Trou jy of iemand wat jy ken binnekort? Kyk hier hoe jy die jongste trourokgiere ten beste kan benut.
Tegnologie ingespan om lisensiehernuwings te vergemaklik
Byna alle motoriste wat al ʼn bestuurslisensie moes hernu ken die frustrasie van lang rye en ure se gewag om dié onvermydelike takie afgehandel te kry. Nou het die Tshwane-metro tegnologie ingespan om dié proses aansienlik te vergemaklik vir inwoners.
Laerskoolseuns hou SA se naam hoog in VSA
Is dié seuns dalk die volgende Elon Musk en/of Anton Musgrave?
Luister: Watter gevare hou droë oë in?
Ooggesondheid is iets wat in die meeste gevalle agterweë gelaat word omdat die simptome van oogsiektes waarskynlik nie so hard vir aandag jil soos ʼn seer keel of ʼn lam arm nie. Maar selfs ʼn toestand soos droë oë, iets wat die meeste mense as algemeen aanvaar, kan tot permanente skade lei.
Verbruikersake: Tog net nie aanlyn bedrog met my bank nie!
Aanlyn bedrog met jou bankrekening is sekerlik een van die dinge in ’n mens se lewe wat jy nie eers jou grootste vyand toewens nie. Ina Opperman gee raad oor hoe om hierdie soort bedrog te voorkom en wat om te doen as dit wel gebeur.
KTM 790 Duke: ‘My Kyalami-aand met die skalpel’
Toe ek die e-possie kry wat my nooi na die bekendstelling van die KTM 790 Duke op Kyalami was ek benoud. Jy sien, ek is nie ʼn vinnige ryer nie. Ek erken dit en ek weet dit. En nou wil KTM my loslaat tussen manne wat leerpakke dra en skaafmerke op hulle knieë het, skryf Brian Cheyne.
Hoe om ’n tuisonderrigkurrikulum te kies
Op die ou end is daar nie ’n regte of verkeerde manier nie, jy moet ’n kurrikulum kies wat vir jou en jou kinders gaan werk. Jy kan altyd iets anders probeer as jy nie die eerste keer gekry het waarna jy gesoek het nie.
Patat en aartappel: Watter een is gesonder?
Is daar ʼn rede waarom ons dink dit is gesonder om patatskyfies in ʼn restaurant te bestel, eerder as gewone aartappelskyfies?
Foto’s: Spoggeleentheid toe Mej. SA gekroon is
Tamaryn Green is Sondagaand by ʼn geskiedkundige en glansryke geleentheid in Pretoria as die 60ste Mej. Suid-Afrika gekroon. Die kroning het vanjaar vir die eerste keer anders verloop én nagenoeg 40 voormalige titelhouers van Mej. SA het die geleentheid bygewoon.
Waldo oor wiskunde: Moet ons dalk weer dink oor huiswerk?
Waldo sal nie kan sê hoe huiswerk in die toekoms hanteer gaan word nie maar, hy sluit af met die volgende: “Dankie aan elke onderwyser wat huiswerk sinvol gebruik om ons kinders se ingesteldheid te verander oor die vak en wat ons kinders verryk daardeur.”
Hier is 10 digitale gewoontes vir beter ooggesondheid
Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in.
Bekendstelling: Só lyk VW se nuwe handelsvoertuig
Sedert 1975 dien die VW Crafter as pakdonkie oor die hele wêreld. Die nuwe Crafter is die vierde weergawe en beweeg heeltemal weg van die ooreenkoms met Mercedes-Benz – dié Crafter is heeltemal nuut en 100% Volkswagen.
Moets en moenies vir jou trourok
Moet jy jou trourok oor die internet bestel, dit eerder huur as koop, of na ander kleure as wit kyk? Diaan Daniels gee raad.
Bekendstelling: Die definisie van elegansie
Die Volvo XC60 is een van die veiligste voertuie ooit – dís volgens die Euro NCAP 2017-toetse.
Motorfietsfees keer weer terug na Kyalami
Op die baan kan jy van die motorfietse gaan toetsbestuur. Daar gaan selfs die naweek ʼn rondte van die SuperGP- en Super600- nasionale kampioenskap op die baan gehou word.
Nege dae te perd vir herdenkingsrit
ʼn Groep van altesaam nege perderuiters gaan volgende maand op ʼn herdenkingsrit van Bloemfontein na Kimberley vertrek en op dié reis verskeie erfenisgebiede en monumente besoek. ʼn Herdenkingsrit is dit wel, sê die groep ruiters, maar dié rit is nie nét ʼn geskiedenisles nie.
10 wenke om dié winter gesonde kosbesluite te neem
Volg dié 10 wenke om jou die winter so ʼn bietjie in toom te hou, sonder om te voel asof jy op ʼn dieet is.
Maak ’n nederige kind groot
Nie elke sewejarige kind sal vir jou kan sê wat nederigheid beteken nie. Ons eerste stap wanneer ons aan ons kinders se karakter wil bou en nederigheid by hulle wil vestig, is daarom om dit vir hulle so konkreet moontlik te skets.
Rugbyman wil jou met opknappingswerk help
Aanhangers ken hom as ʼn losvoorspeler van die Sharks en die Bulle en deesdae die Namibiese rugbykaptein en speler in die Britse klubspan Harlequins. Maar dié 28-jarige is nie nét ʼn rugbyman nie.
Bekendstelling: Hyundai i20 opgeknap
ʼn Interessante brokkie inligting tydens die bekendstelling is dat Hyundai in die eerste kwartaal van 2018 Ford verbygesteek het as derde grootste handelsmerk in die passasiervoertuigsegment.