Hulle stories breek my hart, maar die gelag in die sitkamer stel my gerus, want hier het hulle ʼn tuiste gevind, ek is seker daarvan.
Valentynsdag vir alleenlopers
My e-pos loop oor van advertensies met spa-pakkette vir “my en my geliefde” en ek kan selfs rose gratis laat aflewer as ek nóú bestel. Sug.
Oom Herrie se kerrie: Hoes of betaal, is die wet wat faal
Oom Herrie sien roofkykers skuld die Esybiesie ’n allemintige R32,5 miljard. Of liewer, voor oom Zumpie se Nenegate was dit nog baie geld, want sedertdien is die rand nog swakker as wat dit was en is R32,5 miljard seker nie meer iets om oor huis toe te e-pos nie.
As hierdie teddiebeer darem kon praat
Sy het hom versigtig op haar bed teruggesit en met ʼn breë glimlag na haar ma gekyk. “Wie weet, dalk sit hy eendag iewers in my dogter se kamer terwyl sy matriek skryf.”
Harde werk kan lees- en wiskunde agterstand laat kwyn
Om nie tyd te mors nie, sal dit dus goed wees om te begin met ʼn evaluasie om die oorsaak van sy agterstand te bepaal — het hy bloot ʼn kennisagterstand of dalk ʼn vaardigheidsprobleem?
Voert! Jou lekker ding!
Nie-Afrikaanssprekendes ken nie hierdie lekker woord nie. As jy aan geen ander snedigheid kan dink wat jy iemand wil toesnou wat jou te na gekom het nie en jy eindig met “Voert!”, is dit nou dalk nie baie móói nie, maar darem baie bevredigend.
Oom Herrie se kerrie: Hael soos gholfballe
Soos dit dikwels gaan as dit na ʼn droë tydperk begin reën, het die Herries vanjaar ook ʼn woeste storm of wat beleef.
Baba se eerste lewensjaar: Wat elke nuwe ouer moet weet
Ek vind ouers is baie meer bewus van hul kinders se fisiese ontwikkelingsmylpale as die psigies-sosiale mylpale.
Die droogte is gebreek
Vandag besef ek eers die werklike dankbaarheid agter hierdie skamele vier woorde: “Die droogte is gebreek!”
Oom Herrie se kerrie: Kankerbalkies hier verbied
Kleintyd het die kleine Herrie aan pa en ma aangekondig hy is nou groot, en wil begin rook. Pa en ma was op die plek inskiklik, en neem die kleine Herrie na ’n winkel in Stellenbosch se middedorp. Waffet soort sigarette dit was, weet oom Herrie nou nie, want hy kon destyds nog nie lees nie.
Oom Herrie se kerrie: Resies met ’n spook
Dis Oujaarsaand hier teen die einde van die groot oorlog teen Duitsland, en die opskop is oudergewoonte op oom Koos en tannie Rita se plaas Platboom in die distrik Theunissen.
Omgee-gemeenskap vir tieners in nood
Die huise bestaan uit ongeveer tien kinders en vier mentors elk. Die doel van die mentors is nie net om te help met alledaagse dinge nie, maar hulle is ook daar vir emosionele bystand en leiding.
2016: Vat hande, bid saam en help mekaar
Daar is wonderlike juwele in die Bybel wat my kompas is vir die Solidariteit Beweging in 2016.
Oom Herrie se kerrie: Die verlore tas
Die saak is nou in die hande van die polisie, maar dit laat oom Herrie aan ’n ander tasvoorval dink van jare gelede.
Suid-Afrikaanse uitvinders staan uit
Sy hart het gebreek toe sy juffrou nie Suid-Afrikaners onder die top-uitvinders lys nie. Bid jou dit aan. Maar Suid-Afrikaanse uitvinders staan nie terug vir dié van ander lande nie.
Engele in Istanbul
Wanneer ʼn mens op hierdie manier reis, verloop dinge nie altyd so glad nie…
Musina se Kersgeskenk
Kort anderkant Louis Trichardt kruie ons die Soutpansberge uit op die N1 na Musina. Die pad kronkel deur die Hendrik Verwoerd Tonnels en ek is vir die soveelste maal verstom dat die naam steeds, ná meer as twintig jaar, nie verander het nie.
Die krag van die laer
Geloftedagtoespraak deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit te Hooggelegen op 16 Desember 2015.
Kersfees deur ’n ander bril
Here, gee dat ek in die Kerstyd wat kom deur ’n splinternuwe bril na die Geboorte sal kyk. Plant in my die sade van nuwe waardering vir die laaste offer, die Groot Genade.
Die minder mooi neef
“Nou wat darem waar is, is wraggies wáár,” laat Oom Sopie hoor. Ons het hom dadelik geglo, wat dit ook al is waarvan hy gepraat het. Want wat Oom Sopie waar verklaar het, sal in geen hof betwis kan word nie.