“Ons is ongelooflik dankbaar dat hulle leef!” Dit is die reaksie van Zelda Stemmett, skoondogter van Dries (69) en Fransie (70) Stemmett, ná die egpaar Woensdagaand in hul slaapkamer deur vier verdagtes oorval en beroof is.
Diamantdelwer-moordsaak: Sonnenberg stort ineen in aanhoudingselle
Johan Sonnenberg, ʼn 57-jarige diamantdelwer van die Hertzogville-omgewing in die Vrystaat, se borgtogaansoek is Donderdag uitgestel nadat hy glo voor die begin van die hofverrigtinge in die aanhoudingselle ineengestort het.
Naamsverandering van skole: ‘Deel van groter plan vir geskiedenis-uitwissing’
Die ANC-regering se planne om die name te verander van skole in Gauteng, wat na sogenaamde apartheidsleiers vernoem is, is deel van ’n groter en doelbewuste poging om geskiedenis-uitwissing te pleeg.
Alpe-vliegramp: Medevlieënier het vliegtuig glo ‘aspris’ laat neerstort
ʼn Franse staatsaanklaer het Donderdag tydens ʼn regstreekse perskonferensie bekend gemaak dat die medevlieënier van ʼn Germanwings-vliegtuig glo doelbewus die vliegtuig laat daal en die dood van 150 mense veroorsaak het.
Vrou vas oor baba in dam
ʼn Vrou van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige babadogtertjie vermoor het.
Goeie nuus: Standerton-huisvrou se vinnige optrede fnuik rowers
ʼn Huisvrou van Standerton in Mpumalanga se vinnige en kalm optrede het Woensdag gesorg dat vier huisrowers op heterdaad betrap is terwyl hulle haar in haar huis aangehou het.
Riool oorstroom Kaapstad-pad ná diefstal van diesel
Rowers het Donderdag in die vroeë oggendure veiligheidswagte aangehou en diesel vir masjinerie, wat gebruik is om ʼn groot rioolverstopping in Hazeldene in Kaapstad te herstel, gesteel.
Beurtkrag Donderdagmiddag toegepas
Eskom het aangekondig dat daar Donderdagmiddag fase 2-beurtkrag toegepas sal word.
Skrander leerling se lewe verander ingrypend ná val by skool
“Die kind wat ek daardie dag by die skool afgelaai het, is nie dieselfde een wat ek teen 13:45 opgelaai het nie.”
Video: AB sê dankie vir SA
Die Proteas-kaptein AB de Villiers het in ʼn video vir Suid-Afrika dankie gesê vir hul ondersteuning tydens die krieketwêreldbeker.
Port Edward-verdrinking: Naam bekend
Die man wat Woensdagmiddag in die see by die Glenmore-strand naby Port Edward aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink het, se naam is bekend gemaak.
Vyf vas ná moord op priester
Die polisie in Hattingspruit naby Dundee in KwaZulu-Natal het vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn priester en verskeie ander misdade soos kaping en roof.
Nuuskommentaar: ’n Rasseramp genaamd Zuma
Pres. Jacob Zuma slaan die bal mis as hy meen rassediskriminasie is nie rassediskriminasie nie wanneer dit toegepas word om die sleureffek van rassediskriminasie teen te werk, skryf Herman Toerien. Dit is belangriker vir die land om ekonomies te groei en so geleenthede vir almal te skep.
Oliefabriek in Durban brand
ʼn Brand het Donderdag by die fabriek van Africa SunOil Refineries, wat kookolie vervaardig, in Durban uitgebreek.
Alpe-vliegramp: Vlieënier glo uitgesluit uit kajuit
Een van die vlieëniers van die Airbus A320 van die Germanwings-lugredery wat Dinsdag in die suide van Frankryk neergestort het, het volgens data van die kajuitopnemer kort voor die ongeluk die kajuit verlaat en kon nie weer inkom nie.
Minister sê oor Rhodes-standbeeld
Die minister van kuns en kultuur het gesê sy departement ondersteun nie die gewelddadige verwydering van die Cecil John Rhodes-standbeeld van die Universiteit van Kaapstad se kampus nie.
Zuma gekap oor ‘anti-swart’-uitlatings
Die EFF het pres. Jacob Zuma veroordeel vir “anti-swart”-uitlatings wat hy glo in ʼn toespraak aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) gemaak het.
Eskom-hoof na KVBA oor ‘onbillike skorsing’
Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader oor sy ‘onbillike skorsing’.
Afrikaans is Groot: Nog konserte beplan ná kaartjies binne ure uitverkoop
Die organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsertreeks het bekend gemaak dat nog konserte beplan word nadat kaartjies vir die beplande vertonings Woensdag binne ure uitverkoop het.
Valke se adjunk in KZN vas
Die adjunkhoof van die Valke in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en het vlugtig in die hof verskyn.