Die regerende ANC-party het vordering gemaak sedert die begin van demokrasie in 1994, het pres. Jacob Zuma tydens die 60ste herdenking van die Vryheidsmanifes in Kliptown, Soweto gesê.
Man ernstig beseer in kwadfietsongeluk
ʼn Man is Saterdagaand ernstig beseer in ʼn kwadfietsongeluk in Trafalgar aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Nog ʼn Ikeys-student deur haai aangeval
ʼn 19-jarige student van die Universiteit van Kaapstad is Saterdag by Buffelsbaai tussen Knysna en Sedgefield deur ʼn haai aangeval.
Beurtkrag vroeg Sondag toegepas
Eskom het vroeg Sondagoggend begin om beurtkrag toe te pas.
Noodplan vir algehele Eskom-onderbreking bekendgestel
Solidariteit, in samewerking met KragDag, het vandag ’n noodplan vir die gebeurlikheid van ’n algehele Eskom-onderbreking bekendgestel.
W-Kaap-ANC móét kongres skuif weens borgskapkwessie
Die ANC in die Wes-Kaap moes ter elfder uur die lokaal vir sy provinsiale kongres skuif weens ʼn gebrek aan borgskappe.
Blade ontken berig oor steun aan Zuma
Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het die Mail & Guardian sterk gekritiseer oor ʼn berig dat die party sy besluit om pres. Jacob Zuma bo oudpres. Thabo Mbeki te steun, berou.
Dogter loof beloning uit ná aanval op ouers in Namibië
“Julle het mos gesê julle gaan ons vrek maak, nou wys ons julle hoe maak ons julle vrek!”
Negejarige doodgery
ʼn Negejarige meisie is Saterdagoggend deur ʼn motor doodgery op die N2 aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Beurtkrag-vooruitsig vir die naweek
“Eskom wil sy kliënte verseker dat beurtkrag soos nodig toegepas word om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die voorsiening van elektrisiteit op lang termyn te verseker.”
Karoo-leeu naby park gewaar
Die leeu wat drie weke gelede uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, is sowat 20 km van waar hy uit die park ontsnap het, gesien.
‘Phiyega moet bedank’, sê politieke ontleder
Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, moet bedank in die lig van die verdoemende bevindings teen die polisie se leierskorps in die Marikana-verslag, het ʼn politieke ontleder gesê.
Twee vas ná moord op uitsmyter
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn uitsmyter van ʼn gewilde kuierplek in Kaapstad se bekende Langstraat.
Foto’s: Haai val jong man aan by Plet-see
Die 23-jarige Dylan Reddering is Vrydagmiddag deur ʼn haai aangeval by Look-out-strand in Plettenbergbaai.
Man in hof oor Top Billing-aanbieder se dood
ʼn Man het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met die ongeluk waarin die Top Billing-aanbieder Simba Mhere dood is.
Polisieman vas ná hy glo kollega doodskiet
ʼn Beampte van die Sterkspruit-polisie in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy een van sy kollegas doodgeskiet en nog een gewond het.
Video: Jeremy Clarkson maak glo ‘grappie’ oor Oscar Pistorius
Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, is opgeneem waar hy glo tydens die Clarkson, Hammond and May Live-motorvertoning in Johannesburg ʼn ‘grappie’ gemaak het oor Oscar Pistorius.
Vrou skenk geboorte in grot
ʼn Vrou het Vrydag geboorte gegee in die Sterkfontein-grotte aan die Wes-Rand.
Brandstofpryse styg weer
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag styg.
‘Curro-skool bewys van nog politieke boewery’
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se minagting van die Grondwet en sy boelie-agtige intimidasie van Afrikaanse skole kan nie langer geduld word nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.