Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke was daar van 1 April 2015 tot 31 Maart 2016 meer as 7 300 aangemelde kapings in Gauteng. ʼn Lys is intussen beskikbaar gemaak van sogenaamde hoërisiko-kapingsareas.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie
Oudisies vir Fiela se kinders
Frans Swart, regisseur en vervaardiger van Fiela se kind sê hy is baie opgewonde om weer bos toe te gaan en hierdie wonderlike storie van Fiela te vertel.
Woord: hospitaal
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “hospitaal”
Waarskuwing vir erge storms uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag ʼn waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms oor groot dele van die land wat moontlik met hael en stormsterk winde gepaard kan gaan.
[Foto’s] ʼn ‘Reënboog’ in die kunsgalery
Gabriel Dawe, ʼn Meksikaans gebore kunstenaar, het ʼn merkwaardige mensgemaakte reënboog in die Toledo-kunsmuseum in Ohio, VSA, opgerig.
Taalgebruik: proe of smaak?
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “smaak” en “proe”
Polisiekommissaris dalk vervolg
Genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, is glo na die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) se kantore ontbied om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê in verband met ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.
Gedig: Weer eens
“ek kom weer eens nie uit met my budget nie, die suiker en die melkkoepons is op…” Antjie Krog se gedig, “Weer eens”
[Video] Indrukwekkende skuinslanding in erge storm
Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.
Grootste fondsinsameling ooit deur SA universiteit
Die Universiteit van Johannesburg se fondsinsamelingsveldtog vir die sogenaamde “vergete middel”, een van die grootste fondsinsamelingsveldtogte ooit deur ʼn Suid-Afrikaanse instansie vir hoër onderwys, het R100 miljoen ingesamel om die studies van bykans 2 500 studente te ondersteun.
Maatskappy reageer oor ‘Doom-profeet’
Tiger Brands het in ʼn verklaring gesê die maatskappy neem kennis van die onlangse optrede deur profeet (Detective) Lethebo Rabalago waar Doom-insekweermiddel in persone se gesig gespuit word as deel van aanbidding.
[Foto’s] Reuse happies vir die kleinste mensies
Matteo Stucchi, ʼn bakker van Monza, Italië, het soettande wêreldwyd gaande met sy miniatuurkarakters wat die nageregte “maak”.
De Doorns-aanvallers was glo reeds besig om in te breek
Die drie mans wat Johan en Elmarie de Klerk op ʼn plaas in De Doorns aangeval het, was vermoedelik reeds besig om in te breek, toe Johan die deur oopgemaak het.
Uitdrukking: Lont ruik
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “lont ruik”
Huishulp vas ná moord op ma
Wilma van Tonder, ʼn ma van twee, is op 12 Oktober wreed vermoor in ʼn veiligheidskompleks in Scealesweg in Lonehill in Johannesburg.
Woord van die week: fokus
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “fokus”
Wenke om doeltreffend te leer
Gaan weer deur die werk, gaan deur die vrae wat jy geformuleer het en maak seker jy ken die werk. Neem nou ’n stuk papier en skryf ʼn toets sonder om na die werk te kyk.
Polisie bevestig presidensiële eenheid het voetganger getref
Selepe het bevestig dat, alhoewel die polisiebeampte aan diens was, berigte dat die ongeluk plaasgevind het terwyl die voertuig deel was van ʼn “blouligkonvooi”, heeltemal onwaar is.
Polisiebeamptes in hof oor renosterstropery
Twee konstabels van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en vier siviele mans sal Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery.
[Foto’s] Luukse motorboot sink by Gordonsbaai
ʼn Luukse motorboot het Sondagoggend in Gordonsbaai, aan die ooste kant van Valsbaai, gesink, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.