ʼn Fetus is Saterdag in ʼn huis in Sandton in Johannesburg gevind, net ʼn dag nadat ʼn vrou se liggaam die vorige dag op dieselfde perseel gevind is.
Gevangene sterf ná tronk glo doktersbesoek weier
ʼn Gevangene in die Polokwane-gevangenis wat glo maande lank die owerhede gesmeek het om hom toe te laat om sy privaat dokter te raadpleeg, is verlede Saterdag in die gevangenis dood.
München-skieter het mense glo só na winkelsentrum gelok
Die skieter wat Vrydag lukraak in ʼn winkelsentrum in München, Duitsland, op mense losgebrand het, het glo vooraf Facebook gebruik om mense na die winkelsentrum te lok.
Veiligheidsplanne gereed vir verkiesing in Vuwani
Ná onderhandelinge vir vrede in die gebied vasgeval het, het betogers onderneem om die gebied onbegaanbaar te maak op 3 Augustus wanneer die munisipale verkiesing sal plaasvind.
‘WhatsApp-verkragter’ vasgetrek
ʼn Man wat na bewering vroue deur WhatsApp bevriend, na hom toe gelok en verkrag het, is Donderdag in Tongaat in KwaZulu-Natal vasgetrek.
Man sterf in ongeluk; bestuurder vlug
Een persoon is dood en twee tienermeisies ernstig beseer nadat ʼn voertuig Vrydagaand in Ficksburg in die Vrystaat teen ʼn boom gebots het.
Kleuter erg beseer in swaai-ongeluk: ‘Ons is vol moed’
Juané Bothma, die tweejarige kleuter van Johannesburg wat erge bloeding op die brein opgedoen het nadat ʼn swaai haar teen die kop getref het, is steeds in ʼn koma.
‘Onwettige myners’ vas ná skietgeveg met polisie
Een man is dood en ses ander gewond nadat ʼn skietgeveg tussen ʼn groep beweerde onwettige mynwerkers en lede van die polisie se nasionale intervensie-eenheid in Benoni aan die Oos-Rand ontstaan het.
‘Bordeeleienaar’ breek glo by polisiekantoor in
ʼn 27-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy in ʼn polisiespeurder se kantoor ingebreek het om haar man se reisdokumente terug te steel wat vroeër deur die polisie afgeneem is, het Vrydag in die Bellville-distrikshof verskyn.
Motief vir München-skietery nog nie bevestig
Die rede vir die skietery Vrydag by ʼn winkelsentrum in München, Duitsland, waarin minstens nege mense dood is, is nog nie amptelik bevestig nie.
Minstens 7 vas oor Meyerton-betogings
Minstens sewe mense is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn betoging oor dienslewering in Meyerton in die Midvaal, suid van Johannesburg, gewelddadig geraak het.
AfriForum sal UV-appèl teen taalbeleid-uitspraak teenstaan
AfriForum het Vrydag in reaksie op die aankondiging van die Universiteit van die Vrystaat (UV), dat die universiteit beplan om teen Donderdag se hooggeregshofuitspraak oor die behoud van Afrikaans te appelleer, bevestig dat die universiteit se appèl teengestaan sal word.
Bloedbad by Duitse winkelsentrum
Volgens berigte is 15 mense dood en talle beseer in ʼn skietery Vrydag by ʼn winkelsentrum in München, Duitsland.
Oom kry tronkstraf vir verkragting van vyfjarige
ʼn 51-jarige man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn vyfjarige familielid.
SAUK-joernaliste: Uitspraak dan verwag
Uitspraak is Vrydag voorbehou in die saak van die vakbond Solidariteit teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste in die arbeidshof in Braamfontein.
SANParke kry wapenskenking vir geveg teen renosterstropery
Die wapenvervaardiger Milkor het Donderdag SANParke met ʼn wapenvoorraad van 40 mm-onderloop-granaatlanseerders (UBGL) voorsien in die geveg teen renosterstropery.
Bekende mediaman by huis doodgeskiet
Gordon Patterson, ʼn bekende mediastrateeg, is Donderdagaand by sy huis in Randburg, Johannesburg, doodgeskiet.
Die wêreld in foto’s – 22 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
US-raadslid bedank oor taalbeleid
Jan Heunis, president van die Konvokasie, het Vrydag sy bedanking by die voorsitter van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch ingedien.
Twee Limpopo-seekoeie raaiselagtig doodgeskiet
Twee seekoeie is in ʼn week in die Phalaborwa-omgewing in Limpopo doodgeskiet. WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.