Julius Malema, leier van die EFF, se uitlatings dat daar nie onmiddellik ʼn slagting van wit mense moet plaasvind nie, is “verkeerd en barbaars”.
Foto’s en video’s: Groot tornado buite Balfour
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig ʼn groot tornado het Dinsdagmiddag naby Grootvlei, buite Balfour in Mpumalanga, voorgekom.
Pta-inwoners gemaan om steeds water te spaar
Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het inwoners van Pretoria gemaan om steeds water te bespaar, al het dit die afgelope paar dae goed gereën.
Abrahams moet sê hoekom hy nie geskors moet word
Pres. Jacob Zuma het adv. Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag en twee van sy direkteure, versoek om redes te gee hoekom hulle nie geskors moet word nie.
[Foto’s] Tornado in Gauteng beskadig huise
ʼn Tornado, wat Maandagaand in Ennerdale suid van Johannesburg voorgekom het, het minstens 50 huise beskadig.
Madonsela sal voor SAUK-ondersoekkomitee getuig
Die komitee, wat Dinsdag vir die eerste keer vergader het, het ook ingestem dat getuiebeskerming aangevra sal word vir die meer as 30 mense wat versoek sal word om te getuig.
Gestrande koeie gered ná Nieu-Seeland-aardbewing
Drie koeie, wat op ʼn klein graseiland gestrand geraak het tydens ʼn aardbewing in Nieu-Seeland, is gered.
Sangoma kry tronkstraf nadat hy tydens ‘seremonie’ verkrag
ʼn 27-jarige sangoma is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 22-jarige leerlingsangoma tydens twee ‘seremonies’ in die Vrystaat.
[Video] Derby-Lewis vertel van Hani-moord
“Die telefoon het gelui en die vrou het teruggekom en gesê Chris Hani is geskiet.”
Een dood, twee kritiek na konstruksie-ongelukke
ʼn Konstruksiewerker is dood en nog twee kritiek beseer, tydens twee fratsongelukke Dinsdagoggend by boupersele in Sandton, Johannesburg.
‘Sean is ʼn wonderwerk’, eerste foto’s ná verbande af is
“Sean se gesig was gebrand en vol sere, maar nou lyk dit weer mooi. Dit is niks anders as ʼn wonderwerk nie”.
Seun (14) verdrink in dam: ‘Hy was my sonskynkind’
“Die neef se pa het Saterdag vir Wian daar by die huis kom oplaai en Wian is vrolik daar uit met ʼn ‘baai, Mamma!’. Dit was die laaste keer dat ek my kind gesien het.”
Ganse van besige Jhb-hoofweg gered
ʼn Taxidrywer en ʼn paramedikus het Maandag twee kolganse en hul kuikens van ʼn gewisse dood gered toe hulle op die N1-snelweg in Johannesburg vasgekeer geraak het.
Twee in hof oor doodskis-video
Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”
Skok toe DBV op Benoni-‘gruwelhuis’ toeslaan
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Vrydag op ʼn skokkende toneel afgekom toe hulle ʼn huis in Benoni binnegegaan en talle verwaarloosde en dooie slange, spinnekoppe, krimpvarkies en varswaterskilpaaie gevind het.
Vyfde dag van soektog na Pta-ma hervat
ʼn Volskaalse soektog na Madelein Murray (40), die sakevrou en ma van vyf kinders wat Vrydagoggend deur vloedwater in Pretoria meegesleur is, is Dinsdagoggend hervat.
Nog SAUK-raadslede bedank
Nog twee SAUK-raadslede het hul bedanking aangekondig.
Nuuskommentaar: Wat gaan met Malema en politieke korrektheid aan?
In Suid-Afrika kom te veel heethoofde met radikale en opruiende uitsprake weg deurdat hulle deur “politieke korrektheid” ’n soort vrypas kry. In die proses is Julius Malema se drywer skynbaar vir ’n spoedoortreding en die wegjaag van die verkeersmense dieper in die sop as Malema wat ná sy hofverskyning wesenlik oorlog teen die Afrikaner verklaar het.
Paartjie in kar doodgeskiet
ʼn 48-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die skietdood van twee mense in ʼn motor Maandagaand in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.
[Foto’s] Só lyk supermaan oor die wêreld heen
Die maan het op 14 November die naaste aan die aarde beweeg die afgelope 68 jaar.