Vyf voertuie is Maandag helder oordag tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn motorhandelaar in Bloemfontein gebuit.
[Foto’s] Opruimingswerk in Mpumalanga ná storm
“Ek weet eintlik nie waar om te begin verduidelik nie. Dis soos iets uit ʼn fliek.”
Gevangene buite hof doodgeskiet
Die voorval word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.
Betogers maak weer amok in Lichtenburg
“Daar is onbevestigde gerugte dat ʼn betoger glo deur ʼn motoris doodgeskiet is. Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid na die dorp ontplooi en die situasie is gespanne.”
Vermiste tieners saam gevind
Stephan Erasmus (17) en Toni Siebert (17), die twee tieners van Pretoria wat sedert Donderdagoggend vermis was, is gevind.
[Foto’s en video’s] Storm saai chaos in Durban
Paramedici in KwaZulu-Natal moes Dinsdagoggend bontstaan nadat dele van die provinsie deur donderstorms getref is.
Man voor vrou doodgery
ʼn 27-jarige man is Dinsdagoggend voor sy vrou in Heidelberg in Gauteng doodgery.
KPMG stel nuwe bestuurspan aan
KPMG Suid-Afrika het ʼn nuwe uitvoerende span bekend gemaak in ʼn poging om die publiek se vertroue in die ouditfirma te herstel.
Nuuskommentaar: Koalisiepolitiek ’n luukse met dorings
Met Suid-Afrika wat in 2019 dalk ook ’n koalisieregering sal moet kry, is dit nodig dat die kiesers hulself vir dié moontlikheid begin oriënteer, en solank kennis neem van die beste praktyke.
Jong man sterf toe bakkie rol
“Die man se liggaam is ʼn ent weg van die bakkie aangetref.”
Soektog na PE-ma en -dogter afgelas
Die polisie se soektog na ʼn ma en dogter van Port Elizabeth wat sedert Donderdagaand vermis was, is afgelas.
Depressie kos SA R232 miljard per jaar
“Met meer as 9,7% van die Suid-Afrikaanse bevolking (of 4,5 miljoen mense) wat aan depressie ly, is die kanse redelik sterk dat die persoon wat langs jou in die kantoor sit in ʼn stadium in hul lewe met dié toestand te doen gehad het.”
[Video] Nóg beserings weens storm aangemeld
Volgens berigte stel die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ondersoek in na bewerings dat ʼn “tornado” in gedeeltes van Gauteng en Mpumalanga waargeneem is.
Man sterf ná gru-botsing
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood nadat ʼn motor Maandagmiddag op die R40 in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga teen die middelman gebots en die motor gedeeltelik om ʼn paal gevou het.
[Foto’s] Storm rig reuseskade aan in Wes-Rand
Een mens is dood, minstens vier beseer, verskeie geboue verwoes en talle mense dakloos gelaat toe ʼn hewige storm die Gautengse Wes-Rand Maandagmiddag getref het.
Engels voortaan amptelike taal van hofrekords
ʼn Besluit van die hoofregter en die hoofde van die hooggeregshowe om Engels as enigste amptelike taal van hofrekords in te stel, skep ʼn konstitusionele krisis van die eerste orde, sê die Vereninging van Regslui vir Afrikaans.
Maimane dreig met regsaksie oor grond
Die boere het aan Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê ondanks beloftes van die regering dat die grond na hulle oorgedra sal word, besit hulle nie die grond waarop hulle boer nie.
‘Mbalula moet bedank as bewerings oor vakansiegeld waar is’
“Fikile Mbalula, kan nie skuil agter die beginsel van die reg op privaatheid oor die beweerde R680 000 wat Sedgars Sport einde verlede jaar glo aan hom en sy gesin betaal het vir ʼn vakansie van ses nagte in die Atlantis-hotel in Dubai nie.”
Ma vermoor dogter se verkragter
“Enige ma sou dieselfde gedoen het as hulle hulself in dié situasie bevind het.”
Agtjarige se liggaam in bosse gevind
Skoolkinders het op die seun se liggaam afgekom.