“Ons woon in ʼn land wat oortrek is met natuurlike skoonheid, of dit nou berge, strande of woude is.”
Motorverkope: Groot skommelinge onder top-10-vervaardigers
Te midde van beter as verwagte voertuigverkope in Junie vanjaar was daar redelik dramatiese skommelinge onder die sogenaamde toptien-vervaardigers.
Dié KTM ewe skerp weg van die baan
Dit is een ding om die 790 Duke om Kyalami te jaag, maar hoe sal hy vaar in ʼn alledaagse pendelrol? Brian Cheyne het by KTM gaan aanklop en gevra of hy dié oranje middelgewig in stadsverkeer ook kon ervaar.
Kaapse ouma (80) en haar Tazz op pad terug van Londen
Die 80-jarige Kaapstadse ouma wat die lang pad tussen die Kaap en Kaïro voorheen in haar 20 jaar oue Toyota Tazz aangepak het, het nou in dié einste motortjie weer van die Kaap tot in Londen gery – en nou sy is reeds weer op pad terug huis toe.
Beskerm jou motor só teen misdadigers
Volgens die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika word daar daagliks by soveel as 382 motors in Suid-Afrika ingebreek, met meer as 139 000 van dié voorvalle elke jaar.
Padveiligheid: Privaat opleiding is elke sent werd
Toe ek so ’n paar jaar gelede begin gholf speel het, het ek nie vir een les gegaan nie. Hoe moeilik kan dit tog wees? Tog – as ek van die begin af vir lesse gegaan het, was my rekening soveel minder en my gholfstokke dalk nou nog in my besit. Dit geld ook vir motorfietsry.
Basiese opvoeding: Elke kind se reg
Swak basiese onderwys skend nie net elke kind se basiese menseregte nie; dit raak ons almal. Dit beïnvloed die ekonomie, dit belemmer persoonlike ontwikkeling, en dit ontneem mense van ’n ordentlike lewe.
Kinders leer hoe om met mekaar te speel
Van der Merwe benadruk dat kinders onder die mees kwesbare lede van die gemeenskap is.
Matriekvraestelle binnekort beskikbaar op jou foon
“Met dié groen lig wil die iPass-span daarin probeer slaag om hoop te bring vir talle leerders wat droom om geleenthede te verkry deur goeie punte op hul matrieksertifikaat.”
Podlitiek: Die NGV as kwaksalwery, wat maak die DA, en Twitter se dubbelstandaarde
In hierdie episode gesels Daniël Eloff, Paul Maritz en Hermann Pretorius oor die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daaroor, die DA se huidige uitdagings – spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak – en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.
Die koste om ʼn baba groot te maak
Net so ongelooflik oulik en opvreetbaar pienkvoete kan wees, net so vreet die onkostes om hulle groot te maak ongelukkig aan jou sak.
Die verhaal van die blinde motorfietsryer
Ek stap oor na iemand wat daar rondstaan en vra vir Jason. “Jason help net gou die blinde ryer,” antwoord die vreemdeling. “Die wat?” vra ek verbaas. In die koue het ek seker nie reg gehoor nie. “Jacob. Die blinde ryer. Hulle help hom net gou om op die baan te kom.”
Wiki – wat?
Almal sê hulle wil iets doen vir Afrikaans en almal wil hul mooi moedertaal behoue laat bly sodat ons kinders se kinders dit ook nog eendag kan praat.
Moody’s meen Mynbouhandves, gronddebat strem ekonomie
Ontleders sê sou een van die agentskappe Suid-Afrika afgradeer, die ander twee daarop sal volg.
Onderwys in China: Pas op vir sogenaamde agente
Met die eerste groep jong Suid-Afrikaners wat veilig terug is in die land nadat hulle sonder hul paspoorte in China gestrand was, is dit nou tyd om die hele affêre in oënskou te neem. Wie se skuld was dit dat hul paspoorte afgeneem is, en wie moet die dank kry dat hulle nou terug is?
Facebook-groepe kan jou eersdaags laat opdok
Administrateurs sal ook kan kies of hulle die bestaande groepe wil behou en sekere inhoud slegs met betalende lede wil deel.
Bekendstelling: Só vervoer jy ʼn gesin
Die nuwe H1 het ʼn opgeknapte sierrooster, buffer, mis- en hoofligte. Die kantprofiel is onveranderd en in die kajuit is die slim inligtingstelsel nou standaardspesifikasie.
Sardienloop aan die Suidkus
Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie.
Klankleer is die kern van lees
Wat wil jy bereik met ’n leesprogram in die grondslagfase? Dit is ’n kritiese vraag.
Vermy dié kossoorte as jy hoë cholesterol het
Hoë cholesterol is ʼn probleem wat veral in Suid-Afrika aan’t toeneem is, moontlik weens ons hoë inname van rooivleis.