Die meeste vermeende dronkbestuurders is in Gauteng in hegtenis geneem, gevolg deur Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap.
Jhb-vrou op Oukersaand aan die brand gesteek
ʼn Johannesburgse vrou het ernstige brandwonde opgedoen nadat daar op Oukersaand ʼn vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek is.
Tekenprent: As kinders nie buite speel nie
Die tekenprentkunstenaar lewer kommentaar oor baie kinders wat nie meer buite speel nie maar blykbaar slim planne kan beraam…
Flink polisieman trek ‘moordenaar’ blitsig vas
ʼn Vermeende moordenaar is vasgetrek nadat ʼn polisiekonstabel die verdagte sien ryloop het, hom ʼn saamrygeleentheid aangebied en met hom na die naaste polisiestasie gery het.
Zuma-aansoek: Hof sê grondwet is oortree
Die konstitusionele hof het beslis dat die Nasionale Vergadering nie daarin geslaag het om meganismes in plek te stel om pres. Jacob Zuma verantwoordbaar te hou nie.
Konstitusionele hof sê oor Kovsies-taalbeleid
Die konstitusionele hof het Vrydag uitspraak gelewer in die aansoek wat deur AfriForum en Solidariteit voor die hof gebring is om verlof tot appèl teen ʼn hofuitspraak oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid wat Afrikaans as onderrigtaal uitskakel.
Vermiste sakeman, assistent dood gevind
ʼn Sakeman van Limpopo en sy assistent, wat albei Woensdag as vermis aangemeld is, is Donderdagmiddag dood gevind.
Nege by Kaapstadse winkelsentrum vasgetrek
“Die polisielede was nie gemaklik met die teenwoordigheid van die drie voertuie wat al om en om in die parkeerarea gery het nie en het die voertuie voorgekeer.”
Oud-sokkerster nou president
Die nuwe president is voorheen as Fifa se Wêreldspeler aangewys en het die gesogte Ballon d’or-toekenning ontvang.
Nuuskommentaar: Jaaroorsig (Deel 4)
Hier teen die einde van 2017 word kliphard bespiegel oor wat nou van pres. Jacob Zuma gaan word.
Vlug draai ure later om oor verkeerde passasier
Die model Chrissy Teigen en haar sangerman John Legend was op die vlug en het saam met ander passasiers gewonder hoekom die vliegtuig na vier van die elf-uur-lange reis omdraai.
Drie vas wat mense glo vanaf banke agtervolg
Drie mans is tydens ʼn geheime operasie, waarby die polisie en Valke betrokke was, in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag gewapende rooftogte.
SA’ners het hierna op Google gesoek
Google het bekend gemaak waarna Suid-Afrikaners die meeste gesoek het op hierdie internetsoekenjin in 2017.
Grondwethof sê dan oor Zuma-aansoek
Die EFF het ‘n aansoek gebring om pres. Jacob Zuma uit sy amp te verwyder en aanspreeklik te hou vir sy rol in die Nkandla-debakel.
Sakeman veilig ná ontvoerders losprys van miljoene eis
Die polisie in Limpopo het ʼn verdagte in hegtenis geneem en ʼn sakeman bevry nadat sy ontvoerders miljoene rande as losprys geëis het.
Ontevredenheid oor ‘skokkende’ voordele vir raadslede
Volgens dié voorstel sal raadslede, speakers en burgemeesters onder meer ʼn R3 400-selfoontoelaag ontvang, asook beter behuisingsvoordele en lyfwagte.
Gert van Rooyen se seun vasgetrek
Gerhard van Rooyen, ʼn seun van die pedofiel Gert van Rooyen, is deur die polisie vasgetrek.
Verligting wag op motoriste in 2018
Motoriste gaan moontlik ‘n sug van verligting kan slaak met die voorspelling dat brandstofpryse volgende maand sal daal.
Publiek oor vuurwerke gewaarsku
Talle Suid-Afrikaners geniet dit om die nuwe jaar met ʼn vuurwerkvertoning te verwelkom, maar is nie altyd bewus van die streng wette en regulasies wat die gebruik van vuurwerke beheer nie.
Vier dood, 12 beseer toe taxi en bus bots
Vier mense is dood en nog 12 beseer nadat ʼn taxi en ʼn bus Donderdagoggend in Howick, KwaZulu-Natal gebots het.