Eskom het gesê hy sal voortgaan om die kragtoevoer na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld af te sny tensy daar reëlings getref word om…
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
‘Plattelandse dorpies kan verarm’
Eskom en die regering is Dinsdag gewaarsku dat die nagevolge van die Noord-Gautengse hoë hof se beslissing, dat sekere munisipaliteite se kragtoevoer afgesny mag word, die wankelende ekonomieë van dié plattelandse dorpies gaan verarm.
Eskom-skuld: ‘Plaas munisipaliteite onder administrasie’
Die burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gedoen om die munisipaliteite wat versuim het om hul Eskom-skuld te betaal onder finansiële administrasie te plaas.
Eskom ondersoek ‘Kill the farmers’-inskrywing
Eskom ondersoek ʼn klag wat by sy etiekkomitee aangemeld is nadat een van sy werknemers glo op Facebook geskryf het dat boere doodgemaak moet word.
Dringende hof laat Eskom toe om krag te sny
“Vrae moet gevra word oor waarom verafgeleë plekke gestraf word en nie Soweto nie?”
Eskom-interdik: Krag nie nou gesny; hof lewer dan uitspraak
Eskom het Woensdag onderneem om eers later vandeesmaand die kragtoevoer na agt munisipaliteite, wat agterstallig is met hul kragrekenings, te begin afsny.
Eskom-interdik: ‘Hof moenie verbruikers straf nie’
“Wetsgehoorsame verbruikers van munisipale dienste word direk gestraf vir die disfunksionele administrasie van hul munisipaliteite.”
AfriForum en AfriSake dringend in hof om kragafsluitings te voorkom
AfriForum en AfriSake doen vandag in die hooggeregshof in Pretoria aansoek vir ʼn dringende interdik teen Eskom se planne om die kragtoevoer na agt munisipaliteite op 5 Januarie 2017 af te sny, weens dié munisipaliteite se versuim om hul rekeninge by Eskom te vereffen.
Kusile-kragstasie aan nasionale netwerk gekoppel
Eskom het Dinsdag gesê die eerste eenheid van die Kusile-kragstasie is vir die eerste keer Maandagaand aan die nasionale netwerk gekoppel.
Eskom-werkers sterf tydens kitsvloede
Twee werknemers van Eskom is dood toe hulle motor meegesleur is tydens kitsvloede in KwaZulu-Natal.
Nege Vrystaatse munisipaliteite se krag gesny
Eskom het Donderdag inwoners van nege Vrystaatse munisipaliteite ingelig dat hul krag van 5 Januarie af twee keer per dag weens wanbetaling onderbreek gaan word.
Waarnemende Eskom-hoof aangewys
Eskom se waarnemende uitvoerende hoof word soos sy voorganger ook in die staatskaping-verslag genoem.
Eskom se kredietgradering afgegradeer
Eskom het Vrydag gesê hy neem met spyt kennis van Standard & Poor’s se aankondiging om die maatskappy se langtermyn korporatiewe kredietgradering na rommel- oftewel nie-beleggingstatus af te gradeer.
Nuuskommentaar: Gaan Suid-Afrika nog sy groot kernkragsentrales kry?
Ons moet maar katvoet loop vir die skynbare toegewing van regeringskant oor wanneer ons met peperduur kernkrag bedien gaan word. Klaarblyklik het individue groot belang hierby.
Al hoe meer wenke oor elektrisiteitsdiefstal, sê Eskom
Eskom het gesê daar is ʼn beduidende toename in die aantal anonieme wenke wat hulle in Noordwes ontvang ná die instansie se Operasie Khanyisa-bewusmakingsveldtog.
Brian Molefe nié in hegtenis geneem, sê Eskom
Eskom ontken gerugte dat sy uittredende uitvoerende hoof Brian Molefe in hegtenis geneem is ná ʼn beweerde onsuksesvolle selfmoordpoging en gesê die bron is ʼn valse nuuswebwerf genaamd News24-TV.
Aanklagte teen Molefe gebring ondanks bedanking
“Dit is verdag dat Molefe bedank het nadat ons die proses begin het om hom te dwing om onder eed in die parlement die waarheid te vertel.”
Eskom sal binnekort tydelike leierskap aankondig
“Die waarnemings wat in die staatkaping-verslag gemaak word, is onakkuraat, gegrond op gedeeltelike feite of doodeenvoudig onwaar. Madonsela was vasbeslote om hierdie waarnemings in die verslag in te sluit, sonder om enige skadelike uitlatings eers aan my te openbaar soos sy wetlik verplig was om te doen.”
Eskom-hoof bedank
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het Vrydag sy bedanking aangekondig.
Staat eis minimum vonnis vir Eskom-bedrog
Dawid Johannes Malherbe, voormalige uitvoerende direkteur van Eskom, twee minimum vonnisse van 15 jaar opgelê word nadat hy die staatsbeheerde instansie met R10,2 miljoen bedrieg het, het ʼn hof in Kaapstad Woensdag gehoor.