Ses mense is Maandagmiddag dood en 10 beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn bakkie op die N14 naby Carletonville.
Man vas na moord op pa, dogter
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn pa en sy driejarige dogtertjie in Emalangeni in KwaZulu-Natal doodgeskiet is.
Eers sikloonsterftes, toe kom aardbewing
Terwyl die inwoners van die eilandgroep Vanuatu, noordoos van Australië, die dooies tel en opruim na ʼn sterkte 5-sikloon, Pam, die eiland getref het, het ‘n aardbewing van 5,3 op die momentmagnitudeskaal ook toegeslaan.
Goeie nuus: Gemeenskap help verdagtes vastrek ná plaasaanval
Vier mans is in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar in hul plaashuis buite Memel in die Vrystaat vasgebind en beroof is.
Bejaarde sterf ná bye hom steek
ʼn Bejaarde man is dood nadat hy op die N2-snelweg, naby die Mandeni-tolhek in KwaZulu-Natal, deur ʼn swerm bye aangeval en gesteek is.
Flabba-moord: Vrou op borgtog vrygelaat
Sindisiwe Manqele, wat verdink word van die moord die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi, is Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Video: Ou SA vlag wys “niks het verander”
‘n Kaapse gesin veroorsaak onmin in hulle woonbuurt deur die ou Suid-Afrikaanse vlag by hul huis te laat wapper.
Malema-sekwestrasie: Saak uitgestel
Die voorlopige sekwestrasiebevel teen Julius Malema, leier van die EFF, rakende sy uitstaande belastingskuld is in die hooggeregshof in Pretoria tot Junie uitgestel.
Flabba-moord: ‘Dit was selfverdediging’
Sindisiwe Manqele het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg beweer sy het die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi uit selfverdediging noodlottig met ʼn skerp voorwerp gewond.
Nuuskommentaar: PUK die slagveld van Grondwet versus transformasie
Die stryd om die siel van die Pukke dra die kenmerke van die voorlaaste loopgraaf, terwyl die minister reeds gedreig het om die laaste loopgraaf, Akademia, te sluit. Besonder baie is dus op die spel oor hoe die PUK-sage gaan afloop, skryf Herman Toerien.
Grahamstad-kinderporno: Verdagte dalk uitgelewer
ʼn 53-jarige man wat by sy huis in Grahamstad in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is in verband met kinderpornografie gaan moontlik na Amerika uitgelewer word.
PMB-gevangenis glo dae lank sonder water
Gevangenes by Pietermaritzburg se New Prison in KwaZulu-Natal moet glo al die afgelope tien dae lank sonder water klaarkom, het The Witness Maandag berig.
Vier in hof ná SAUK-rooftog
Vier verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Johannesburg-landdroshof nadat hulle glo verlede week SAUK-joernaliste buite die Milpark-hospitaal in die stad beroof het.
SA se superrykes: Wie hulle is en waar hulle woon
Suid-Afrika het nagenoeg 46 800 dollarmiljoenêrs, individue wat ʼn rykdom van meer as $1 miljoen (nagenoeg R12,3 miljoen) het.
Mthethwa as waarnemende minister van staatsdiens en administrasie aangestel
Die presidensie het Maandag aangekondig dat Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, as die waarnemende minister van staatsdiens en administrasie aangestel is.
Man sterf ná motor brug tref
ʼn Man is Maandag dood toe sy voertuig teen ʼn brugpilaar in Bloemfontein gebots het.
Thandi Maqubela gevonnis
Thandi Maqubela sal na verwagting Maandag gevonnis word vir die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela.
Eskom kry onder meer diesel by tandarts
ʼn Tandarts en skoonheidskundige baat by multimiljoenrand-kontrakte om diesel aan Eskom te verskaf, het die Sunday Times berig.
Polisiehuise by Nkandla staan leeg
Die City Press het Sondag berig van die huise wat vir pres. Jacob Zuma se lyfwagte gebou is, staan leeg terwyl hulle in gastehuise sowat 70 km ver bly.
200 000 wou polisiebeamptes wees
Slegs 4 500 uit die meer as 200 000 persone wat aansoek gedoen het vir poste van polisieoffisiers, het die finale keuringsfase gehaal, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Sondag gesê.