ʼn Suid-Afrikaner is een van die drie mense wat doodgeskiet is by ʼn polisieopleidingsentrum in Jordanië.
Beloning uitgeloof ná moord op student
Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn beloning uitgeloof in verband met die moord op ʼn 19-jarige student vroeër vanjaar.
[Foto’s] Pensioenaris trek rower vas
“Hy mag dalk 74 wees, maar hy kan maklik ʼn man wat in sy 40’s is, grond toe bring”. Só beskryf Janneman Coetzer (27) sy oom, Jaans Coetzer, wat Sondagoggend ʼn gewapende rower vasgetrek het wat al geruime tyd sy buurman se plaas, die gewilde trekkermuseum Randell’s Ranch in Lothair naby Ermelo in Mpumalanga, teister.
Paartjie ten aanskoue van dogter (12) doodgeskiet
ʼn Man en vrou van Fochville in Gauteng is Saterdagaand ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet.
Huiswerkers deur hond aangeval
Twee huiswerkers is glo Maandagoggend deur ʼn hond in Mooikloof, in die ooste van Pretoria, aangeval.
Moontlikheid ondersoek dat meteoriet in Oos-Kaap val
ʼn Rampbestuurspan van die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap is na die Baviaans-area ontbied om die moontlikheid te ondersoek dat ʼn meteoriet in die gebied geval het.
Departement gaan sê oor Zuma se nuwe R4 miljard-vliegtuig
Pres. Jacob Zuma se kantoor het Maandag die departement van verdediging versoek om meer inligting te verskaf oor beweerde planne om ʼn nuwe presidensiële vliegtuig ter waarde van R4 miljard aan te koop.
Twee kinders verdrink in Vrystaatse dam
Twee 11-jarige kinders, ʼn seun en ʼn meisie, het oor die naweek in ʼn dam in die Vrystaat verdrink.
Vrou wil bene laat amputeer ná vliegongeluk
“In daardie oomblik kan jy amper nie begryp wat gebeur het nie. Jy voel die pyn in jou rug, maar besef nie jy het so pas jou rug gebreek en kan nie loop nie.”
Mandela-kleinseun se verkragtingsaak uitgestel
Die kleinseun van wyle oudpres. Nelson Mandela, wat van verkragting aangekla word, het Maandag weer in die Johannesburg-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.
SAUK sê jammer oor Zuma-twiet
Die SAUK het om verskoning gevra nadat ʼn twiet met ʼn vloekwoord van een van die openbare uitsaaier se Twitter-profiele uitgestuur is.
Roemenië: President spreek betogers toe; dodetal ná nagklub-brand styg
Klaus Iohannis, president van Roemenië, het Sondagaand ʼn beroep op betogers gedoen om hul ondersteuning te gee ten einde hervorming in die land teweeg te bring.
MTN-hoof bedank
Sifiso Dabengwa, MTN se uitvoerende hoof, het bedank kort nadat die maatskappy ʼn multi-miljardrandse boete in Nigerië opgelê is.
Nuuskommentaar: As twakpratery ’n siekte was, was Zuma lankal dood
Pres. Jacob Zuma is bekend vir sy wilde uitsprake wat vir hom en die land groot skade berokken … én dat hy niks in die proses leer nie. Die naweek het hy weer sy voet vierkant daarin gesit, maar anders as net ontstellend of lagwekkend, dra die jongste wilde perde ook die kieme van groot gevaar.
141 in hof ná UJ-betogings
Minstens 141 mense – onder wie personeel en studente – wat gedurende die betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ) in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Sentrum-rowers nog soek
Niemand is al in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof wat Donderdagaand by die Montana Crossing-sentrum in die noorde van Pretoria plaasgevind het nie.
Zuma gekap oor ‘ANC kom eerste’
“Dit is ’n belediging vir elke Suid-Afrikaner, ʼn skending van die eed van sy kantoor en kan nie onbetwis gelaat word nie.”
Man sterf in trokbotsing
Die bestuurder van ʼn swaarvoertuig is Maandag in ʼn ongeluk op die N3-snelweg naby Hammersadel in KwaZulu-Natal dood.
Slang pik agtjarige
ʼn Agtjarige meisie is Saterdag in Northdale, Pietermaritzburg, vermoedelik deur ʼn nagadder gepik.
Skors SAL-voorsitter, sê DA
Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), met onmiddellike effek te skors.