Wat politieke leierskap betref, is daar nie nou ‘n Afrikaner wat werklik die hand opsteek as een wat Afrikaners oor ‘n breë front saamsnoer nie.
Alles deur die skrywer Herman Toerien
Nuuskommentaar: Om Zuma onverkiesbaar te maak
‘n Kort skande is beter as permanente skade, maar op die oomblik raak die prys vir Zuma se kop al bitter hoog.
Nuuskommentaar: Geleentheid om saak vir Afrikaans oorsee te stel
Geleenthede om die saak van Afrikaans, en sy sprekers te internasionaliseer, moet aangegryp word.
Afrikaanse mense moet die wêreld weet
Verswak algemene kennis? Die ouer garde skud die kop en kla oor die jonges wat geen benul het wat in die wêreld, of selfs die land, aangaan nie.
Nuuskommentaar: Deur die ander se bril – maar skakel die lig eers aan
Dit is maklik om agter ‘n lessenaar te sit en te sê Suid-Afrikaners moet leer om sake ook deur die bril van ‘n ander te beskou…
Nuuskommentaar: Die prys van geweld
Die koste van die geweld in die mynbedryf se berekeninge begin nou beskikbaar word. Vir die kosteberamings van die Wes-Kaapse geweld sal ‘n rukkie gewag moet word.
Nuuskommentaar: Spoke en hul skelmpies
Terwyl Suid-Afrikaners nog kopkrap oor hoe dit kon gebeur dat Marikana so kon ontplof terwyl die owerhede blykbaar geen behoorlike inligting tot die aanloop daarvan gehad het nie, word die VSA weer geskud oor belangrike inligting wat reeds beskikbaar was, maar iewers in die stelsel vasgehaak het.
Nuuskommentaar: Wie De Doorns saai, sal de distels maai
Teen gisteraand het die Wes-Kaapse polisie reeds onluste en stakings in 14 gebiede hanteer, waarvan baie na die De Doorns-vonk teruggevoer kan word. Enorme skade is aangerig, en ‘n polisieman het in die hospitaal beland.
Wêreld se oudste moordsaak nog nie opgelos nie
Israelse argeoloë krap kop oor wie agter die moord van ‘n 19-jarige vrou en ouer man sit.
Nuuskommentaar: Renosters en korrupsie
Die vonnis van 40 jaar wat ‘n Thaise burger onlangs weens sy leidende rol in die smokkel van renosterhoring opgelê is, moet as waarskuwing dien dat Suid-Afrikaners ernstig voel oor die voortbestaan van die enkele renosterspesies en subspesies wat nog bestaan.
Nuuskommentaar: Die dorings van De Doorns
Die geweld by De Doorns het werklik nie nog nodig gehad dat ‘n adjunk-minister kom kwaad stook nie. Adjunk-minister Marius Fransman sit lank reeds by sy base met eier in die gesig omdat hy as Wes-Kaapse leier van die ANC nie dié provinsie, soos die ANC dit stel, kan bevry nie.
Skildery van Picasso se minnares haal $41,5 miljoen
‘n Skildery wat Picasso in 1932 van sy geliefde geskilder het, ‘Nature morte aux tulipes’ (stillewe van die tulpe) is in New York vir meer as $40 miljoen deur Sotheby’s opgeveil.
Nuuskommentaar: President, sukkelpresident, flaterpresident en die mosie van wantroue
Die mosie van wantroue wat die gesamentlike opposisie met die uitsondering van die PAC en twee gatvliegpartytjies, die APC en die Minority Front, teen pres. Jacob Zuma ingedien het, is veel meer as net ‘n simboliese gebaar.
De Doorns-betogers verjaag Zille
Helen Zille, die Wes-Kaapse premier en leier van die DA, is Donderdag deur oproerige, stakende plaaswerkers by De Doorns verjaag.
Aardbewing in Guatemala saai dood en verwoesting
‘n Aardbewing van magnitude 7,4 in die Stille Oseaan aan die kus van Guatemala het die lewe van minstens 48 mense geëis, terwyl tientalle beseer is.
Nuuskommentaar: Speel op Avbob se stoep met persvryheid
Die opdrag van die SAUK se waarnemende nuusbaas, Jimi Matthews aan nuusspanne om onder meer nie meer na Zumaville, Nkandlagate en ander terme wat met Nkandlagate verband hou te verwys nie, kon nie op ‘n slegter tyd vir die land gekom het nie.
Skoonmaak van Fukushima kos miljarde
Die eienaars van die Fukushimakernkragsentrale in Japan wat verlede jaar deur ‘n reuse tsunami getref is, Tepco, sê die skoonmaak gaan sowat R1,2 biljoen (R1 200 miljard) kos.
“Uitgestorwe” dolfynsoort leef toe nog
Die karkasse van ‘n wyfiedolfyn en haar kalf wat aan die kus van Nieu-Seeland gekry is, is geïdentifiseer as die oorblyfsels van ‘n dolfynsoort wat moontlik as uitgesterf beskou is.
Nuuskommentaar: Marikana SA se Bosnië?
Maroela Media was moontlik die eerste medium wat die vergelyking tussen Marikana en Sharpeville getref het. Met die getuienis wat nou voor die Marikana-kommissie van ondersoek dien, lyk dit egter of dit in ‘n metaforiese Bosnië kan ontaard.
Nuwe storm dreig New York
‘n Nuwe storm word teen Woensdag oor die Amerikaanse ooskus verwag, en sal na verwagting oor New York en New Jersey beweeg.