Wat ’n verrassing dat die wyse waarop God hierdie lig, hierdie groot verandering teweeg sou bring, ’n kind is – die Kind in die nag, wat die wanhoop van sonde en smart sou kom verdryf!
Gedagte vir die dag: Sy plek is nie leeg by ons feestafel nie
Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek. (2 Korintiërs 2:14)
ToekomsVenster: Die ware betekenis van Kersfees
Help mense om die skakeringe van Kersfees te verstaan. Dis lag met ʼn traan. Dis gedempte vreugde. Dis hartseer bly. Kersfees het teen ʼn verbysterende prys gekom.
Gedagte vir die dag: Jesus praat Immanueltaal
“Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.” (Hierdie naam beteken: God is by ons.) Matteus 1:23
Gedagte vir die dag: Jesus is nie Kersvader nie
Sy het daar aangekom net toe Simeon met Maria en Josef gepraat het, en sy het God begin prys. Sy het oor Jesus gepraat met almal wat verlang het na die bevryding van Jerusalem. (Lukas 2:38)
Gedagte vir die dag: Genade te midde van oordaad
Here, nou kan u dienskneg in vrede sterf soos U my beloof het. (Lukas 2:29)
ToekomsVenster: Loof die Here vir sy onuitspreeklike genade
Loof die Here dat Hy vir jou goed is. Staan ʼn oomblik stil en loof die Here vir sy onuitspreeklike genade.
Gedagte vir die dag: Wat beteken “geseënde Kersfees”?
Die skaapwagters het teruggegaan na die veld en hulle kuddes terwyl hulle God loof en prys oor wat die engele vir hulle vertel het, en omdat hulle die Kind gesien het, net soos die engel gesê het. (Lukas 2:20)
ToekomsVenster: Hou jou oë op Jesus
Waar Hy lei daar sal ek meegaan. Tot die end.
Gedagte vir die dag: Van geskenk tot Geskenk
Toe hulle in die huis ingaan, sien hulle die Kindjie by Maria, sy ma, en hulle val voor Hom neer en aanbid Hom. Toe maak hulle hulle kissies met kosbaarhede oop en gee aan Hom geskenke van goud en wierook en mirre. (Matteus 2:11)
ToekomsVenster: Moenie nou momentum verloor nie
Moenie nou momentum verloor nie. Hou jou oë op die bal. Neem so aan die wedren deel dat jy die prys kry, leer Paulus ons.
Gedagte vir die dag: Kom rus by die Christuskind
En jy, Betlehem, in die landstreek van Juda, jy is beslis nie die onbeduidendste dorpie in Juda nie; want uit jou sal daar ’n leier voortkom wat my volk Israel sal versorg soos ’n skaapwagter sy skape. (Matteus 2:6)
ToekomsVenster: Dit is God se definisie van wen
Help hulle wie se knieë lam geraak het en uitgesak het hierdie jaar.
Gedagte vir die dag: God se Vreugde-Kind is hier
Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het. (Lukas 2:14)
ToekomsVenster: Die Here is soveel groter as ons gedagtes
Die Here is soveel groter as ons gedagtes. Net om die Bybel na behore te verstaan kan nie in een leeftyd ingepas word nie. Lewenslesse kom teen ʼn prys. Somtyds het ons met trane en ongemak betaal. Moenie die lesse wat jy geleer het geringskat nie.
Gedagte vir die dag: God is nie buierig nie
Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem. (1 Johannes 4:10)
Gedagte vir die dag: Deel van die kruisbrigade
Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is. (Efesiërs 2:17)
Gedagte vir die dag: So groei jy geestelik
Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (1 Petrus 2:1)
ToekomsVenster: ’n Stukkie vrede in jou gemoed
Eerste dinge eerste. Diep asemhaal en uitblaas. Stadig. Nog ʼn keer. Jy hoef nie alles vandag in te pas nie. Ontspan.
Gedagte vir die dag: Moenie karakter en talente verwar nie
Dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. (Jesaja 40:31)