Die ATKV-Mediaveertjies vereer jaarlikse presteerders in die Afrikaanse mediabedryf en dié toekenningsgeleentheid is gister by Vodacom World in Midrand gehou. Hier is die wenners.
Hier is die nominasies vir die 2015-Tempo-toekennings
Die benoemings vir die jaarlikse Tempo-toekennings is bekend.
Gaan dit die Afri-Visie Top 10 wees?
Daantjie wil graag sien dat die volgende liedjies die eindrondte van die Afri-Visie Skryf ʼn Treffer-kompetisie haal.
Afri-Visie is eindelik hier
Deur die jare was daar al verskeie kompetisies wat daarop gemik is om Afrikaanse musiek te bevorder. Nou is daar egter ʼn splinternuwe liedjieskryfkompetisie wat in samewerking met kykNET aangebied word, Afri-Visie.
Die Krone wéér terug met CD en vertoning
Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop is vanjaar weer terug as Die Krone.
Luister: Nadia Beukes oor die nuwe boere se soeke na liefde
Maroela Media het met Nadia Beukes gesels oor haar ervaring as aanbieder van die vorige seisoen van ‘Boer soek ‘n vrou’ en wanneer hulle begin met verfilming vir die nuwe seisoen. Sy deel ook ʼn paar hoogtepunte.
Goeie nuus: SA komediant nuwe aanbieder van gewilde VSA-geselsprogram
Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is as die nuwe aanbieder van die gewilde Amerikaanse geselsprogram The Daily Show aangewys.
Luister: Koos Kombuis kuier met nuwe musiek in die Blou Hond
As jy Koos Kombuis se nuwe liedjies wil hoor, moet jy hierdie Donderdag in die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria, wees.
Bennie Boekwurm is terug
Bennie Boekwurm se CD is ʼn moet vir diegene wat hul kinderjare wil herleef, of wil hê dat hul kinders of kleinkinders ʼn stukkie televisiegeskiedenis moet beleef.
Nominasies vir 2015 Sama-toekennings bekendgemaak
Die nominasies vir vanjaar se Sama-toekennings (South African Music Awards) is vandag bekendgemaak.
Luister: Koekedoor-beoordelaars vertel wat hulle van Suid-Afrika se beste bakker gaan verwag
Esté Meyer Jansen het in Randburg by Koekedoor se beoordelaars, Mari-Louis Guy, Elizabeth Cloete en Tiaan Langenegger, gaan kuier om te hoor wat bakkers sal moet doen om dié drie te beïndruk.
Wenners van die 2015-Fiësta-pryse
Die wenners van die vyfde kykNET Fiësta-toekennings is Donderdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending in Kunstekaap, die operahuis in Kaapstad, bekend gemaak.
Villa Rosa kom tot ʼn einde
kykNET het bevestig dat die sepie Villa Rosa, wat elke weeksaand op die kassie te sien is, tot ʼn einde gaan kom.
kykNET se ‘Dagbreek’ vat ʼn tydelike blaaskans
kykNET se ontbyt- en leefstylprogram, Dagbreek, gaan vanaf 3 April 2015 tydelik nie meer uitgesaai word nie.
12 Safta-nominasies vir Deon Opperman se ‘Donkerland’
Die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf word jaarliks met ʼn Suid-Afrikaanse film- en televisietoekenning (Safta) bekroon en die Afrikaanse televisiedrama Donkerland het 12 benoemings ontvang.
Luister: TV-reeks volg in die spore van Afrikaans
Afrikaans is een van die jongste erkende tale in die wêreld en vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar. ‘In die spore van Afrikaans’ het gaan uitvind watter soort invloede die moderne taal se ontwikkeling gehad het.
Video: TV-boer vra ja-woord oor die radio
Gerrie Rossouw (30), ʼn Vrystaatse boer wat aan die mees onlangse reeks van kykNET se Boer Soek ʼn Vrou-realiteitsprogram deelgeneem het, het sy TV-liefde Carna van Wyk (22) oor die radio om haar hand gevra.
Luister: Aanbieders van kosprogram bekoor met nostalgiese resepte uit die gewone kombuis
Die gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel, is terug op ASTV vir ʼn nuwe seisoen. Esté Meyer Jansen het met een van die aanbieders, Willie Strauss, gesels om uit te vind wat ons van die nuwe reeks kan verwag.
Luister: Gewilde Afrikaanse hengelprogram nou ook op e.tv
Die kampioen hengelaar, Loutjie Louwies, se Afrikaanse hengelprogram is só gewild dat dit vanaf Sondag 17 Mei op beide ASTV en e.tv uitgesaai sal word.
Paul C. Venter se Vlug na Egipte op die kassie te sien
Paul C. Venter, bekend vir immergewilde televisiereekse soos Konings, Torings en Arende, se splinternuwe dramareeks Vlug na Egipte begin vanaand op kykNET.