Terwyl die wêreld gister Internasionale dag vir die Uitwissing van Armoede gevier het, het die bedrag geld wat die Suid-Afrikaanse regering glo jaarliks aan spyseniering spandeer – R5 miljard – opslae gemaak.
Alles deur die skrywer Herman Toerien
Obama kry neus voor in debat
Na ‘n lustelose pres. Barack Obama in die eerste van drie debatte met sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, ‘n liederlike drag slae op die lyf geloop het, was die aandag gisteraand skerp op die tweede debat.
Nuuskommentaar: Jub Jub – moord en opset
Die sanger Jub Jub en ‘n medebeskuldigde is op vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord skuldig bevind nadat hulle tydens ‘n onwettige straatwedren, en onder die invloed van dwelms, tussen ‘n groep skoolkinders ingejaag het.
Nuuskommentaar: Weerlig op die openbare beskermer
Sedert dit duidelik geword het dat die huidige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, haar grondwetlike taak ernstig opneem, is die vraag gevra hoe lank die ANC dit sal duld.
Nuuskommentaar: Kul jou hier, kul jou daar se gekierang vir Mangaung
In die jongste uitgawe van die Mail & Guardian verskyn ‘n berig waarin ANC-lede in Mpumalanga beweer takke wat pres. Jacob Zuma steun se lidmaatskapsyfers is op bedrieglike wyse aangedik.
Nuuskommentaar: Mantashe en die landbou
Grondgryp: Dit sal ‘n ruk duur voor vasgestel sal word of Gwede Mantashe se oggendpraatjie gister by Agri SA se nasionale kongres, en die ANC se aandpraatjies by die ANC se kongres aan die einde van die jaar ooreenstem.
Wêreld-meisiesdag: Meisies moet jonk trou om verkragting te voorkom
Terwyl die VN vandag op Wêreld-meisiesdag juis kyk na die probleem dat bitter jong meisies in gereëlde huwelike beland, het ‘n Indiese “raad van wyse ou manne” aanbeveel dat meisies juis jonk moet trou om verkragting te bekamp.
Chinees wen Nobelprys vir letterkunde
Die Chinese skrywer, Mo Yan is as wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde aangewys.
TV-stasies reg om Jesus se wederkoms regstreeks uit te saai
Twee groot Amerikaanse Christelike televisiestasies is gereed om Jesus se wederkoms by die Olyfberg in Jerusalem regstreeks uit te saai.
Nuuskommentaar: Diktatuur van die meerderheid
Die hofsaak wat die IVP-LP, dr. Mario Ambrosini in die grondwetlike hof gewen het, vestig opnuut die probleem van wanneer ‘n demokrasie in ‘n diktatuur van die meerderheid ontaard.
Stonehenge toe reuse kunsgalery
Laserstudies aan die oppervlak van die reuse rotsblokke waaruit Stonehenge saamgestel is, dui daarop dat dié antieke monument ook as ‘n kunsgalery gedien het, aldus inligting wat pas bekend gemaak is.
Nuuskommentaar: Wolf, wolf, hoe laat is dit?
Grondhervorming in Suid-Afrika kan kwalik bekostig om op onkunde en emosies gebou te wees, maar dit is…
Nuuskommentaar: “Europa moet SA se grondwetlike proses navolg”
Akademici het voorgestel dat Europa die Suid-Afrikaanse grondwetlike proses volg om ‘n grondwet op te stel. En hulle stel voor dat Europa die knieë lig om die proses aan te pak.
Brit en Japannees kry Nobelprys vir geneeskunde
Die Karolinska-instituut in Swede het die eerste wenners van vanjaar se Nobelprys bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Is SA in ʼn noodtoestand?
Die huidige vlag stakings en die geweld waarmee dit gepaard gaan, het die vraag laat ontstaan of dit nie nodig is dat ‘n noodtoestand afgekondig word nie.
Nuuskommentaar: Staat (of gebrek daaraan) van Anargie
Met die obsessie van pleknaamsveranderinge en die vind van gepaste name, is die moontlike naam, Anargie, so ver bekend nog nie voorgestel nie.
Sweedse koning boos oor naakskildery
Die Sweedse koningshuis is ontstoke oor die publikasie van ‘n skildery in ‘n tydskrif wat uitbeeld hoe die koning pizza van ‘n naakte vrou se lyf af eet.
Mynstaking gee goud glans
Die goudprys het vandag tot sy hoogste vlak die afgelope jaar gestyg.
Obama verloor eerste debat
Kenners is dit bykans een dat die Republikeine se presidentskandidaat, Mitt Romney, die beste daarvan afgekom het in gisteraand se eerste regstreekse debat teen pres. Barack Obama.
Turkse artillerie dood Siriese soldate
Die Siriese burgeroorlog het ‘n nuwe fase bereik na Turkse artillerie ‘n onbekende aantal soldate van die Siriese weermag in ‘n weerwraakaanval doodgemaak het.