vriende op ʼn plaas het in ʼn nagmerrie ontaard toe ʼn bakkie waarin hy was op ʼn plaaspad gerol en hy ernstige kopbeserings opgedoen het.
Video: Anna Davel gee feesraad
Maroela Media het met die sangeres Anna Davel gesels om te hoor hoe feesgangers hulself kan pantser teen die Aardklop-hitte – én skares dié naweek.
Boek: Lafras Cuyper in Frankryk 5
Lafras Cuyper word persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die eilandjie Abbé te gaan red.
‘Smokkelaar’ probeer glo doeanebeamptes omkoop
ʼn Vrou is Vrydag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat sy meer as $1 miljoen na Dubai probeer smokkel het.
Video: Sandra Prinsloo oor teateretiket en móét hê-items vir Aardklop
Maroela Media het met die aktrise Sandra Prinsloo gesels oor wat presies teateretiket is en waarom dit belangrik vir teatergangers is om dié etiket toe te pas.
Vrou eers ure later vir slangbyt behandel
ʼn KwaZulu-Natalse vrou moes gister na ʼn hospitaal gehaas word nadat sy op ʼn plaas naby Appelsbosch deur ʼn slang gepik is, maar dit eers ure later agtergekom het.
Orkaan Matthew: Dodetal al meer as 800
Meer as 800 sterftes is reeds aangemeld nadat Orkaan Matthew Haiti vroeër vandeesweek getref het.
Drie kinders, nog twee sterf in gru-botsing
Vyf mense is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagaand op die R34 naby Vrede in die Vrystaat gebots het.
Gedagte vir die dag: Hoop het ’n Naam en Adres
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (Kolossense 1:27)
Op Twickenham gaan dit oor die mindere plekke
Die laaste toets in die 2016-Rugbykampioenskap Saterdagaand (20:30) op Twickenham tussen Argentinië en Australië kan nie vir die All Blacks uit die eerste plek stamp nie, maar is vir Suid-Afrika belangrik.
VSA se rykstes bekend gemaak
Forbes het sy jongste lys van die 400 rykste Amerikaners bekend gemaak. Die miljardêrs op dié lys is gesamentlik $2,4 biljoen werd.
Reeksmisdadiger swaar gevonnis op 65 aanklagte
ʼn Reeksmisdadiger wat vir meer as ses jaar ʼn skrikbewind in gebiede rondom Polokwane in Limpopo gevoer het, is 447 jaar tronkstraf en 22 lewenslange vonnisse opgelê.
[Foto’s] Aardklop vereer kunstenaars
Verskeie kunstenaars onder wie Sandra Prinsloo is Vrydag tydens ʼn intieme geleentheid op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom vir hul werk vereer.
NMMU-studente ‘sal sorg dat universiteit gesluit bly’
Betogende studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het Vrydag gesê hulle sal nie langer met die universiteit se bestuur onderhandel nie, aangesien hulle nie ingelig is dat klasse Maandag hervat word voordat die universiteit dit in ʼn verklaring bekendgemaak het nie.
Boland se voorstes stamp koppe in kwarteind
Die voorste Bolandse klubs stamp Saterdag in die Bolandstadion op Wellington koppe in die kwarteindronde van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker.
Griffons leer die Luiperds ʼn rugbyles
Die Griffons is die nuwe Curriebeker Eerste Liga-kampioen nadat hulle die Luiperds Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom met 44-25 ‘n rugbyles geleer het.
Uitspraak gelewer oor ‘spioenasiebande’-appèlaansoek
Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vorige bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof, wat 783 korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma heringestel het, aan te hoor.
Tutu: ‘Moet my nie ten alle koste aan die lewe hou nie’
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het die aand voor sy 85ste verjaardag gesê dat genadedood mense toelaat om die wêreld met waardigheid te verlaat en dat hy daarom, wanneer hy op sy sterfbed lê, nie ten alle koste aan die lewe gehou wil word nie.
Upington-man kom op skoonpa se lyk af
“Toe een van die buurvroue agterkom dat dit al heeldag stil rondom die huis is en gesien het dat die hek waaragter sy motors geparkeer staan, oop staan, het sy onraad vermoed.”