Die Tzaneen-vullisterrein moes al in 2010 weens ’n tekort aan lugruimte gesluit het, maar te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur en die herwinning van 200 ton vullis elke maand is die leeftyd van die vullisterrein met nog 20 jaar verleng.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Phiyega onregmatig as Polmed-verteenwoordiger aangestel
Die gediskrediteerde voormalige polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, is onlangs as ʼn voortsettingsverteenwoordiger by die mediese skema vir polisielede, Polmed, aangestel
ToekomsVenster: Lig en sout – tot eer van God
Ek verheerlik Jesus Christus as my Verlosser.
Nuwe Afrikaanse kanaal bekend gestel
ʼn Splinternuwe “integrerende Afrikaanstalige televisiekanaal” gaan vanaf Vrydag begin programme uitsaai
Boek-resensie: Boerekos met ’n twist
In “Boerekos met ’n twist” deel Annelien 140 kwyllekker familieresepte van outentieke erfeniskos waarmee ons grootgeword het. Die boek bevat veel meer as net ’n versameling smullekker nostalgiese resepte. Annelien deel kwistig raakvat-raad uit en vertel van kortpaaie en plaasvervangers – haar “resep met ’n les”-konsep wérk.
Op reis deur Europa: Die blou rugsak
Dit is nadat ons geëet het, dat ek agterkom ons blou rugsak is weg. Ek het dit op die trem vergeet toe ons so vinnig afgeklim het… skryf Thomas Dreyer.
Twee wetstoepassers, 21 ander vas oor ‘stropery’
ʼn Polisiebeampte en ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste is twee van 23 verdagtes wat die afgelope week in hegtenis geneem is op aanklagte wat met renosterstropery verband hou.
Afrikaanse sangeres spog met tweede pienkvoet
“Ek sal my bes doen om te probeer om hom te laat glo dat hy die beste is in dit wat hy doen. Die wêreld het ʼn manier om ons af te breek, en ek wil nie daardie ouer wees wat my kind laat voel dat ek nie in hom glo nie.”
Hoe klink jóú Afrikaans?
Jy kan nou ʼn kort storie van 120 woorde voorlees en die opname dan aanlyn op ʼn wêreldkaart aandui, sodat mense kan hoor hoe Afrikaans in verskillende dele van die land en wêreld klink.
[Foto’s] Vrou trou met haarself
“Jy kan ʼn feëverhaal hê, selfs sonder die prins.”
‘Vaselinetjie’ ʼn lokettreffer
Vaselinetjie – die roerende fliek wat op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugroman gegrond is – is ʼn lokettreffer.
Vandag se sportnuus
Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Bangladesj begin vanoggend op Potchefstroom.
Seun (9) ernstig beseer ná motor hom omry
ʼn Negejarige seun is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas nadat ʼn motor hom omgery het.
Man kritiek ná aanval buite drankwinkel
Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy verskeie steekwonde het. Hy was in ʼn kritieke toestand en na ʼn Gautengse hospitaal gehaas vir dringende mediese sorg.
Hugh Hefner sterf
Hugh Hefner, stigter en eienaar van die tydskrif Playboy, is Woensdag in die ouderdom van 91 oorlede.
Man gered ná hy 200 m val
ʼn Man, vermoedelik 42-jaar oud, is beseer toe hy sowat 200 m van ʼn wal in Knysna geval het.
Dié Pta-woonbuurte dalk sonder water
Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria steeds Donderdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.
Groep nader hoofregter oor Afrikaans
Akademici en taalaktiviste het ʼn ope brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gerig om die besluit te bevraagteken dat Engels voortaan die enigste amptelike taal van hofrekords in Suid-Afrikaanse hoër howe sal wees.
ToekomsVenster: Omdat God ons gestuur het!
O Here, maak my ʼn gehoorsame volgeling van U.
Nuwe brandweerwa vernoem na seuntjie wat in Knysna-brand sterf
“Die naam is ter ere aan hom en sy gesin. Ons weet nie wat sý toekoms sou gewees het nie, maar ons weet wat die toekoms van die brandweerwa gaan wees. Dis net toepaslik om die voertuig na hom te vernoem.”