Sewe mans is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering en bendeverkragting van ʼn 13-jarige meisie in Kaapstad.
Poppie se stiefpa weer in hof
Poppie het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat haar stiefpa haar glo erg geskop het.
Noordwes-man se liggaam dalk in Bospoort-dam
Die Noordwes-hooggeregshof het Woensdag gehoor die liggaam van Dirk Coetzee (66), van Marikana in Noordwes, is dalk in die Bospoort-dam in Kanana naby Rustenburg gestort.
Minister weier om te bedank ná renoster-bewerings
David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Woensdag aan LP’s gesê hy gaan nie uit sy pos bedank oor bewerings dat hy met ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar verbind word nie.
Sanger Leonard Cohen het ná val gesterf
Die sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen het in sy slaap gesterf nadat hy in die middel van die nag by sy huis in Los Angeles geval het, het sy bestuurder Woensdag gesê.
Rhodespark-aanval: Beeldmateriaal wys hoe verdagtes vlug
Kringtelevisiebeeldmateriaal is Woensdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, vertoon tydens die verhoor van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington, Johannesburg, aangeval het.
Polisie ontken herinhegtenisneming van #FeesMustFall-leier
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gerugte ontken dat Mcebo Dlamini (30), voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en #FeesMustFall-aktivis, in hegtenis geneem of by enige polisiestasie in Gauteng, of enige ander provinsie, aangehou is.
Snuffelhonde maak groot Viagra-vonds
Doeanebeamptes en snuffelhonde het duisende Viagra-tablette by die OR Tambo-lughawe onderskep.
Doodskis-video: Slagoffer praat buite hof, gemoedere loop hoog
Victor Rethabile Mlotshwa (29), die man wat na bewering deur twee mans op ʼn plaas in Mpumalanga in ʼn doodskis ingedwing en met die dood gedreig is terwyl dit verfilm is, het Woensdag buite die hof vertel hoe hy vir sy lewe gevrees het.
Voormalige onnie in hof ná wiskundevraestel uitlek
Die 52-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die matriekwiskundevraestel, wat verlede maand in Limpopo uitgelek het, het Woensdag in die Giyani-landdroshof verskyn.
Huishulp, kleuter ‘erg getraumatiseerd’ ná huisroof
ʼn Vreesbevange huishulp en tweejarige kleuter moes Woensdagoggend op die vloer in ʼn huis in Parkhill, in die noorde van Durban lê, terwyl gewapende rowers die huis omgekeer het.
Rhodespark-aanval: Nog ʼn verdagte vas in Zim
Nog ʼn verdagte, wat na bewering deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, is in Zimbabwe in hegtenis geneem.
TUT-studenteraadslid, nog 2 vas
ʼn Studenteraadslid, van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), is saam met twee voormalige studente in hegtenis geneem vir beweerde bedrog by dié tersiêre instelling.
Die wêreld in foto’s – 16 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Video: Derby-Lewis vertel van sluipmoordpogings en stryd om parool
“Ek was besig om met iemand te praat toe hy my met ʼn stuk glas in die rug gesteek het.”
Doeane-beamptes vas oor kokaïen
“Lede van die Valke se georganiseerde misdaadeenheid het die verdagtes dopgehou en hulle voorgekeer toe hulle na die uitgangshek op pad was.”
Video en foto’s: Doodskis-video: Twee bly agter tralies
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) het Woensdag in die Middelburg-landdroshof verskyn.
Steeds geen teken van vermiste Pta-ma
“Dit is ʼn reusesoektog. Hulle is al hoeveel keer die Apiesrivier op en af. Daar was gister tien honde wat op en af langs die dam gevat is.”
Hofinterdik gevra om Malema te stuit
“Die aansoek, indien toegestaan deur die hof, sal beteken dat Malema vir minagting van die hof aangekla en vervolg kan word indien hy weer oortree.”
Nuuskommentaar: Burgers van papbroekland?
Presies hoe groot is die Afrikaner se ruimte om sy grondwetlike minderheidsregte uit te leef as dit politiek inkorrek is (en dis sagkens gestel)?