Ses mense van Mpumalanga wat op pad was na Mosambiek met vakansie is Donderdag in ʼn afgeleë, beboste gebied in die noorde van KwaZulu-Natal gevind nadat hul twee voertuie gekaap is.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Man vas ná bomdreigemente aan banke
ʼn Man wat in Augustus talle bomdreigemente aan twee van die land se grootste bankgroepe gemaak het, is vandeesweek deur die Valke vasgetrek.
‘Rower’ ontsnap kort na Jhb-polisie hom vastrek
Drie vermeende rowers het Donderdag uit die Mondeor-polisiestasie in Johannesburg ontsnap kort nadat hulle in hegtenis geneem is.
Jong man dood ná onderonsie by Pta-nagklub
Shane Boruchowitz (23) is glo dood nadat hy probeer het om ʼn bakleiery wat tussen sy vriende en ander klubgangers ontstaan het, stop te sit.
16 vas wat glo verpleegskool aan die brand steek
Die polisie in Limpopo het 16 mense in hegtenis geneem nadat ʼn verpleegskool in Glen Cowie verlede week tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is.
TV-ster dagvaar ná bewerings oor Pta-botsing
Twee mense wat glo beweer het Nape Phasha, die student wat aan die werklikheidstelevisiereeks Rich Kids deelgeneem het, was betrokke by ʼn botsing waarin ʼn motorfietsryer gesterf het, word nou vir laster gedagvaar.
Vrou wéér beroof: ‘Daar is net te veel haat in hierdie land’
“Ek het geweet as ek hardloop, sal hy my in die rug skiet. Wat kan jy doen? Jy staan net daar en jy bid dat jy hierdie rooftog ook oorleef.”
Jhb-kleuter al maande in koma weens breinvliesontsteking
“Daar kom tye wanneer sy vir ʼn kort rukkie self asemhaal, maar dan val sy weer terug en moet weer sy ten volle deur die ventilator ondersteun word.”
Man dood toe trok deur ongelukstoneel ploeg
ʼn Man is dood en nog een ernstig beseer tydens ʼn grusame trompop-botsing Woensdagoggend in Vanderbijlpark.
[Foto’s] Heilbron loop wéér onder brandstigters deur
Nege voertuie is Maandagaand op verskeie plekke op Heilbron in die Vrystaat aan die brand gesteek.
[Video] ‘Finale rusplek’ ná pa en seun van Pta in vliegongeluk sterf
“André het dit wat ek in gedagte gehad het perfek vasgevang. Elke oggend as ek na daardie standbeeld kyk, ervaar ek soveel vrede. Dit is so mooi gedoen.”
Da Costa-kinders finaal gegroet: ‘Hierdie verlange is vir ewig’
“Daar is nie woorde om te beskryf hoe ek voel nie. Ek is leeg. Ek is stukkend. Dit is vir ewig – hierdie verlange is vir ewig.”
Skolier vas ná mesaanval op medeleerling
ʼn Gr. 10-leerling van ʼn Vrystaatse hoërskool is in hegtenis geneem nadat hy ʼn medeskolier glo agt keer met ʼn mes gesteek het.
Geskiedenis gemaak toe Zimbabwiese eiendom onder hamer kom
Internasionale regsgeskiedenis is Maandag in Kaapstad gemaak toe die eerste eksekusieveiling van ’n Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika plaasgevind het, as ’n regstreekse gevolg van pres. Robert Mugabe se menseregtevergrype in die land.
Egpaar wreed aangerand, gebrand op Mpumalanga-plaas
Die gewapende aanvallers het die egpaar vasgemaak en erg aangerand. Hulle het daarna ook die vrou met ʼn strykyster op haar liggaam en in haar gesig gebrand.
Drie kinders beseer in fratsongeluk by laerskool
Drie kinders is Maandagoggend beseer tydens ʼn fratsongeluk by ʼn laerskool in Wartburg, KwaZulu-Natal.
[Foto’s] Dwelmlaboratorium in spogwoonbuurt in Jhb ontdek
Die Valke het Donderdagaand op ʼn reuse dwelmlaboratorium in ‘n huis in ʼn spogwoonbuurt in Johannesburg afgekom.
Chaos by Limpopo-laerskool toe betogers perseel binnestorm
Onderrig by die Laerskool Pietersburg-Noord in Polokwane is Woensdag erg ontwrig toe ouers en leerders van ʼn laerskool in Seshego die skoolperseel binnegekom het, tafels en stoele rondgegooi en enkele leerders rondgestamp het.
Boelie-video: Skool vra vir permanente skorsing van leerders
Die beheerliggaam van Laerskool Randfontein het aanbeveel dat die drie seuns wat glo betrokke was by ’n voorval waartydens ʼn gr. 7-leerder gewelddadig deur medeleerders aangerand is, permanent uit die skool geskors word.
Drie jonges op heterdaad betrap tydens hondegeveg
Drie jong seuns is Woensdag in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle met ’n hondegeveg besig was.