Vir ’n hele ent anderkant die Nwatinwambu-rivier, op pad na Onder-Sabieruskamp, is die veld redelik rustig. In ’n stadium gewaar ons ’n klein luiperdskilpadjie wat oor die pad beur, en waar die pad teen die Sabierivier verbyloop, staan ’n klipspringer op ʼn groot klip.
Gesinsrituele maak Kersfees besonders
Liefdesrituele is ’n baie belangrike voorvereiste vir die vorming van “bruggies” tussen die verskillende dele van ’n kind se brein.
Kersfees: Laat sy Lig deur die klatergoud skyn
Kersfees is op ons. Die klokke het in Oktober al begin lui en Boney M kielie elke jaar my ore ’n rapsie vroeër. Kersvader sweet met sy katoenbaard en rooi wolle in die Laeveldhitte …
ʼn Credo teen middelmatigheid
Uitnemendheid, as ons die situasie in Suid-Afrika eerlik bekyk, het in sekere kringe ʼn nuwe vloekwoord geword; middelmatigheid die nuwe modewoord, skryf Johan Schoeman.
Oom Herrie se kerrie: Ween oor ‘Cophsees’
Voor daar ’n misverstand kom, laat oom Herrie dadelik sê hy het niks teen Engels nie. Om die waarheid te sê, oom Herrie ken die verskil tussen “yes” en “not yes”.
Woordeskat, geheue en logiese denke is kennis
ʼn Belangrike kenmerk van die mens om altyd in gedagte te hou is dat ʼn mens niks weet of kan doen wat sy nie geleer het nie. Woordeskat, geheue en logiese denke is egter kennis en vaardighede, en moet dus aangeleer word.
’n Wêreld vol wonderwerke
Ek en my vriend Gert sit verlede week op die strand in Mabibi terwyl die son sak. Ons verwonder ons aan die feit dat alles wat ons sien bestaan uit dooie atome, wat 99,9% uit leë ruimte bestaan.
As ouers Eli word
Ons bekommer ons oor jeug wat grense verskuif, gesag uitdaag, anders optree en vreemd kyk na dissipline – lê die fout dalk in ons Eli-ouers? As ouers Eli word, is ons samelewing in ʼn gemors.
Geluk in ‘n eenvoudige maaltyd
Mag ʼn eenvoudige maaltyd berei met liefde en sorg, jou gelukkig maak. Indien jy kos gebruik om jou emosionele seer te herstel, bely dit voor die liewe Vader en vra Hom om jou te help deur hierdie proses om jou verhouding met kos te herstel, want Jesus vul jou hart en jou lewe en kos hoef nie hierdie rol te speel nie.
Op Vlerke: Van Wolhuter se uitspanplek tot anderkant die Sandrivier
Ná ons die oggend daar by die Nyamundwadam weg is, sien ons drie kameelperde wat ʼn ent weg langs die Doispanepad aan doringstruike se blare staan en vreet met hul koppe bo tussen die takkies ingedruk.
Positiewe protes teen swak leierskap
Die groot vraag is dus egter nie of ons rede het en móét protesteer nie, maar hóé ons moet protesteer sodat dit doeltreffend en effektief is.
Oom Herrie se kerrie: Familie by die see
Al sê die HAT dis deesdae in die haak in, gee dit oom Herrie steeds die horries as mense van hul familie praat wanneer hulle eintlik hul gesin bedoel.
Verstaan wat jy lees met logiese denkoefeninge
Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet, gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees.
Wat definieer jou identiteit?
As ons weet wie ons is, sal ons weet waarheen ons op pad is.
Kloof tussen Kerskous en Kerskoors
Statistieke dui daarop dat die gaping tussen arm en ryk al groter word. Die arm mense word nog armer en die ryk mense nog ryker. Die sogenaamde middelklas is stadig maar seker aan’t verdwyn.
Leesbegrip is die doel van lees
Leesbegrip is die doel van lees. Die rede waarom ons lees is immers om sin te maak uit dit wat op die bladsy geskryf staan. Wanneer ʼn kind vlot lees, aanvaar ons dat sy verstaan wat sy gelees het, maar 3 tot 10% van vlot lesers begryp nie wat hulle gelees het nie.
Oom Herrie se kerrie: Lag, en die wêreld wonder wat makeer jou
Oom Herrie is mos maar iemand wat wyd hou om die politiek, maar onlangs het onse prez (al weer) in die parlement gegiggel, gegrinnik en gelag toe hy eintlik moes gehuil het.
Reis soveel as moontlik
Ek het baie lesse oorsee geleer, maar die grootste les was dit: As jy jouself toelaat om dinge te beleef wat nie noodwendig in jou gemaksone val nie, sal ʼn nuwe wêreld vir jou oopgaan.
Oom Herrie se kerrie: Brille en pille
Iets wat oom Herrie die hiper-pieperellakoors wil laat kry, is as die openbare uitsaaier se Afrikaanse omroepers van iemand se “brille” praat as hulle net een bril bedoel.
Jy kan jou kind met disleksie help
Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as iets verkeerd is met iemand se brein, niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.