Die nuwe verdagte in die opspraakwekkende Jayde Panayiotou-moordsaak het Vrydag uitgevaar teen verslaggewers in die Port Elizabeth-landdroshof waar hy verskyn het.
Meyerton-betogings vlam weer op
Woedende betogers in Meyerton in Gauteng het Vrydagoggend weer bande aan die brand begin steek en paaie versper.
Vrou praat openhartig ná PE-mesaanval
“Hy het altyd ʼn probleem gehad as ek my hare kleur, of my naels doen – ek moes dit altyd skelm doen. Hy het gesê ek maak my mooi vir iemand anders, maar ek het dit vir hom gedoen.”
Kovsies-taalbeleid: UV sal teen hofuitspraak appelleer
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Vrydag gesê hy sal appelleer teen ʼn hooggeregshofbevel wat die universiteit se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde stel.
Man vas vir Bloem-bejaarde se moord
ʼn Man is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Hendrik Knoetze (73) wie se liggaam Maandag in ʼn plas bloed in sy huis in Pellissier, Bloemfontein, aangetref is.
Nóg ʼn plaasaanval in Bronkhorstspruit-omgewing
Skaars ʼn dag nadat ʼn groep gewapende mans ʼn egpaar op ʼn kleinhoewe buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, beroof het, is nog ʼn egpaar Vrydag in die vroeë oggendure in die omgewing aangeval.
Meyerton weer rustig ná betogings
Die situasie in Meyerton is weer onder beheer nadat gewelddadige betogings Dinsdag in dié dorp net noord van Vereeniging in Gauteng uitgebreek het.
Oscar-vonnis: NVG wil hierom appelleer
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag in sy hofstukke die redes uiteengesit waarom hy teen die moordvonnis van Oscar Pistorius wil appelleer.
Nuuskommentaar: Om in die howe te boer
Gister was ’n effens gemengde dag vir die Solidairiteit Beweging se hofstrategie. Dit sou egter verkeerd wees om telling te hou oor wie die meeste keer wen en verloor – die belangrike is hoe die presedentereg om grondwetlike beginsels ontwikkel wat sal bepaal of die land meer en meer, of al minder, die karakter van ’n regstaat ontwikkel.
SAUK-joernaliste se saak hervat
Die vakbond Solidariteit se saak teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste sal Vrydag in arbeidshof hervat word nadat die openbare uitsaaier nie Donderdag sy hofstukke gereed gehad het nie.
Drie dood, 15 beseer in Oos-Kaap-skietery
“Met ons aankoms op die toneel het ʼn man en twee vroue reeds aan hul wonde beswyk.”
Man sterf in Pta-motorfietsongeluk
ʼn Man is dood toe hy Donderdagaand in ʼn motorfietsongeluk betrokke was in Sefako Makgatho-rylaan (Zambezirylaan) in Pretoria.
SAL kanselleer omstrede kontrak
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy omstrede kontrak met die finansier BnP Capital gekanselleer.
21 onwettige vuurwapens in Durban-huis gevind
Altesaam 21 onwettige vuurwapens is Woensdag in ʼn huis in Bellair in Durban gevind.
Twee vas na kitsbankontploffing
Twee verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kitsbankrooftog in Mitchells Plein buite Kaapstad.
Repokoers bly onveranderd
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Donderdag aangekondig die repokoers sal dieselfde bly en gesê onsekerheid oor die langtermynmarkte en globale implikasies van Brexit vertroebel die vooruitsigte.
Reeva se ouers ondersteun ‘stryd vir geregtigheid’
Reeva Steenkamp, wat op Valentynsdag 2013 deur die voormalige paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, doodgeskiet is, se ouers het Donderdag gesê hulle ondersteun die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se “stryd vir geregtigheid” vir hul dogter.
Jhb-man in oprit geskiet
Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn 68-jarige man Donderdagoggend tydens ʼn kaping in sy huis se oprit geskiet is.
Hof sê oor Pretoria-straatname
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad oor die verandering van Pretoria se straatname.
Een sterf, twee beseer in skietgeveg met polisie
Een mens is dood en twee mense ernstig beseer ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagmiddag in William Nicolrylaan in Randburg, Johannesburg.