Gardens (Uitenhage) en Spring Rose (New Brighton) sal alles in die stryd werp wanneer hulle Saterdag op die WJ de Wetstadion op Despatch in die finaal van die Oos-Kaapse Super12-liga kragte meet.
Alles deur die skrywer Piet Ebersohn
Twee Blou Bulle-klubs gooi spanne saam
Twee klubs van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) is voornemens om hul spanne bymekaar te gooi vir vanjaar se Carltonseisoen.
WP-klubs: ou-ou tradisie swig voor heropbou
Dalk die oudste derby in SA rugby het in die slag gebly vanweë die opbouproses waarin een van die deelnemers hom bevind.
KZN-klubs: Quins kry groot slae op eie rugbydag
Durban Harlequins het Saterdag op een van die warmste dae van die jaar groot slae op sy eie Ronnie van Rooyen-rugbydag op die Bluff gekry.
Valkeliga: Brakpan behaal tweede honderdtal
Brakpan het die tweede opeenvolgende Saterdag in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga `n honderdtal op die rugbyveld behaal.
Bolandliga: Moorreesburg seëvier dramaties
Moorreesburg het Saterdag sy tuiswedstryd teen Vredenburg in die streek SwartWeskus van die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker in die doodsnikke gewen.
Assupolreeks: Bobbies bo in rugbyskouspel
Pretoria Polisie is die nuwe Assupolkampioen nadat hy die Tukkies Saterdag in `n skouspelagtige eindstryd op Loftus Versfeld geklop het.
SWD-liga: Verrassings steek vroeg al kop uit
Die onvoorspelbare Premierliga van die Suidwestelike Distrikte het sommer vroeg-vroeg sy eerste reeks verrassings opgelewer.
WP-klubs: Durbell bevestig sy GB-aanspraak
Die oop klubs se nasionale kampioen, Durbanville-Bellville, het Saterdag die beste aanduiding dusver gegee dat hy nie die Goue Beker (GB) op `n skinkbord gaan weggee nie.
Oos-Kaapse Super12: dis `n OP-eindstryd
Spring Rose en Gardens het seker gemaak dat twee spanne van die Oostelike Provinsie Saterdag op Despatch die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks betwis.
Valkeliga: niemand wil in Nigel se skoene staan
Niemand wil Saterdag in Nigel se skoene staan as hy in die opstellende ronde van die Valke-rugbyunie (VRU) se Peregrineliga teen Brakpan te staan kom nie.
SWD-liga: Barbarians kan Progress gas gee
Progress van George kan `n kwaai aanslag van Barbarians verwag wanneer dié twee spanne Saterdag in die Suidwestelike Distrikte se Premierliga kragte meet.
Bolandliga skop op oor die honderd plekke af
Die Bolandse klubligas skop Saterdag op net oor die honderd plekke af.
Twee eindstryde ‘oorgespeel’
`n Mens kan maar sê twee provinsiale eindstryde word “oorgespeel” in die belangrikste kragmetings Saterdag in die eindstryde van die Noorderbonde se Assupolreeks op Loftus Versfeld in Pretoria.
Hofsaak, onsekerheid rede vir GB-uitstel?
Die verwagte uitreiking Donderdag van die bepalings vir die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker is opgeskort.
OP-klubs wil Super12-eindstryd oorheers
`n Uitenhaagse derby en `n poging van Spring Rose om die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks tot spanne uit die Oostelike Provinsie (OP) te beperk, kenmerk Saterdag die halfeindronde van die reeks.
Tradisionele klubstruktuur uitgedien, sê promotor
Veranderde omstandighede noodsaak dat daar afgesien moet word van die tradisonele beskouing dat junior en senior spanne in dieselfde klub gehuisves word.
RUGBYKUIERPLEK
Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
KZN-vleuel maak buiging met vier drieë
`n KwaZulu-Natalse vleuel het Saterdag vier drieë in sy eerste wedstryd vir sy klub se eerste span gedruk.
Valkeliga: Merlinhouer klim eerste trappie
Die Valke se Merlinliga-kampioen, East Rand United (ERU), het sy eerste trappie na `n plek in vanjaar se Peregrineliga geklim deur een van verlede jaar se senior klubs in die uitspeelronde vir Peregrinestatus te klop.