Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, besoek Dinsdag die Johannesburgse laerskool waar ʼn skoolhoof Maandag ten aanskoue van talle leerders glo deur ʼn afgedankte onderwyser met ʼn skerp voorwerp gesteek is.
Goeie nuus: Brandslagoffer Sean na gewone saal oorgeplaas
Sean Smith, die tienerseun van Pretoria wat verlede maand erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, is uit die brandwaakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan en sterk nou in ʼn gewone saal aan.
‘Hlaudi moet regskoste van SAUK-8 betaal’
Hofstukke is aan Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige bedryfshoof, beteken om die koste te betaal van die regsgeding tussen hom en agt joernaliste van SAUK.
Vyf sterf in trompop botsing
Vyf mense is dood en talle beseer nadat twee passasiersvoertuie Maandag in KwaZulu-Natal gebots het.
Rhodes-reeksverkragter sit lank
WAARSKUWING: Die besonderhede in hierdie berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.
MRK pak onderwysdepartement oor transseksuele leerling
Die Menseregtekommissie het Maandag aangekondig dat hy die Seshego-gelykheidshof in Limpopo genader het namens ʼn transseksuele hoërskoolleerling wat glo geteister en verneder is en teen gediskrimineer is.
Cosatu verwelkom geen verhogings vir staatsamptenare
Die vakbondfederasie Cosatu het Maandag die aanbeveling van die Onafhanklike Kommissie op die Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs verwelkom dat alle openbare- en politieke ampsbekleërs vanjaar nie enige verhoging moet kry nie, weens die benarde ekonomiese situasie.
Zuma oorweeg Madonsela se staatskaping-verslag
Pres. Jacob Zuma wou Maandag nie parlementêre vrae beantwoord wat verband hou met die Gupta-familie of hul beweerde aanbiedinge van kabinetposisies vir politici nie, aangesien hy oorweeg om Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se sogenaamde staatskaping-verslag in die hof te daag.
Panayiotou-moordsaak: ‘Middelman’ maak nóg ʼn ommeswaai
Christopher Panayiotou se uitsmyter het Maandag nóg ʼn ommeswaai in sy getuienis gemaak en die vinger na die beweerde skieter, Sizwe Vumazonke gewys en aangevoer Panayiotou het die oorledene gevra om Jayde te vermoor.
Die wêreld in foto’s – 14 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Skoolhoof voor laerskoolleerders aangeval
ʼn Skoolhoof is Maandagoggend ten aanskoue van talle leerders by ʼn laerskool in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp bygedam.
Video: Clive Derby-Lewis se laaste onderhoud
Clive Derby-Lewis het geen geheime graf toe geneem nie. Hy het kort voor sy dood ‘n eksklusiewe onderhoud toegestaan wat nou bekend gemaak is.
Oscar Pistorius na ander tronk geskuif
“Mnr. Pistorius se oorplasing is suiwer gedoen op grond van sy aansoek wat wettiglik en volgens die korrekte prosedure oorweeg en goedgekeur is.”
‘De Klerk sou in die tronk wees as ek president was’
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag ná sy verskyning in die Bloemfontein-landdroshof gesê oudpres. FW de Klerk sou in die tronk gewees het as sy party aan bewind was.
Pta-vloede: Soektog na ma duur voort
“Dit is fantasties om te sien dat mense nog omgee en hoe hulp uit alle oorde instroom. Daar is nog baie goeie mense daar buite.”
Wittebrood-nagmerrie: ‘Hy kom huis toe’
“Ons gaan nou amper hier ry, Monique kan nie wag dat ons haar gaan oplaai nie.”
Kapers skiet Jhb-man voor gesin dood
“Tom het dadelik vir hulle gesê hulle kan maar die motor vat, maar toe skiet hulle hom in elk geval.”
Vrou op kleinhoewe geskiet, soek skuiling in hondehok
ʼn Gewonde vrou het Vrydagaand in die reën en modder gekruip om skuiling in ʼn hondehok te vind, nadat sy en haar man tydens ʼn huisroof op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga, aangeval is.
Foto’s en video’s: Nog ʼn ‘tornado’ rig groot skade aan
ʼn Hewige storm, wat met ʼn beweerde tornado gepaardgegaan het, het boere in die Standerton-omgewing in Mpumalanga groot skade berokken.
Nuuskommentaar: Terreurherdenkings, versoening en Malema
Twee herdenkings van terreurvoorvalle, asook Julius Malema se hofverskyning vandag, noop mens om te besin oor die kompleksiteit van versoening. Suid-Afrika se posisie is ontsettend kompleks en word boonop deur uiteenlopende persepsies bemoeilik.