ʼn Rybewystoetssentrum in Gordonsbaai in die Wes-Kaap moes Woensdag noodgedwonge gesluit word nadat stormsterkte winde aansienlike skade aan die hoofgebou aangerig het.
Gauteng-motoris op M2 beroof; sewe vas
Die verdagtes het in ʼn wit sedan gery en voor die man se motor ingeswaai. Een verdagte het ʼn vuurwapen op die insittendes gerig en hulle beveel om uit die motor uit te klim.
kykNET woeker in Afrikaans
As mense hul sit kry voor die televisie om te ontspan wil hulle in hul eie taal vermaak word, want dan voel hulle werklik tuis….
Anneke Mostert hartroerend gegroet: ‘Pappa het elke oomblik saam met jou geniet’
“Vir Pappa en Mamma het dit altyd gelyk of jou skouertjies breed was om die stampe en stote van die wêreld te hanteer. Die Here het geweet wat in jou hartjie aangaan, Pappa en Mamma nie.”
Modimolle-monster se laaste poging tot vrylating
Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimolle-monster”, wend hom nou tot die konstitusionele hof in ʼn laaste poging om sy skuldigbevinding en lewenslange vonnisse om te keer.
Derduisende SA’ners met ‘skelmpies’ dalk ontbloot
Derduisende Suid-Afrikaners wat geregistreer is op ʼn webwerf waar getroudes ʼn ‘skelmpie’ kan soek, se besonderhede kan moontlik bekend gemaak word ná ʼn kuberaanval.
‘Is daar trappe hemel toe?’ vra dogtertjie na ma sterf
Bianca is op 10 Junie in die Parkland-kliniek opgeneem vir ʼn roetine-ondersoek toe sy 37 weke swanger was. Bloedtoetse het getoon dat sy die H1N1-virus onder lede het en dokters het besluit om haar babadogtertjie met ʼn noodkeisersnee in die lewe te bring.
Angsverhaal van jong vrou wat by gewilde nagklub verdwyn
Wat veronderstel was om ʼn lekker aandjie uit te wees saam met haar verloofde, het in ʼn oogwink vir Margaretha Johanna Compaan (29) in nagmerrie ontaard toe sy by ʼn gewilde nagklub in Boksburg glo bedwelm en ontvoer is.
Woolworths waarsku oor slenter
Woolworths het Suid-Afrikaners gewaarsku oor ʼn selfoonslenter wat mense duur te staan kan kom en onder die naam van verskeie groot maatskappye uitgestuur word.
Limpopo-ontsnapping: Twee weer vas
Twee van die vyf gevaarlike gevangenes wat Maandagaand uit die Ritavi-polisiekantoor in Limpopo ontsnap het, is weer vasgetrek.
Nuuskommentaar: Roelf: ‘SA nie mislukte staat’
Tegnies is Suid-Afrika seker nie ’n mislukte staat nie, maar dit lyk asof die land heel waarskynlik flink daarheen op pad is. Oplossings moet egter gevind word om nou reeds die kreeftegang te stuit en nie eers vir ’n post-Zuma-era te wag nie.
Seun (6) beseer ná hy in roltrap vassit
ʼn Sesjarige seun van Brittanje is Dinsdagaand in KwaZulu-Natal beseer nadat sy voet in ʼn roltrap vasgesit het.
Video: Misdaadvlaag tref Delmas
Delmas in Mpumalanga gaan gebuk onder ‘n vlaag gewelddadige aanvalle. ‘n Video-opname van ‘n winkelrooftog is onlangs op Youtube geplaas en gewapende rowers het selfs op die munisipale lisensiekantoor toegeslaan.
ANC het die armes verlaat, sê Malema
Die ANC is liewer vir diere as vir mense, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Dinsdag in Rustenburg in Noordwes gesê.
Kaapstad prokureur in hof oor diefstal van R6 m.
Anthony Peter Reynolds (52), ʼn prokureur wat glo miljoene uit ʼn trustrekening gesteel het, het Dinsdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn.
Jhb vrou vas oor tik in babakombersie
ʼn Vrou van Johannesburg is Dinsdagoggend by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat tik, ter waarde van ongeveer R1.4 miljoen, in haar bagasie gevind is.
Hospitaal laat weet 99-jarige sy’s swanger
ʼn 99-jarige oumagrootjie het ʼn brief ontvang waarin die hospitaal aanvoer sy is swanger.
Nhleko vergader met LP’s voor Nkandla-besoek
Nathi Nhleko, minister van polisie, het Dinsdag die hele dag met die parlement se ad hoc-komitee vergader om sy verslag, waarin hy pres. Jacob Zuma vryspreek van enige aanspreeklikheid in die Nkandla-kwessie, te bespreek.
SAID haal miljoen-merk
Minstens een miljoen persone het reeds sedert die aanvang van die belastingseisoen op 1 Julie hul belastingopgawes ingedien, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Dinsdag gesê.
Reeksverkragter sit lank
ʼn Reeksverkragter van KwaZulu-Natal is Dinsdagoggend in die Durbanse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.