Vensters is stukkend geslaan, voertuie is met klippe bestook, verkeerstekens is beskadig en aan die brand gesteek en polisiebeamptes is aangeval.
Student steeds in waakeenheid: ‘Ons vat dit dag vir dag’
“Ons bly net bid en glo en vertrou dat die Here hom sal gesond maak.”
Klagtes kom oor geld vir Gupta-troue
Daar is einde verlede week onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede.
Twee vas oor renosterhoring
Lede van ʼn nasionale taakspan wat saamgestel is om renosterstropery te beveg, was die hele nag op soek na die verdagtes se voertuig nadat hulle inligting daaroor ontvang het.
Plaasbestuurder se raaiseldood ondersoek
Volgens die polisie het werkers op die plaas gaan ondersoek instel nadat die plaasbestuurder nie vir werk opgedaag het nie, waarna hulle op sy liggaam afgekom het.
Ses dood, talle beseer in gru-botsing op N8
“Die hele een kant van die bus was oopgeruk.”
Voertuie rol van pad af ná botsing; drie dood
“Verskeie insittendes is uit die voertuig geslinger. Een van hulle was ʼn kleuter van ongeveer twee jaar oud.”
Skote klap toe rowers op lughawe toeslaan
ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem nadat ʼn groep gewapende rowers op die lugvragafdeling by die Internasionale Lughawe OR Tambo toegeslaan het.
Skermswewer val na sy dood
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Sondag in Centurion dood toe ʼn skermsweef-poging skeefgeloop het.
Ontvoerde SA’ner in Al-Kaïda-video
ʼn Stem op die video sê: “Geen werklike onderhandelinge het nog begin om jul kinders te red nie.”
‘Inhegtenisnemings kom’ ná BLF joernaliste dreig
Black First Land First het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle joernaliste by die naam noem wat hulle “voortaan sal teiken in hul protesaksies teen wit media”.
Vyf sterf op paaie in Mpumalanga
Vyf mense is Sondag in verskillende voorvalle op Mpumalanga se paaie dood.
Nuwe datum vir mosie van wantroue vasgestel
Die parlement het Sondag gesê die datum wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma gedebatteer sal word, is verander.
Vermiste NW-vrou se liggaam gevind
Elsa Erasmus, die vrou van die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes wat sedert Saterdag vermis was, se liggaam is gevind.
Twee brand dood, 15 beseer toe taxi rol
“Met ons aankoms op die toneel was dit absolute chaos.”
Soektog duur voort ná meisie (7) in see verdwyn
Tot dusver is daar nog geen teken van die meisie nie, maar daar is wel van haar klere in die water gevind.
NW-vrou ná vermoedelike inbraak vermis
Iemand is na die plaas, waar die vrou alleen woon, om ondersoek in te stel en het gesien dat die huis binne omgekeer is asof daar ʼn inbraak was.
Brand by munisipale gebou ondersoek
Die voorval kom nadat brande vroeër vandeesweek by twee premierskantore uitgebreek het.
Reddingsboei aan SAL ‘sal geen verskil maak’
Die DA het Saterdag gesê die jongste reddingsboei wat die regering na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uitgooi, sal niks doen om die lugredery se geldkrisis op te los nie.
SA vrou bereik Everest-piek ná vorige poging in nagmerrie ontaard
Wilmien van der Merwe het onlangs haar droom bewaarheid om een van die min Suid-Afrikaanse vroue te word om die piek van Everest te bereik – dit nadat dié droom in 2015 in ʼn nagmerrie ontaard het.