Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis vir die moord op Ronel van Eyk (49) wat in 2012 by die hek van haar plaas naby Hartbeesfontein vermoor is, nadat sy haar negejarige seun, Freddie, by die skool afgelaai het.
Een sterf toe mikrovliegtuig neerstort
‘n Video van die ongelukstoneel volg onderaan die berig.
Jong Vrystaat-boer se lyk in motorhuis gevind
ʼn Jong Vrystaatse boer se liggaam is Maandagoggend op ʼn plaas buite Reitz gevind nadat hy sy eie lewe geneem het, glo weens die dood van sy pa.
Plastieksak oor kop; polisie ondersoek selfmoord
ʼn Man se liggaam is Vrydagoggend in ʼn motor aan die KwaZulu-Natalse noordkus gevind.
Maak dit maklik vir wittes om terug te keer na SA, sê Phosa
“Kom ons maak die deur oop en verwelkom die goed opgeleide en ervare Afrikaners en ander wit mense terug wat hul geliefde land verlaat het op soek na sekuriteit, stabiliteit en erkenning van hul bydrae tot die ekonomie. Kom ons maak dit maklik vir hulle om terug te kom en te bly.”
Wes-Kaapse tienerseun neem eie lewe
Familie en vriende van ʼn 17-jarige seun van die Strand in die Wes-Kaap wat verlede week selfmoord gepleeg het, sal Saterdag finaal van hom afskeid neem.
Seun (12) steek glo twee by skool dood
ʼn 12-jarige seun is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo twee medeleerlinge met ʼn mes doodgesteek het.
Vermiste Jhb-tiener na twee weke opgespoor
Alliya Jackson, die 13-jarige meisie van Turffontein, in die suide van Johannesburg, wat op 22 Oktober vermis geraak het, is gevind.
Vrou vas na sy glo tienerma se baba ontvoer
ʼn Vrou is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn baba van drie weke oud uit ʼn hospitaal in die Fuyeni-gebied in Empangeni ontvoer het.
Mandela-kleinseun terug in hof
Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela wat van verkragting aangekla word, sal Vrydag weer in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: Sinai vliegramp krap radikale byenes oop
Die aansprake dat ʼn bom aan boord “meer waarskynlik as nie” vir die Russiese vliegramp in die Sinai verantwoordelik is, skep ʼn scenario wat die Weste en Rusland noop om presies te weet wat in die Sinai broei – veral weens plaaslike terreurgroepe se bande met die IS en Al Kaïda.
Minister herbevestig transformasieteiken vir Bokspan
Mbalula het gesê indien dié teiken nie gehaal word nie, kan teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) opgetree word.
Man vas oor 14-jarige se dood
ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige seun, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Studente en personeel van UJ geskors
Vyf studente en talle personeellede van die Universiteit van Johannesburg is geskors ná betogings by die universiteit.
[Video] Vermiste kind 13 jaar later opgespoor
ʼn Kind wat 13 jaar gelede in Alabama in die VSA as vermis aangemeld is, is veilig in Ohio opgespoor. Die kind, Julian Hernandez, was…
Grond vir plaasarbeiders
Plaasarbeiders in Bathurst en Oudtshoorn is van die begunstigdes wat vandeesweek onder die landelike ontwikkeling en grondhervormingsplan plase ontvang het.
Studente, veiligheidswagte bots by UJ
Geweld het Donderdag by die Universiteit van Johannesburg uitgebreek tydens ʼn onderonsie tussen studente en werkers met veiligheidspersoneel tydens betogings teen kontrakwerk by die instansie.
Kinderporno: Veiligheidswag bly in aanhouding
ʼn Veiligheidswag wat Dinsdag in Parow in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is in verband met die besit van kinderpornografie, het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn.
Man verdrink by Kampsbaai
ʼn 37-jarige man het Donderdagoggend op ʼn strand in Kampsbaai in die Wes-Kaap verdrink.
UP-bestuur verseker Afrikaans as onderrigtaal
Die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) het aan AfriForum Tuks bevestig dat Afrikaans as onderrigtaal by die universiteit gehandhaaf sal word.