Die staatskaping-verslag is tans in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste.
[Foto’s] Ontploffing ruk deur Pta-huis
Inwoners van Daspoort in die weste van Pretoria moes Woensdagoggend hul huise ontruim nadat ʼn ontploffing ʼn huis in die buurt geruk het.
Vliegongeluk: Hy het sy droom uitgeleef
“My hart is gebreek. Jy het nog laas week vir my gesê hoe gelukkig jy is.”
‘My pa se musiek was onbeskryflik,’ sê Carstens se seun
“Dit is vir sy nalatenskap sodat sy musiek nie tot sterwe moet kom soos hy nie.”
Vermiste tienermeisie se lyk gevind
Ané Jacobs, die 16-jarige meisie van Alberton wat sedert Saterdag vermis was, se halfnaakte liggaam is Dinsdag gevind.
Pta-betogings: Dringende beroep op motoriste
Die Tshwane-metropolisie het ʼn dringende beroep op motoriste gedoen om Pretoria se middestad te vermy en gesê die gebied is nou “disfunksioneel”.
Kankeroorlewende (11) pleeg selfmoord ‘weens boelies’
Haar ma het gesê sy het glo vroeër die dag, op pad huis toe, vir haar vriendin vertel dat sy haar eie lewe gaan neem. Toe die vriendin se pa later die ouers bel, was dit reeds te laat.
Betogers gooi klippe in Pta-middestad
Vier mense is Woensdagoggend in hegtenis geneem te midde van twee verskillende optogte deur die DA en EFF in Pretoria se middestad.
Staatskaping-verslag: Zuma maak ommeswaai
Zuma, wat noue bande met die omstrede Gupta-familie het, het kort voor Thuli Madonsela se termyn as openbare beskermer verstryk het, ʼn aansoek ingedien om te probeer keer dat sy die verslag oor staatskaping bekendmaak.
Raaisel rondom sakeman se branddood
Die verkoolde liggaam van ʼn man wat Vrydag in ʼn uitgebrande motor in Roodepoort gevind is, is glo dié van die besturende direkteur van ʼn internasionale maatskappy.
Twee aan stuur van perlemoensmokkelnetwerk vasgetrek
Twee mans, wat glo deel is van ʼn transnasionale perlemoensmokkelnetwerk, is Dinsdag in die Boksburg-landdroshof R100 000 borgtog toegestaan nadat hulle verlede week in hegtenis geneem is.
Tienermeisie se moordenaar gevonnis
Noble het gesê hy sal vir Adriaanse sê om terug te kom en hy het agter haar aan geloop. Dit was die laaste keer wat sy lewend gesien is.
Nico Carstens oorlede
Die Suid-Afrikaanse trekklavierkoning Nico Carstens is Dinsdag oorlede.
Talle ‘rassiste’ aangekla oor Diwali-uitlatings
Haniff Hoosen, die DA se voorsitter in KwaZulu-Natal, het gesê hy gaan aanklagte aanhangig maak teen Dawie Kriel van Bluff.
Dronkbestuur-regter kos belastingbetalers miljoene
Regter Nkola Motata, wat in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind is, is al sedert 2007 op spesiale verlof en het die belastingbetaler al miljoene rande uit die sak gejaag.
NUM wys Amplats-ooreenkoms van die hand
Die National Union of Mineworkers het geweier om ʼn driejaarloonooreenkoms met Anglo American Platinum te onderteken, en Dinsdag gesê hy het ʼn doelbewuste besluit hieroor geneem, omdat die ooreenkoms nie die mynwerkers in die platinumgordel bevoordeel nie.
Panayiotou-saak: Hof hoor oor ‘bloedspatsels’ in kattebak
ʼn Misdaadtoneeldeskundige het Dinsdag aan die hooggereghof in Port Elizabeth gesê hy glo daar was bloedspatsels in die kattebak van die motor wat vermoedelik tydens Jayde Panayiotou se ontvoering gebruik is.
Matriekvraestel in Limpopo uitgelek
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn Graad 12- wiskundevraestel aan leerders in Limpopo uitgelek is.
Kortlys bekend gemaak vir inspekteur-generaal van intelligensie
Die parlement se intelligensiekomitee het Dinsdag die lys van 10 kandidate bekend gemaak om die vakante pos van inspekteur-generaal van intelligensie te vul.
Staatskapingsverslag: Opposisiepartye se aansoek suksesvol
Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag beslis dat vier opposisiepartye en Vytjie Mentor mag ingryp in pres. Jacob Zuma se aansoek om ʼn interdik te bekom teen die openbare beskermer se vrystelling van die sogenaamde staatskapingsverslag.