Het jy geweet dat twee splinternuwe Corolla’s elke minuut van elke liewe dag iewers in die wêreld uit een van Toyota se fabrieke ry?
Yanks se voertuie gaan met mekaar “praat” om ongelukke te voorkom
Motors en ligte vragvoertuie in die VSA gaan in die toekoms met mekaar “praat” en mekaar so oor dreigende botsings waarsku, as die Amerikaanse minister van Vervoer, Anthony Foxx sy sin kry.
Bakkieverkope wisselvallig
Die beste en swakste verkopers in die bakkie-mark vir November tot Desember 2013.
Toyota se nuwe waterstof-konsepmotor
Toyota het Maandag by die 2014 internasionale elektroniese-verbruikersware-skou (CES) ʼn nuwe konsepmotor van ʼn brandstofselvoertuig (FCV) bekend gestel wat waterstof met lug kombineer om die voertuig krag te gee.
Motorverkope sukkel
Desember 2013 was maar ‘n taai maand vir die motorbedryf. Verkope, gemeet teenoor verkope in Desember 2012, was maar 0.2% persent (95 eenhede) beter. Dit verteenwoordig 46 501 eenhede vir die maand.
Toyota Land Cruiser Prado – nou nog beter
Toyota se legendariese Land Cruiser Prado het ’n gedaanteverwisseling vir die 2014-modeljaar ondergaan, en pronk nou met bondiger buitestilering, ’n meer verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering, skryf ons motorjoernalis, Bernard K Hellberg.
R143 miljoen vir seldsame Ferrari
ʼn Ferrari 250 LM-resiesmotor, wat nou 50 jaar oud is en die inspirasie was vir een van die wêreld se bekendste speelgoedkarretjies, is vir $14.3 miljoen (sowat R143 miljoen) op ʼn veiling verkoop.
Toyota SA se aanslag op Dakar
Die 2014-Dakar-veldtydren in Suid-Amerika begin oor vier weke, en die inskrywingslys en wegspringnommers wat pas aangekondig is, bevestig dat Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz en Leeroy Poulter/Rob Howie hulle in die geselskap van die wêreld se voorste veldtydrenjaers sal bevind.
E-tolsage duur voort
Selfs in ‘n moderne eerste wêreldland soos Portugal het 21% van alle motoriste geweier om tol te betaal. Dit het die baas van EP (Estrada de Portugal) gedwing om toe te gee dat die verhalingskoste van gelde verskuldig deur die halsstarrige 21% net soveel kos as die e-tol wat hulle glo moes betaal het, skryf Bernard K Hellberg.
Uiteindelik – ‘n pragtige BMW
Deur die jare het BMW verskeie gedaanteverwisselings ondergaan – van die hoekige en bonkige ‘baksteen op wiele’-era, tot die Chris Bangle-geslag (toe eienaardige agterstewe die norm geword het) – en nou die 4-reeks.
Toyota-motorsport bult spiere
‘n Onpretensieuse klein motortjie wat Toyota se naam hoog hou as volumeverkoper – die Yaris – is besig om in ’n gespierde klein tydrenmotor in die hande van Glyn Hall te ontwikkel.
Voertuigverkope daal in Oktober
Bernard K Hellberg gee ‘n breedvoerige uitleg van die voertuigverkope in Oktober 2013.
Fiat 500L nou die Grootboet
Vyf en vyftig jaar nadat die eerste Fiat 500 die lig gesien het as die eerste klein ‘stadsmotortjie’ van sy era, het die groter maar steeds kompakte 500L nou op die toneel verskyn.
Video: Nuwe advertensie is oëverblindery!
Honda se nuwe CR-V 1.6 diesel-advertensie demonstreer dat mens nie noodwendig jou oë kan glo nie.
Motor van die jaar-finaliste aangekondig
Die name van nege finaliste in Suid-Afrika se luisterryke Motor van die Jaar-kompetisie vir 2014 is by die Johannesburgse Internasionale Motorskou bekend gemaak.
Video: Dodge Ram vs Land Rover Defender in toutrek-kompetisie
In ʼn poging om te bewys wie die meeste wringkrag het, daag 4×4-bestuurders mekaar gereeld uit.
Fiesta in die Vreemde
Bernard K Hellberg rits in die vreemde met die Ford Fiesta rond en vermoed hy het die gebou opgespoor wat as inspirasie gedien het vir Gerhard Moerdyk toe hy die Voortrekkermonument ontwerp het.
Renault Duster verrassend goed
Bernard K Hellberg sê hy was bo verwagting beïndruk met die nuwe Renault Duster.
Chery J2 1.5 – die moeite werd?
Die “Chinese aanslag” wat motoruitvoere betref, word al hoe feller. So ook is die merkwaardige gehalteverbetering wat daardie land se produkte begin kenmerk.
Die beste sportnutsvoertuig?
Mitsubishi Motors SA bou ywerig voort op sy groeiende reputasie vir die aanbieding van gehaltevoertuie teen uitstekende waarde-vir-geld-pryse met die bekendstelling van sy verfriste en verbeterde reeks kompakte ASX-sportnutsvoertuie.