Penny Sparrow, eiendomsagent van KwaZulu-Natal, het Woensdag vlugtig in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Zulu was nie sy gewone self nie, sê ekspedisie-dokter
Die renjaer Gugu Zulu, wat op Kilimandjaro in Tanzanië gesterf het, het ʼn paar dae voor die ekspedisie gekla oor ʼn seer keel, het die span se mediese dokter, Roxanne Schutte, Woensdag gesê.
Ritueelmoord: Beskuldigde laat vaar borgtogaansoek
Een van die beskuldigdes wat glo ʼn vrou vir haar liggaamsdele vermoor het, het sy aansoek om borgtog laat vaar. Sy medebeskuldigde voer egter aan hy het slegs die liggaamsdele vervoer, onbewus van dit wat in die sak was.
Twee ontsnaptes weer vas
Twee verhoorafwagtende gevangenes wat vroeër vanjaar uit die Bethanie-polisie se aanhoudingselle naby Brits ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Portefeuljekomitee bekommerd oor SAUK
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die verwikkelinge by die SAUK.
Tien ‘renosterstropers’ in enkele dae vas
ʼn Spesiale polisietaakspan het die afgelope ses dae tien vermeende renosterstropers in hegtenis geneem.
Seun beseer toe hy in mangat val
ʼn 13-jarige seun het beserings opgedoen toe hy Woensdag in ʼn mangat in Bloemfontein geval het.
Gru-ongeluk eis jong man van Pta
“Hy was net so hulpvaardige en liefdevolle kind wat altyd aan almal om hom wou gee. Hy was die soort persoon wat dadelik in jou hart ingekruip het as jy hom leer ken het.”
Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag
Soektog na vermiste Pta-ma eindig tragies
Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Vicky Myburgh (40), wat verlede week as vermis aangemeld is, dood in ʼn veld in die weste van die stad gevind is.
Werker ernstig beseer in fratsongeluk
ʼn Werker van Welkom in die Vrystaat is Woensdag ernstig beseer toe hy tussen ʼn vurkhyser en ʼn motor vasgepen is.
‘Verkeersligrowers’ teister Johannesburg-middestad
Die Johannesburgse polisie het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in hul ondersoek van voorvalle waar motoriste in die middestad by rooi verkeersligte beroof is.
Hof beslis SAUK moet betogings wys
Die SAUK is Woensdag deur ʼn hofinterdik verbied om sy omstrede redaksionele besluit om nié gewelddadige betogings uit te saai nie verder te implementeer.
Waarskuwing vir rowwe seetoestande uitgereik
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om uiters versigtig te wees te midde van waarskuwings van rowwe seetoestande, stormtoestande en stormsterkte winde rondom die land se kuslyn.
Veiligheidswag vas na transitorooftog
Die bestuurder van ʼn transitovoertuig, wat na bewering Maandagaand met die voertuig vol geld gevlug het, is in hegtenis geneem.
Afgedankde joernaliste: ‘SAUK wil hofprosedure ook laat sensor’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die SAUK het hom daartoe verbind om nog sensuur toe te pas, nadat die uitsaaier ʼn versoek om Donderdag se arbeidshofsaak regstreeks uit te saai, teengestaan het.
Nuuskommentaar: SAUK: Wat doen ons nou?
Wat moet lesers en luisteraars doen oor wat nou by die SAUK aan die gang is? Is ʼn volle boikotaksie, ondersteun deur regsgedinge, die aangewese weg, of verdien hardwerkende joernaliste, wat eerbare werk probeer lewer (en gesinne het om te versorg) die kans om te wag en sien of die regsaksies en politieke druk die SAUK tot sy sinne gaan ruk?
Duisende rande ingesamel na SAUK agt afdank
Byna R300 000 is binne ʼn dag ingesamel vir die agt SAUK-joernaliste wat vroeër vandeesweek sonder tugverhore afgedank is.
Rusie lei tot gyselaarsdrama, dood
ʼn 41-jarige man het Woensdag in die vroeë oggendure na sy dood gespring ná ʼn gyselaarsdrama waartydens hy sy driejarige seun van die sesde verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gegooi het.
Kampsbaai-moordbeskuldigde terug in hof
Diego Dougherty, die Guatemalaanse moordbeskuldigde, sal Woensdag weer in die Kaapstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban (39).