ʼn Man is doodgeskiet terwyl nog ʼn man in hegtenis geneem is by ʼn winkelsentrum in Edenvale aan die Oos-Rand.
Vakbond volstaan by eise terwyl vulstasies opdroog
Ceppwawu, die vakbond vir chemiese en verwante bedrywe, het Maandag gesê hy volstaan by sy eis van ʼn 9%-salarisverhoging te midde van brandstoftekorte in sommige gebiede.
‘Leier’ van $60 miljoen se aanlynslenters vas
Die beweerde leier van ʼn internasionale organisasie, wat verantwoordelik is vir duisende aanlynslenters, is Maandag deur Interpol, met die hulp van die Nigeriese owerhede, in hegtenis geneem.
Ondersoek ná pedofiel se dood in polisiesel
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek steeds die omstandighede rondom Brian Shofer (58) se selfmoord in die Lentegeur-polisiestasie in Kaapstad.
[Video] Boere peper Zuma met vrae
President Jacob Zuma moes behoorlik bontstaan toe hy die naweek met boere in die Vrystaat en Noord-Kaap vergader het.
Skietslagoffer ry met bakkie by brug af
Die Tongaat-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Maandag in die vroeë oggendure noord van Durban geskiet is, waarna hy met sy Colt-bakkie by ʼn brug afgery het.
Vlootbasis-inbraak: Nóg ʼn verdagte vas; inligting glo verkoop
Die Valke het ʼn derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die inbraak verlede maand by die vlootbasis in Simonstad.
Amper-pa, vyf ander sterf in trompop-botsing
Ses mense is dood en een ernstig beseer toe ʼn motor en ʼn bakkie Sondag in die vroeë oggendure reg van voor op die R303 buite Ceres in die Wes-Kaap gebots het.
[Verkiesing] Tlokwe/Ventersdorp-samesmelting kan opposisie stuit
Die DA het sy oog op die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom in die munisipale verkiesing op 3 Augustus, maar weens dié munisipaliteit se samesmelting met die Ventersdorp-munisipaliteit kan die DA se droom aan skerwe wees.
Toekenning vir jong lewensredder ná heldedaad
Cameron White, die 17-jarige seun wat verlede week ʼn motoris uit diep vloedwater in La Lucia, noord van Durban gered het, het ʼn toekenning vir sy dapper optrede ontvang.
Indië-vloede: Minstens 52 dood
Derduisende mense is ontwortel en minstens 52 dood weens erge reën wat tot vloede gelei het in Indië.
Soektog na vermiste ma afgeskaal
Daar is steeds geen teken van Brenda Lynn Scriven (62) wat verlede Maandag tydens vloede in Durban vermis geraak het nie.
Nuuskommentaar: Het Nuuskommentaar afgelope vyf jaar verskil gemaak?
Maroela Media het pas sy vyfde verjaardag gevier. Het die nuuskommentare oor hierdie tydperk daartoe bygedra om die politieke speelveld te verbreed, en om die versmorende skanse van politieke korrektheid terug te druk? Dit is iets wat net die lesers kan beantwoord.
Verkiesing 2016: Eerste stemme vandag uitgebring
Die eerste stemme in vanjaar se munisipale verkiesing sal Maandag uitgebring word, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
[Foto’s] Vier sterf in Middellande-botsing
Vier mense is dood en twee beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Sondag in KwaZulu-Natal se Middellande gebots het.
Een verdagte dood, agt vas ná skietery in Kriel
Kriel in Mpumalanga het Sondag in ʼn klein oorlogsone verander toe ʼn span van die Valke en ʼn bende rowers op mekaar losgebrand het.
‘ANC dryf met opset wig tussen rassegroepe in’
Die ANC polariseer doelbewus die politieke debat ten einde enigiemand wat sy mag bedreig te probeer wegdryf, het IVP-leier Mangosuthu Buthelezi gesê.
Zephany Nurse-saak: Sy sien weer grootmaakma
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Maandag met vonnisverrigtinge begin in die saak van die 51-jarige vrou van Lavender Hill in die Wes-Kaap, wat daaraan skuldig bevind is dat sy Zephany Nurse 19 jaar gelede ontvoer het.
Hond ry met motor in winkel vas
ʼn Hond het Vrydag met ʼn motor in ʼn Walmart vasgery in Wayne, Wes-Virginia in Amerika.
Malema waarsku oor voedselvergiftiging tydens verkiesing
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die verkiesingsagente van sy party gewaarsku om versigtig te wees vir voedselvergiftiging by stempunte tydens Woensdag se munisipale verkiesing.