Cindy Swanepoel laat mense gereeld skaterlag in ‘Proesstraat’ maar vanjaar was sy ook in haar eerste vollengte rolprent, ‘Ballade vir ʼn Enkeling’, te sien. Die besige aktrise is egter veel meer as net ʼn grapjas. Maroela Media het met haar gesels oor haar vermoë om mense te laat lag en haar nuwe rol in die televisiereeks ‘Getroud met Rugby’.
Luister: Ruda Landman oor groot besluite en nuwe program
Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.
Nuwe sepie op kykNET & kie
M-Net se Afrikaanse kanale sal Maandag, 16 November ʼn splinternuwe sepie begin uitsaai. Suidooster is die eerste sepie wat in die Wes-Kaap afspeel en sal op kykNET & Kie (DStv kanaal 145) uitgesaai word
Luister: GROOTfm eersdaags op die kassie
GROOTfm se gewilde ontbytprogram, Die Groot Ontbyt, gaan van 10 Augustus af regstreeks op kykNET uitgesaai word.
Video: Só werk Op die Spel
Maroela Media het ʼn draai gaan maak op die stel van dié nuwe program ‘Op die Spel’ en met die beoordelaar, Gerhard van Huyssteen, asook die aanbieder, Rian van Heerden, gesels.
Foto’s: Hier is die wenners van die Tempo-toekennings
Leandie du Randt, Bobby van Jaarsveld en Brümilda van Rensburg is ʼn paar van die bekendes wat gisteraand elk weggestap het met ʼn Tempo-toekenning.
Luister: Bekende SA tweeling pak selfdoenprogram aan
Alex en Charlie Kotze, ook bekend as die K2-tweeling, is alombekend in die modewêreld en nou is hulle ook eersdaags te sien as die aanbieders van die selfdoenprogram Oulap se rooi. Maroela Media het met Alex oor dié program gesels.
Luister: ‘Koekedoor’-wenner glo aan YouTube
Mareli Visser, ’n amateurbakker, is Donderdagaand as die wenner van kykNET se realiteitsprogram, Koekedoor, gekroon. Dié Noord-Kapenaar is in 1974 gebore en woon in Douglas.
Afrikaanse sanger, oud-Bok deel van vanjaar se Strictly Come Dancing
ʼn Afrikaanse sanger en ʼn oud-Springbokrugbyspeler is onder die tien bekendes wat aan vanjaar se seisoen van die TV-reeks Strictly Come Dancing deelneem.
Nuwe kykNET-vasvraprogram: Op die spel
kykNET se splinternuwe spel-speletjie, Op die Spel, is op soek na deelnemers!
‘7de Laan’ kry pak oor Oppiekoffie-gyselaarsdrama
SABC2 het sy kykers “nederig om verskoning” gevra nadat dié kanaal skuldig bevind is dat hy gewelddadige tonele op sy immergewilde sepie, 7de Laan, uitgesaai het sonder om die kykers behoorlik daarteen te waarsku.
Luister: Emo Adams, Annie Malan en Daniëlla van Heerden gesels oor hul Mediaveertjies
Maroela Media het met die Mediaveertjie-wenners Daniëlla van Heerden, Annie Malan en Emo Adams gesels oor wat dié toekenning vir hulle beteken.
Luister: Afri-Visie se wenner Herman Kleinhans praat oor wenliedjie
Maroela Media gesels met Herman Kleinhans van die musiekgroep Twee wat onlangs aangewys is as die wenner van die Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie.
Luister: Hannes van Wyk gesels oor die skuif na die ‘Kwêla’-bank
Maroela Media gesels met Hannes van Wyk oor sy nuwe rol as aanbieder van Kwêla en hy deel ook ʼn paar hoogtepunte van sy tyd by Bravo!
Foto’s: Hier is die wenners van die 2015 ATKV-Mediaveertjies
Die ATKV-Mediaveertjies vereer jaarlikse presteerders in die Afrikaanse mediabedryf en dié toekenningsgeleentheid is gister by Vodacom World in Midrand gehou. Hier is die wenners.
Hier is die nominasies vir die 2015-Tempo-toekennings
Die benoemings vir die jaarlikse Tempo-toekennings is bekend.
Gaan dit die Afri-Visie Top 10 wees?
Daantjie wil graag sien dat die volgende liedjies die eindrondte van die Afri-Visie Skryf ʼn Treffer-kompetisie haal.
Afri-Visie is eindelik hier
Deur die jare was daar al verskeie kompetisies wat daarop gemik is om Afrikaanse musiek te bevorder. Nou is daar egter ʼn splinternuwe liedjieskryfkompetisie wat in samewerking met kykNET aangebied word, Afri-Visie.
Die Krone wéér terug met CD en vertoning
Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop is vanjaar weer terug as Die Krone.
Luister: Nadia Beukes oor die nuwe boere se soeke na liefde
Maroela Media het met Nadia Beukes gesels oor haar ervaring as aanbieder van die vorige seisoen van ‘Boer soek ‘n vrou’ en wanneer hulle begin met verfilming vir die nuwe seisoen. Sy deel ook ʼn paar hoogtepunte.