“Die brand het by Saal A begin en na die noodgevalsentrum en teaters versprei voor dit onder beheer gebring kon word.”
[Video] Brand woed by Swartland-hospitaal
ʼn Reuse brand het Saterdagmiddag by die Swartland-hospitaal in Malmesbury in die Wes-Kaap uitgebreek.
‘Belangrike inligting’ uit hoofregter se kantoor gesteel
Vyftien rekenaars waarop sensitiewe inligting gestoor is, is Saterdag in die vroeë oggendure uit die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng in Midrand, Johannesburg, gesteel.
Vliegtuig stort neer tydens opleidingsvlug
Slegs die vlieënier was aan boord van die Cessna 172 toe dit neergestort het.
‘Niks onmoontlik’ vir gestremde student
Die diplegie bring talle uitdagings mee, soos dat sy net uit een oog op ʼn slag kan sien. Haar brein besluit self watter oog en sy kan dit nie beheer nie. Anita is ook al haar lewe lank in ‘n rolstoel en moes haar eksamens met die hulp van ’n skribeerder aflê, omdat sy baie stadig skryf.
[Foto’s] Man op Parys-lughawe doodgeskiet
Soldate het ʼn man doodgeskiet nadat hy op die Orly-lughawe in Parys, Frankryk, probeer het om ʼn wapen by ʼn soldaat te gryp.
Twee sterf toe motor teen trok bots
Twee mense is dood nadat ʼn Opel Corsa Saterdagoggend op die N12 buite Potchefstroom in Noordwes met ʼn vragmotor gebots het.
Beskuldigde 16 jaar ná plaasmoord verhoor
“Toe ek vandeesweek daar in die hof sit en luister presies hoe hulle te werk gegaan het, hoe hulle in die gang af gestap het na die kamer toe waar hulle geweet het my pa lê en slaap… ek wou skree, hoekom het julle nie omgedraai nie? Hoekom het julle hom nie net gelos nie?”
Baba verdrink in emmer water
Die Wes-Kaapse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn baba Donderdag naby Wildernis verdrink het.
Prasa-hofsaak aangehoor: ‘Peters het mag misbruik’
Dipuo Peters het Prasa se raad op 8 Maart ontbind, nadat die raad die voormalige waarnemende hoof, Collins Letsoalo, uit sy posisie verwyder het omdat hy sy salaris met 350% na R5.9 miljoen verhoog het.
Skoknuus vir DBV
“Hierdie ondeurdagte besluit sal wye en langtermyn gevolge inhou wat ons land nie kan bekostig nie. Die NDBV sal hierdie saak verder voer – tot in die parlement.”
Laaste verontregte DKD-lid nou aangestel
Die vakbond Solidariteit het Vrydag gesê die laaste lid van die departement van korrektiewe dienste (DKD), wat weens onbillike diskriminasie oor die hoof gesien is vir bevordering, is terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed.
Sakeman gevonnis vir miljoene rande se bedrog
ʼn Sakeman van Oudtshoorn in die Wes-Kaap is vandeesweek gevonnis nadat hy ABSA uit byna R5 miljoen bedrieg het.
Vyf sterf, 19 beseer op Limpopo paaie
Vyf mense is dood en 19 beseer in twee verskillende botsings Vrydagaand in Limpopo.
Afrikaanse sanger hoor oor siekte
“Ons het ʼn wonderlike gemeenskap wat agter ons staan en nog meer, ʼn land se omgee. Dit is ongelooflik.”
ANC-hoë skuldig aan dronkbestuur
Hy het in Junie verlede jaar ontken hy was dronk toe hy in hegtenis geneem is en gesê hy het die betrokke dag net drie slukkies “Afrika-bier” gehad.
Paarl-vrou vermoor: Beskuldigde wil borgtog vra
Nicola Pienaar (28), wie se liggaam in Januarie in ʼn vlak graf gevind is, was swanger toe sy vermoor is.
ANC soek verantwoording oor Sassa-krisis
“Ons spreek weereens ons kommer uit oor hoe hierdie saak hanteer is. As die ANC in die parlement sal ons die nodige stappe doen om seker te maak dat die mense betrokke in hierdie saak aanspreeklik gehou word vir hul dade.”
Franziska-saak: Selfoon-aanklag teruggetrek
ʼn Aanklag van die besit van gesteelde goedere, wat verband hou met ʼn Apple iPhone wat verlede jaar tydens die moord en roof van die Kaapstadse tiener Franziska Blöchliger gesteel is, is Vrydag voorlopig teen Jonathan Jonas teruggetrek.
Baba sterf ná pa glo oor haar ry
ʼn Elf maande oue baba is Woensdagmiddag dood nadat haar pa glo per ongeluk oor haar gery het by die gesin se huis in The Hague, Delft, in Kaapstad.