In “Die Brug: Na die hel en terug in Angola” gesels dienspligtiges en hul geliefdes oor ervarings en herinneringe van die Bosoorlog in Angola. Luister hier na ʼn onderhoud met Deon Lamprecht.
ToekomsVenster: Glo jy dit?
Die oorwinning staan egter seker en vas en wie in die finale dag opstaan sal nooit weer sterwe nie. Glo jy dit vra Jesus vir my en jou?
Luister in 3 minute: Staatsamptenare kry nog salarisse vir minder werk
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga ʼn peiling wat sakelui se bereidwilligheid om belasting te betaal, ontleed. Hy kyk ook na staatsamptenare, wat anders as in die private sektor nou minder werk gedurende die afsondering, maar steeds hulle volle salarisse ontvang.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan.
ToekomsVenster: Is jy beskikbaar?
Moenie hoop opgee nie, daar is altyd die belofte van ʼn nuwe dag.
ToekomsVenster: God is hier teenwoordig
Laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader.
ToekomsVenster: So moet ’n dissipel van Jesus ook leef
Waar Hy lei sal ek gaan. Ek en Hy, Hy en ek is een.
ToekomsVenster: In Christus is ek ’n nuwe mens
Ek wonder of jy nog steeds dra aan die goed waarvoor Jesus gesterwe het?
Luister: Help vervolgde Christenvroue so
Augustus is Vrouemaand in Suid-Afrika en die kollig val opnuut op vroueregte. In die Afrika-vasteland beïnvloed die vervolging van Christene die lewensomstandighede van vroue direk wat die Here dien. Jan Gouws uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media hieroor gesels.
Luister in 3 minute: SAB, Heineken onttrek SA beleggings
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” plaas Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga sy kollig op SAB se onttrekking van beleggings uit die land, Pick n Pay wat praat oor die impak van die afsonderingsmaatreëls en Sakeliga se versoek vir verdere inligting oor die RGN se verslag oor rokers.
ToekomsVenster: Kyk ons die hart van die saak mis?
Lewe vanuit daardie realiteit, leef deur die krag en inspirasie van die Gees, wees beskikbaar en ervaar God se bonatuurlike vrede.
Luister: Wiele2Wiele ry met die Porsche Taycan
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se Taycan en die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets. Hulle gesels ook oor AutoTrader se ‘2020 Car Industry Report’ en skop stof op met groot plaaslike motorsportnuus.
ToekomsVenster: Prys die Here!
Loof Hom met alles wat jy het.
ToekomsVenster: God roep sondaars tot bekering
Dit is waarom Hy na die wêreld gekom het.
Luister: Appel se nuwe lied ‘ʼn noodkreet vir Afrikaans’
“Ek sing ook op ʼn berg met ʼn kruis agter my en wil dit duidelik maak met die video en liedjie: Jy is sterker op jou knieë as op jou voete, my maat.”
Deon Lamprecht lees voor uit ‘Die Brug’
“Die Brug: Na die hel en terug in Angola” vertel van dienspligtiges se reis van jong man na veteraan. Die boek gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
ToekomsVenster: Die Here sien, hoor en doen
Hoor die Woord van die Here: “Ek breek ʼn nuwe toekoms voor hulle oop”.
Luister in 3 minute: IMF-lening, kleinsake-ondernemings bekyk
Gerhard van Onselen van Sakeliga plaas die volgende kwessies onder sy vergrootglas in die jongste “3 Minute, 3 Sake”: die IMF-lening aan die regering, Transunion-opname wys hewige uitwerking op kleinsake-ondernemings, en die Covid-19-leningsprogram is nou makliker.
‘Skarlakenkinders’ lig sluier oor mensehandel
In “Skarlakenkinders” lig Anzil Kulsen en Nadine Blom die sluier oor internetbruide, orgaan- en dwelmhandel, kinderarbeid en ander lokvalle in mensehandelnetwerke. Luister hier na die onderhoud.
ToekomsVenster: God is altyd relevant
Ons moet nie blind wees vir waarmee God tans besig is nie. Met nadenke sal ‘n mens besef die pandemie het ons gekry om die lewe weer in oënskou te neem, belangrike vrae te vra en ou antwoorde te heroorweeg.